Archive | Letters

Gemeenskap moet betrokke raak by politiek

Ek wil graag deur middel van Die Kwêvoël die lede van die gemeenskap van Thabazimbi en omgewing, wat nieteenstaande die feit dat die munisipaliteit nie onder die DA beheer word nie, maar wel deur die ANC, tog dankbaar is vir wat die DA doen.

Die groter gemeenskap en ek praat hoofsaaklik van die blanke gemeenskap, verstaan klaarblykbaar nie die regiliteite van die politiek in die plaaslike owerhede nie.

Net om dit vir die wat dit nie verstaan nie: die munisipaliteit is onder die ANC beheer en die DA is slegs die opposisie en kan slegs by wyse van mosies en teenstemme poog om van die resolusies te stuit, maar die DA is slegs vyf en die ANC sestien.

Die wanpersepsie bestaan by die publiek dat die DA lede die probleme net so kan oplos. Ongelukkig werk dit nie so eenvoudig in die politiek nie.

Die mense wat die DA lede dus so maklik afkraak en uitkryt as slap en niks doen nie, kontak gerus selfs die burgemeester se kantore of die ANC raadslede, want al die huidige probleme word deur hulle veroorsaak.

Daar is ‘n gesegde wat sê: “Wys ‘n vinger na iemand, in die geval die DA lede, en drie wys terug na jou.”

Die rede is hoekom die DA raadslede so sê is omdat die blankes heeltemal onbetrokke is by alle vergaderings. Waar was julle toe die wykskomitee stigtings vergaderings gehou is? Tydens die vergadering het slegs vyf blankes opgedaag! (Dit was toe ook maar slegs die DA raadslede). Dit is dus julle wat so beskuldigings rondgooi.

Tydens verlede jaar se munisipale verkiesing het ongeveer 40% van die totale blanke bevolking die moeite gedoen om te gaan stem.

In Amandelbult met ongeveer 1800 blankes het slegs 32 gaan stem, Swartklip en Setaria het nog minder gaan stem, dus het meer as 5000 blankes nie eens die moeite gedoen om te gaan stem nie. Waar was julle?

Die DA raadslede doen dus ‘n beroep op die blanke gemeenskap om betrokke te raak by die politieke organisasies, of partye. Saam kan ons ‘n groot verskil maak, maar alleen kan ons niks vermag nie, maar slegs ondergaan.

Die DA doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om asseblief die raadsvergaderings by te woon, dan sal u die situasies ook beter verstaan.

Piet Strydom

DA-Raadslid

Posted in LettersComments Off

Brief – Dis koue kos Skat! – Elsabé Zietsman

Skokkend, ja die waarheid is altyd skokkend. Geskok was heelwat. Vir ander, dit wat hulle reeds deurgemaak het en nog elke dag mee worstel. Daar is ‘n bitterheid wat net nie wil wyk nie, wat gereeld spoel. Die laaste groepie, dit sal nooit met my gebeur nie, pasop jy is dalk volgende!

Ja, die naakte waarheid is op die mees eerlikste  en onpretensieuse  wyse aan die gehoor aangebied. Die verhaal van ‘n vrou wat deur ‘n egskeiding is en op haar laagste laag geval het en met al die emosies worstel wat daarmee gepaard gaan. Die stadige herstel en uiteindelik die vrede en verlossing van ‘n maat wat dit nie werd was nie, maar die ervaring vir niks verruil nie, aangesien daar wel mooi en goed uitgespuit het.

Suid-Afrika het van die talentvolste kunstenaars en ons in Thabazimbi is so bevoorreg om hulle op ons voorstoep te beleef en geniet.

Dankie KunsteGrot (Rita) vir al hierdie talent en vermaak wat jy ons bied.

Rita Stander

Posted in LettersComments Off

1000km Ride for Reef

Well the time has come to close off one of the best chapters of my life. Maybe closing off is wrong but should I rather say move on to the next Reefie challenge and use what I have learned from this one to go forward.

