Posted on 26 April 2012.
BLOEMFONTEIN – Drie liggeweerskuts van HFM het in April deelgeneem aan die .22 SA Kampioenskappe te Bloemfontein.
Die uitslae is as volg: Drie Posisioneel (3P) Afdeling: Mans A:Klas – Hendrik du Plessis (tweedeplek), B: Klas – Naas du Plessis (tweedeplek) en Vroue A:Klas – Riëtte Steenekamp (derdeplek).
Lê Afdeling: A:Klas – Hendrik du Plessis (agtsteplek), B:Klas – Naas du Plessis (derdeplek) en Riëtte Steenekamp (sesdeplek).
3 P Juniors: Mans – Hendrik du Plessis (eersteplek) en Naas du Plessis (derdeplek). Dames: Riëtte Steenekamp (eersteplek).
Junior Kampioenskappe: Hendrik du Plessis (eersteplek – goud), Naas du Plessis (tweedeplek – silwer) en Riëtte Steenekamp (vyfdeplek).
Riëtte Steenekamp, Naas du Plessis en Hendrik du Plessis word gekies om SA te verteenwoordig in London, Engeland by die British Junior International in Augustus 2012.
Die skool wens dié skuts geluk met hierdie uitsonderlike prestasie. Die SA Juniorspan bestaan uit sewe skuts waarvan drie skuts vanaf HFM afkomstig is.
Posted in School News, Sport
Posted on 26 April 2012.
THABAZIMBI – Die Rugbyspelers van HFM het die afgelope vakansie heelwat rugby beoefen, eers teen Volksrust en daarna Warmbad.
Die uitslae – Volksrust vanaf 1 – 5 April: O/16 wedstryde: teen Marais Viljoen 54-20; wen teen Stoffberg 10-0, verloor teen Oosterlig 6-10.
Eerstes wedstryde: wen teen Ligbron 30-21; verloor teen Standerton 6-14, wen teen Volksrust 36-20. Die Man van die wedstryd toekenning gaan aan Hannes Holtzhausen – O/16 (vs Stoffberg). Eerstes se Man van die wedstryd toekenning gaan aan Danie Loots (vs Ligbron) en Naude Koen (vs Volksrust).
Die toer het die geleentheid gebied om teen goeie kompetisie deel te neem, spelpatrone te toets en posisionele skuiwe in wedstrydsituasies te toets. Die O/16’s trek die sterkste kompetisie in hul eerste wedstryd, maar kom terug met ‘n goeie wen in die tweede wedstryd. Ten spyte van die verloor kan hul trots wees op goeie dissipline en konstruktiewe spel.
Die Eerstes skop goed af teen Ligbron, maar verloor teen Standerton in ‘n wedstryd wat net sowel gewen kon word. Die goeie wen teen Volksrust is vir hul ‘n troosprys.
Die toer het ook die geleentheid gebied vir van die spelers om kennis te maak met werwingsagente van onder ander die Blou Bulle.
O/14 en O/15 Rugbytoer na Warmbad te 30 Maart – 2 April, uitslae:
O/14 wedstryde: Wen teen Monnas B 17-10, wen teen Affies C 41-14, wen teen Rooiskool 24-15.
O/15 wedstryde: verloor teen Rooiskool 5-24, wen teen Dr Malan 14-0 en verloor teen Affies 7-24.
Vir beide spanne was die toer leersaam met afrigtingsessies deur Blikkies Groenewald, Hennie van Vuuren en die SA O/21 afrigter wat beskikbaar was vir hulp. Die toer het geleentheid gebied vir die toets van opsies en die meet van spelers teen goeie opposisie. Die O/14-span tree as wenners van die Toernooi uit die stryd nadat hulle onoorwonne aan die einde van die week is. Die O/15’s het taai kompetisie gehad, maar dit was ‘n goeie karaktertoets.
Posted in School News, Sport
Posted on 26 April 2012.
GROBLERSDAL – Die Eerste, O/16A, O/15A en O/14A Hokkiespanne van HFM het die afgelope vakansie die Vallei Sportweek bygewoon.
Dit was baie suksesvol en alle spelers en afrigters het baie geleer. Mnr Henco Smith en me Hendrien Erasmus het hul skeidsregtersgradering suksesvol geslaag, die skool wens hul geluk.
