Posted on 06 February 2012.

Wegspring
Die fietsryer van Thabazimbi wat die 1000km vir Baba Reef Projek geloods het, Darrel Jennings, het op Vrydag 27 Januarie vanuit Thabazimbi vertrek. Gemeenskapslede het die eerste 8km saam met Darrel gery om hul steun te toon. Op die foto is die Pink Ladies saam met Darrel. Die Pink Ladies het met hul pienk drag, ook deelgeneem aan die Pienk vir Pippie veldtog.
Posted in Sport, Top Stories
Posted on 06 February 2012.

Witspan
Die Witspan, oftewel Rooibokke, het die Interhuis atletiekbyeenkoms wat op Dinsdag 24 Januarie 2012 by Laerskool Thabazimbi aangebied is, gewen. Op die foto is die Witspan-dirigente, geklee in hul Hawaïse-drag, tydens die optog.
Posted in Sport, Top Stories
Posted on 06 February 2012.
THABAZIMBI – Die ATKV-tak Thabazimbi bied op Saterdag 4 Februarie ‘n ATKV-Gholfdag by Thabazimbi Gholfbaan aan.
Inskrywings vir dié Beterbal in pare-kompetisie, sluit reeds 2 Februarie. Die Inskrywingsfooi beloop R100 per speler en sluit vooraf se koffie en toebroodjies, aandete en aantreklike pryse in. Gaste is welkom vir aandete teen R50 per persoon.
Die kompetisie word aangebied ten bate van die Tambotie Bejaardesorg. Kontak Louise by 082 337 2402 of Charlie by 083 622 6633 vir meer inligting.
Posted in Sport
Posted on 06 February 2012.

Tinus Scheepers met sy toekennings oorhandig deur Gert Oosthuizen, voorsitter van die SAJW.
ROOIBERG – Tinus Scheepers het verlede jaar ‘n Roland Ward Koedoebul in die Rooibergdistrik gejag. Die Koedoebul het 58 7/8″ [ agt en vygtig duim en sewe agtstes] gemeet en sodoende die SA Jagters & Wild vereniging se rekord boeke behaal. Daarby nog het hy dan die Toekening vir Trofee van die jaar gekry. Alhoewel Tinus woonagtig is in Delmas is hy ‘n lid van SAJW Thabazimbi tak asook van Thabazimbi Boogklub.
Posted in Sport
Posted on 06 February 2012.

Mnr Johan Parsons oorhandig nuwe uitrustings aan mnr Johan Venter, voorsitter van die Limpopo Blou Bulle Skeidsregtersvereniging. (Foto: Jean Aucamp)
Jean Aucamp
Die Limpopo Blou Bulle Skeidsregtersvereniging het Saterdag hul jaarlikse bosberaad in Polokwane gehou en ook ’n welkome finansiële hupstoot vir die nuwe seisoen ontvang.
Mnr Johan Parsons, die direkteur van die Canon Business Centre in Polokwane, wat die vereniging se hoofborg is, het bevestig dat Canon vanjaar hul vennootskap met die skeidsregters gaan voortsit. As deel van die drie jaar lange vennootskap het Canon verlede jaar nuwe uitrustings aan die skeidsregters voorsien. Vanjaar bestaan die borgskap uit geld.
Die vereniging het vanjaar ’n klompie nuwe lede bygekry en Canon se borgskap maak dit moontlik om ook aan hulle splinternuwe uitrustings te voorsien.
Parsons het weer bevestig dat dit vir Canon ’n voorreg is om by rugby betrokke te wees en dat die Limpopo Skeidsregtersvereniging hulle trots maak. Hulle sien na nog ’n seisoen uit, wanneer skeidsregters hul naam op die veld gaan dra.
Posted in Sport
Posted on 06 February 2012.