I have been so blessed on this trip it’s hard to say how many times but I was. People have asked so many times why Reef why not someone else and it only hit me now why Reef was the one and it’s because if the Heavenly Father wants you to do something, you shouldn’t fight it, you should do it. I remember last year preparing this trip and I already knew that I wanted it to be for a charity but didn’t know the exact charity yet, but you know how God works, I can’t tell you how many different emails I received involving Reef, many! I deleted a lot of them until it all hit me like a ton of bricks, Reef is my man that God has chosen us to help. But boy did I still have it wrong, yes Reef was the one to help but he wasn’t the only one. Little did I know that Reef and his family had their part to play, they were going to be helping me in so many ways and this I will be forever grateful.

17 days, 1016km, 3 punctures, 3 days rain, too many tears of joy, far too many smiles and laughs, a lot of great people, missed my family, huge amount of support, a lot of inspiration from my Father above. All for one primary purpose: to add to a young lad life who has added so much to mine.

Going into this trip I knew it wasn’t the easiest thing to do, knowing that my weight will play a big factor, the weight of my bags will be a factor and was I fit enough, which I wasn’t. I think I only reached the fitness levels that I was supposed to be when I started on day 7, but when I got on the bicycle and I focused on what I was there for, nothing was going to stop me and as I rode, man, the Lord worked with me showing me where and what to do in my life. I have an awesome future ahead of me with this renewed faith in me. This is the biggest learning curve that I have to get through, as you know old habits die hard but I have a new weapon in my corner and its called the blood of Jesus I know the road ahead is not easy but ” I can do all things through Christ who strengthens me”

and I am willing to give this my all.

Reef, one day is one, I will meet you and your sister and parents. When I give you that big hug I want to let you know that you have a special place in my heart. You have let me learn what family love is. I look at my family and I think how much more I could have given them, you showed me that doesn’t matter what, who or where ever you are, that love for one another is the most spectacular thing that bring a family together and through that love you can conquer anything. Thank you my new found buddy. Thank you Lydia and Ryan.

Now as we know Grannies and Grandfathers are not here for nothing. They have a job to do as well and wow can Reef be proud of his Grandparents. You are truly awesome people you are in so many ways truly inspirational. I don’t even have words to thank you for the gifts I received at the end of my ride. You really made my ride all the better.

Dad, Mom, now here I have a lot of sucking up to do. I don’t think I could ever tell you how much I appreciate you guys. You have laid the foundation of my life yes I know I have done wrong but the biggest thing I haven’t done is to say thank you enough for my life. Thank you for the wonderful parents you are. Deon your words Sunday wow thank you. Never change who you are Great brother great husband great father. Ursula thank you for all your kind messages and I know you wanted to be with us but couldn’t.

My friends Chevenné Pistorius, Cornelia Wolmarans, Mark Olefse, Beverly to name but a few thank you so much for all you help and support and Mark for flying down to the end to see us finish and then fly back wow thank you. Oom Dawie for riding with me from the start and at the end. Beverly for your hard work in Dundee and Chevenne and Cornelia for what you have done and what we still have to do.

To everyone I have not thanked or mentioned your truly inspiring comments each day thank you.

Last but not least to my wife, Charne, son Devon and daughter Rachel, I just want to tell you that Dad is a bit different now I have found this new urge in life to love, to make things better, you guys are the most important part of my life and I love you with all my life and nothing will ever change that.

Wow and that is it. We are planning something special for the handing over of the money to Reefs Grandparents. We will start collecting next week. Watch this space.

So here we are at the end of this chapter but it by far not the last one. We have so many things planned but I can’t speak yet and all goes to Reef.

For now for me its a weeks’ rest. Then training for the Argus, starts any pledges anyone?

Take care and God Bless until we chat soon.

Darrel Jennings

www.facebook.com/darrel jennings

Posted in LettersComments Off

Marakele pad – Dankie

‘n Opregte dankie aan elkeen wat hul gras gesny het langs die Marakele pad. Ons omgewing is in meeste kerke besig met 40dae van liefde.

Dankie vir elkeen se gebaar van omgee en die hulp met aanstuur van sms’e aan elke inwoner langs hierdie pad. Ek wil asb versoek dat almal probeer om hierdie gras kort te hou vir die duur van die somerseisoen.