Al die spanne het ses tot sewe wedstryde van 30 minute elk gespeel, om dit wat hul geleer is, toe te pas. Die uitslae is:
O/14A speel ses wedstryde, wen drie, verloor een en speel twee gelykop, O/15A speel ses wedstryde, wen drie, verloor twee en speel een gelykop, O/16A het sewe gespeel, 1 gewen, twee verloor en vier gelykop gespeel en die Eerstes het ses gespeel, drie gewen, twee verloor en een gelykop gespeel. Die spanne word geluk gewens met hul goeie punte. Die volgende pryse is aan die einde van die week ontvang: O/15A het die prys ontvang vir die span wat die beste gevorder het en die O/16A’s het die prys ontvang vir die beste gedissiplineerde span op die veld, slegs op die veld. Die volgende twee individuele pryse is ook ontvang: Popy Phiri van die Eerste span ontvang vir die Beste verdediger en Miems Theunissen van die Eerste span ontvang vir Beste Middelveld speler. Me Erasmus bedank die spanne dat hulle ware beelddraers van HFM was, die skool is trots op elkeen wat die sportweek bygewoon het. Die afrigters en spelers word ook bedank vir hul positiewe bydrae om die hokkie ‘n sukses te maak.
Posted in Sport
Posted on 26 April 2012.
BRITS – Die vyf A-spanne van HFM het gedurende die April-vakansie ‘n toer na Raloka naby Brits onderneem vanaf 29 Maart tot 1 April.
Die Eerstespan se kursus was baie goed en wen hul drie van vier wedstryde wat ten doel gehad het om tegnieke en vaardighede toe te pas: Wen Ermelo 21-15, wen Brits 16-15, verloor teen Noordheuwel 24-16 en wen Northcliff 28-14.
Frikkies se Eerstespan het ook die Spanbou-kompetisie gewen en sien uit na die Liga-wedstryde wat voorlê.
Die O/14, O/15, O/16 en O/17’s het baie geleer uit die kursus. Die spelers het werklik gegroei en kon dit wat geleer is, baie goed toepas.
Die O/17’s en O/16’s het al hul wedstryde gewen. Die O/14’s en O/15’s het twee gewen en twee verloor. Die afrigters, me M Senekal, B Reichert, A Snyman, M Oberholzer en M Boshoff, word bedank vir die tyd wat hul opoffer vir die spelers en vir Netbal.
Posted in School News, Sport
Posted on 26 April 2012.
KIMBERLEY – HFM Tweekamp atlete het gedurende die April-vakansie aan die Tweekamp SA Kampioenskappe te Kimberley deelgeneem.
Gerhard Benadé en Lourens Boshoff was twee van die 31 O/19’s wat aan die Kampioenskappe deelgeneem het. Albei seuns het goeie tye gehardloop, maar hul swemtye was die beste. Lourens behaal ‘n derdeplek met swem. Gerhard eindig 9de en Lourens 14de.
Posted in Sport
Posted on 26 April 2012.

Sy bek is so groot dat ‘n koeldrank blikkie maklik daarin kan pas!
THABAZIMBI – Die jaarlikse Jabulani Hengelkompetisie ten bate van AP Kerk het op Saterdag 14 April 2012 plaasgevind.
Vir 30 spanne ywerige hengelaars het die damme op Jabulani blink lê en wag. Die kompetisie het om 07:00 begin en tot 15:00 geduur. Nadat die visse ingeweeg is, het die prysuitdeling plaasgevind. Na die prysuitdeling was daar ‘n veiling van ‘n klompie wildskarkasse, twee verskillende jagpakkette en ‘n klompie los goedere.
Baie dankie weereens en baie geluk aan elkeen van die pryswenners. Hoewel babers nie deel uitgemaak het van kompetisie nie, is daar in die laaste minute ‘n knewel van by die 20kg, 19.83kg om presies te wees, deur Andries Beneke uitgetrek.
Daar was nie vanjaar ‘n prys toegeken vir die kleinste vissie nie, maar die jong hengelaars het elkeen ‘n prysie van die organiseerders ontvang. Dandré Kruger, Erik Snyman, Jaco J van Vuuren, Wickus Venter en Francois Theron. Die span wat min of meer die minste gevang het, is met ‘n stoel elk beloon – De Wet en Lize Nel. By die snaaksste of vreemde spesie-kategorie was die pryswenner Corné Visser met ‘n waterskilpad. Die vierde prys vir die swaarste sak van ‘n maksimum van 10 kurpers het gegaan aan Piet Pieterse en Francois Theron. Hulle sak kurpers het 4,820kg geweeg. Die derde prys vir die swaarste sak van ‘n maksimum van 4 karps het gegaan aan Rina Wilbers wat vrou alleen ‘n pen “beman” en stof in die manne se oë geskop het. Haar 3 karps het saam 5,60kg geweeg. Die tweede prys, ‘n rooibok en ‘n vlakvark, vir die swaarste kurper is toegeken aan Franco Kruger met ‘n kurper van 0,726kg. Die eerste prys, ‘n blouwildebees, vir die swaarste karp is toegeken aan Jacques Wilbers wat ‘n karp van 3,160kg uitgetrek het.