Oom Chris Pretorius wat 88 jaar is, wat hier sy 16kg Barrakuda vashou saam met Nolté Roets, eienaar en “skipper” van C Angel.
THABAZIMBI – Oom Chris Pretorius, Oom Drom soos almal hom ken, is 88 jaar oud en ‘n groot wildjagter wat al deur die hele Afrika getoer het, het ’n groot liefde vir visvang. Hy sit hier met ‘n yslike Barrakuda van 16kg. Hy het dié vangs gehad saam met Nolté Roets , “Skipper” en eienaar van die C Angel.
Oom Chris word op Maandag 5 Februarie 89 en ons, sy seun Danie, Louisa en sy Vrou Marietjie wens hom ‘n voorspoedige en geseënde jaar toe, waar daar nog baie visse gevang gaan word.
Posted in Entertainment, Sport
Posted on 06 February 2012.
MOKOPANE – Die eerste Jukskei vir 2012 begin op Saterdag 21 Januarie 2012 wanneer spelers aan ‘n keuring gaan deelneem op die bane van die Tarentale Klub te Mokopane om 08:00.
Spelers keur vir die Noordstreek Toernooi te Pretoria op 28 Januarie 2012 op die Gauteng Noord se bane.
B en C spelers keur ook vir die B en C Vereeniging se Toernooi te Kroonstad vanaf 27 Februarie tot 1 Maart 2012.
Op 18 Maart 2012 word ‘n keuring gehou vir die kies van spanne vir SA Kampioenskap te Kroonstad vanaf 31 Maart tot 6 April ’12. Vir enige navrae ten opsigte van Keuring kontak Bossie Liebenberg by 082 920 9070.
Posted in Sport
Posted on 06 February 2012.
THABAZIMBI – Die bedrywighede by die gholfklub is in volle swang met 27 spelers wat aan Saterdag se kompetisie deelgeneem het.
Die Saterdag IPS kompetisie word gewen deur C Behrens op 38, J Rall op 35, en L van Graan op 34.
Die Northam Toyota Sundowner word gewen deur P Banda en die Gelukkige Trekking deur Vollie Volschenk.
Lede word herinner om in te skryf vir die Interaksie Spanne en dat die Interaksie op 3 Februarie 2012 afskop.
Alle lede wat aan die komende Liga’s wil deelneem (Bosveld, Scratch en Junior) moet asb hulle name op die kennisgewingbord aanbring.
Afrigting vind weeksdae plaas deur die gekwalifiseerde PGA afrigter Jaco Prinsloo en u kan hom kontak by: 083 334 0589 om u les te bespreek.
Saterdag 21 Januarie 2012 is die slagspel kompetisie en almal is welkom. Afslaantyd is 11:30 vir 12:00.
Die restaurant is op Woensdae en oor naweke oop van 7:00 – 19:00.
Kom probeer gerus iets van ons heerlike spyskaart af. Sondag 22 Januarie se buffet-ete sluit in: Beesstert met rys, twee groentes en souskluitjies vir poeding teen slegs R75 per persoon. Bespreek vroegtydig by 076 055 1749.
Posted in Sport
Posted on 06 February 2012.
NORTHAM – Northam Platinum Hengelklub het die naweek van 17 Desember hulle maandelikse kompetisie gehou. Daar was geen tekort aan vis nie, en het hulle baie goed gebyt. Daar is gedurende die 24 uur wat die kompetisie geduur het amper 1000 visse gevang. Die wenners is bepaal deur die meeste punte wat behaal is vir die kompetisie deur elke afdeling, naamlik: Seniors, Dames, Juniors en penkoppe. Die meeste punte is behaal deur Tokkie Burger wat 62 vis met ‘n massa van79.34Kg. Dit het hom dan ook 1413.4 punte besorg wat dan ‘n nuwe klub rekord is. Die grootste karp is deur Jacques Cunningham gevang en het 2,83Kg geweeg. Theuns Botha het die grootste baber gevang met ‘n massa van 6,7Kg. Die wenners is as volg: Seniors: Tokkie Burger eersteplek, Theuns Botha tweedeplek en Johan Niemann derdeplek. Dames: Martie Murry eersteplek, Vlooi van Greunen tweedeplek en Judith Pretorius derdeplek. Juniors: Juan Evert eersteplek, Johan Niemann Jnr tweedeplek en Japie Minaar derdeplek. Penkoppe: Juan de Bruyn eersteplek, Maggie Otto tweedeplek en Jo-Ann Venter derdeplek.

Die wenners van die maandelikse Hengelkompetisie te Northam voor vlnr: Juan de Bruyn, Jo-Ann Venter, Maggie Otto, Martie Murry en Judith Pretorius. Middel vlnr: Vlooi van Greunen, Tokkie Burger, Juan Evert en Theuns Botha. Agter vlnr: Johan Niemann en Japie Minaar.
Posted in Sport
Posted on 06 February 2012.

Pieter de Klerk en Butch du Toit van Thabazimbi, was onder die 14 Mount Kilimanjaro-klimmers.
TANZANIË – ‘n Span van 14 bergklimmers het vanaf 10 tot 17 September 2011 die hoogste berg in Afrika en die hoogste vrystaande berg in die wêreld, Mount Kilimanjaro aangedurf.
Mount Kilimanjaro, wat bestaan uit drie vulkaniese kegels, Mawensi, Shira en Kibo, is slegs drie grade suid van die ewenaar in Tanzanië. Dit is 5895 m by sy hoogste punt die Uhuru piek op Kibo vulkaan. Al die vulkane is uitgesterf, behalwe vir die dormante Kibo waarby ‘n swaar reuk van swael hang.
Onder die klimmers was twee brawe Thabazimbiërs naamlik Pieter de Klerk en Butch du Toit.
Die klimmers het die Umbwe roete onder leiding van Sean Wisedale na die Uhuru piek gevolg. Sean is ‘n bekende avonturier en motiveringspreker wat alreeds al sewe die hoogste pieke in die wêreld geklim het.
Die roete, wat gesien word as een van die moeilikstes, begin in tropiese reënwoude, vorder deur onder andere ‘n bergwoestyn tot waar dit eindig tussen ysgletsers. Dit neem ongeveer sewe dae om die hele roete te voltooi. Klimmers moet fisiek en geestelik opgewasse wees vir die uitdaging. Natuur elemente soos koue, sneeu en reën speel ook ‘n groot rol bo-op die fisiese uitdagings wat met die hoogtes verband hou. Volgens die klimmers maak die ondervinding egter op vir enige ongemak.
Met ‘n wil asook kuite van staal, kan hierdie roete, wat as ‘n minder tegniese roete beskou word, aangepak word om helaas vergoed te word met die asemrowende uitsigte en mees dramatiese tonele wat die berg het om te bied.
Meer as 15 000 klimmers probeer jaarliks Mount Kilimanjaro uitklim, maar slegs ongeveer 40% van hulle bereik die bopunt.
Posted in Sport