Die sigbaarheid is definitief beter en ek en ander padgebruikers kan rustiger asemhaal. Dankie dat julle almal ons ander gesinne se lewens van waarde ag. So kan elkeen ‘n verskil maak. Dis die klein dingetjies wat tel.

Nogmaals dankie – Vicki Bester

Posted in LettersComments Off

Touch Valentynsmark

Net ‘n woordjie van dank aan al die uitstallers wat Saterdag by Touch Valentynsmark uitgestal het. Nie een het gekla nie, net vriendelike gesigte en dankbaarheid vir die lekker weer. Weereens was daar puik produkte van eetgoed, juwele, klere, ewige rose en noem dit, vir elkeen se smaak was daar iets. Nogmaals dankie aan Ian en Sanet dat ons julle perseel kon gebruik. Julle personeel het dit vir ons almal aangenaam gemaak. Die tuine is so netjies en ‘n lushof vir die oog. Hoop om nog baie uitstallings hier te hou en net groter en beter te word.

Rina Stander

Posted in LettersComments Off

Dankie aan die hele gemeenskap

Ek wil vandag ‘n brief aan ‘n hele gemeenskap skryf! Ek het so baie om te sê dat ek nie weet waar ek moet begin nie.

Nooit in my lewe het ek ooit kon raai dat mens vir ‘n HELE dorp dankie kan sê nie! Wel hier volg my dankies:

Eerstens wil ek vir almal wat ek ken en die wat ek nie ken nie, dankie sê vir al die gebede, voorspoed toewensings en dat julle my in julle gedagtes opdra. Elke dag as ek my Moeder, Linda Deysel, bel hoor ek net van almal wat by die water plek in gekom het en groete gestuur het. Almal by my werk (Gert, Madia, Marion, Tannie Rika) baie dankie vir alles. Dankie uit die diepste dele van my hart aan elke een!

Tweedens, dankie aan almal wat my Moeder so mooi bygestaan het in die tyd van haar siekte terwyl ek nie daar kon wees nie! Dr Buys, Oom Dirk en Tannie Ronel, baie baie dankie vir alles wat julle vir haar gedoen het! Dankie ook aan almal by Van Heerden apteek en die personeel van die Wimpy vir julle inloer. Dit laat my darem bietjie beter slaap as ek weet daar is mense wat omgee terwyl ek so ver is.

Derdens wil ek dankie sê vir ieder en elk wat so mooi na my kind (Kuifie van den Berg) kyk. Dankie Christo, Mnr Campbell, elke Ma en Pa en elke Matriek-leerling aan Frikkie Meyer vir die verrassingspartytjie wat julle Vrydag vir hom gegee het! Dit is die eerste keer in 18 jaar wat ek so ver en so lank weg is van my kind!

‘n Mens is mos gemaak om te ”worry”, maar met julle almal wat ”instaan” vir my terwyl ek weg is, kan ek my bietjie minder bekommer oor my kind en my ou Moeder en kan ek konsentreer op my herstel.

Thabazimbi se gemeenskap het diep in my hart in gekruip! Dis met behulp van ”Wingless Angels” soos julle, dat Onse Vader my so ryklik seën!

Dankie is ‘n klein woordjie, maar dit is al wat ek op die oomblik kan sê want woorde is skaars en my hart loop oor! Mag elkeen van julle ook die liefde van ons gemeenskap ervaar soos ek doen!

Melita van den Berg

BLOEMFONTEIN

Posted in LettersComments Off

Reason for poor results at Mabogopedi High School

Mabogopedi is always producing poor results and learners are often blamed for that, which is very wrong because in my eyes, teachers of Mabogopedi are not committed and they don’t care about their learners.

If those learners are not committed how can they be able to be taught by other learners for more than five hours without the presence of the teacher?