Die AP Kerk Thabazimbi bedank weereens elkeen wat bygedra het om hierdie ‘n suksesvolle aanbieding te maak. Besonder dankie aan oom Dawie Snyman wat Jabulani beskikbaar gestel het vir die kompetisie, die voorbereidingswerk en die opruimingswerk deur hom en sy span gaan verseker nie ongesiens verby nie.
Die organiseerders wil graag elke donateur en elke deelnemer hartlik bedank vir die bydraes wat gelewer is om hierdie ‘n baie suksesvolle dag te maak.
Opgestel en ingestuur deur Ds Albert Boshoff. Foto’s: Dalinda Greyling.
Posted in Entertainment, Sport
Posted on 26 April 2012.

Ieder en elk het die geleentheid gehad om die Blou Bul gelukbringertjie, die Bloubulletjie, se blad te skud.
THABAZIMBI – Die langverwagte Monkeynastix Familiedag het uiteindelik op Saterdag 14 April aangebreek.
Verskeie items is op die lieflike sonskyndag aangebied terwyl die jongspan deurlopend hul vaardighede op die verskillende Monkeynastix apparate kon toets. Springkastele en boeresport het ook deel uitgemaak van die dag terwyl die kleinspan gratis op Arwin Equestria se Dixie Dream en Mango.com kon ry, onder die bekwame toesig van Sonja en Tanita Janse van Vuuren.
Die dag is afgeskop met ‘n vertoning deur Laerskool Platina van Swartklip se Trompoppies en die sing van die Nasionale landslied deur leerlinge van Laerskool Thabazimbi.
Honderde kleurvolle ballonne is die lug vrygelaat, terwyl ‘n stewige opwarmingsessie deur die Bloubulletjie, Mohammed, Elize en haar span van Monkeynastix asook die meisies van Active Life Gym, die maatjies in gereedheid gebring het vir die dag se sport aktiwiteite.
Sanlam se Takalani Sesame inkleurkompetisie het ook groot mededinging gelok en die wenners is: Drika van der Merwe (1 jaar – Wippie en Snippie), Pieter Fourie (2 jaar – Boskabouters), Jessica Barnard (3 jaar – Wippie en Snippie), Chané Benadé (4 jaar – Bosveld Akademie), Melanie Robberts (5 jaar), Adriné von Wielligh (6 jaar – Laerskool Thabazimbi) en Henrico Barnard (7+ jaar – Laerskool Thabazimbi).
Elize Low bedank graag al die borge wat die dag moontlik gemaak het, asook elke klein deelnemertjie en ouers wat die dag bygewoon het.
Posted in Entertainment, Sport
Posted on 26 April 2012.

Luzaan Combrink met haar Oranjestrikkie.
THABAZIMBI – Vrydag 20 April is deur die Happy Feet-organiseerders as Oranjestrikkie-dag benoem om teenkanting te toon teen die genadelose renosterstropery wat landwyd toeneem.
Luzaan Combrink nooi maatskappye, besighede en die gemeenskap uit om by die projek betrokke te raak deur ‘n oranjestrikkie teen R10 aan te koop en dit op Vrydag 20 April te dra. Al die fondse wat deur die projek gegenereer word, word direk oorgeplaas aan die African Conservation Trust. Kontak Luzaan by 082 593 7084.
Posted in Sport
Posted on 23 April 2012.
THABAZIMBI – The Football results are as follows: Pick n Pay 2-4 SAPS and Kumba 5-1 Ikatiseng. The Football fixtures for the following week: SAPS vs Health at Thaba Park on 19 April at 19:00; Kumba vs Telkom at Ipelegeng on 20 April at 18:00, Concentrator vs Pick n Pay at Thaba Park on 21 April at 18:00, TBZ Mun vs Transnet at Thaba Park on 21 April at 19:20, WFL vs Spar at Marakele on 23 April at 15:00 and Marakele vs Rosond at Marakele on 23 April at 16:20.
No Netball matches was played last week. The Netball fixtures for the following week: Pink Ladies vs Health at Thaba Park on 18 April at 18:00 and Spar vs Pick n Pay at Thaba Park on 18 April at 19:00.
Posted in Sport