I was very surprised when my sister came home at 18:49 on 1 February 2012. I asked her where she comes from? She said, from school. I thought she was lying and asked who was teaching her? She said another boy. I asked her whether or not he’s a teacher and she said that he only completed matric last year. Apparently there was no teacher with them. How can it be? A Grade 12 to be taught physical science by another learner for more than five hours without a teacher. I asked her if they asked the boy to assist them with something or did the teacher order them to be taught by the boy. She then said that the teacher told them to remain with that boy for extra classes. He told them that if they were to leave, they must know that they are going to fail because those things will be included on their test.

Then I was totally confused, because according to me, this is very wrong. Maybe the department knows about it, I don’t know. Parents, what are you saying about this? Imagine a kid going to school 06:52 coming back home 18:49. Don’t they need time to rest? Who will wash their uniforms?

A very concerned sibling

Posted in LettersComments Off

TARRIE – Haar avonture by TAR se kennels

Ek is al so lank hier in die hok by die ander honde, dit voel asof ek nog nooit op ‘n ander plek gebly het nie.

Wat ek nie kan verstaan van hierdie plek nie, is dat amper al die honde met wie ek maats gemaak het, weg is. Kleintjie, die baba-hondjie wat ek in die straat gekry het die aand toe Ounooi weg is, is sommer die volgende dag al weggevat deur ander mense.  So is baie van die honde deur ander mense kom wegvat, maar daar was sommer gou weer een of twee honde in die hokke wat oopgegaan het.

Partykeer kom ‘n snaakse kar, wat amper soos Ounooi se wa lyk waarin hulle haar weggeneem het, maar net sonder die ligte.  Dan vat hulle sommer so drie of meer honde saam.  Wat vir my snaaks is, is die een vrou (eintlik almal wat vir ons sorg!) se verskillende maniere waarop hulle optree.  As mense in ‘n kar ‘n hond wegvat, is hulle bly en opgewonde. Dan speel hulle weer met ons en laat ons voel dat ons ook belangrik is. Die wa wat kom, is ‘n heel ander storie. Dan staan almal rond; party van die mense huil. Elke hond wat hulle inlaai in die wa, hou hulle eers styf vas. Die res van die dag is hulle almal stil en treurig. Niemand wil met ons speel nie. Hulle wil ons net sit en vryf en partykeer druk hulle dié van ons wat die langste hier is, so styf vas dat ons spartel om los te kom. ‘n Hond hou mos nie daarvan om so styf vasgedruk te word nie.

‘n Paar dae gelede,  het daar nog ‘n snaakse ding gebeur:  die wa het weer gekom, en die een vrou het my uitgehaal. Die ander vrou, wat elke dag na ons toe kom, huil toe en sê: “Nee, nie ons moedertjie nie. Tarrie moet bly as ons hondjie!”  Snaaks!  Ek is mos hulle almal se hondjie. Wel, ek het vreeslik van die nekbandjie gehou wat hulle vir my aangesit het.

Gister het daar ‘n lelike ding gebeur, wat my hart baie seer gemaak het. Dit was al nadat al die mense weg is, dat daar weer ‘n kar aankom. Ons blaf toe almal opgewonde, want dalk is dit weer iemand wat met wil kom speel. Ai, tog! Julle sal nie die treurige ding glo wat toe gebeur nie…

Uit die kar klim ‘n man en ‘n vrou. Hulle staan toe by die hek en roep. Hulle het seker gedink ons mense is nog daar. Nadat hulle ‘n ruk lank geroep het, het hulle seker agtergekom dat daar niemand is nie.  Wat hulle toe gedoen het, sal ek nooit vergeet nie! Hulle vat ‘n klein ou hondjie en gooi hom oor hierdie hoë heining, dat hy so “DOEF” aan die anderkant val. Sonder om eers weer om te kyk, klim hulle in hulle kar en ry weg. En daar lê die arme hondjie. Hy het sulke fyn tjankgeluidjies gemaak, maar hy kon nie opstaan nie. Ons kon hom natuurlik nie help nie – nie eers toe dit begin te reën nie. Hy het die hele nag koud, nat en seer daar gelê. Die volgende oggend het ons mense hom daar opgetel. Hy kon amper nie eers meer tjank nie. Van ons mense het gehuil; ander het geraas.  Die een vrou het hom toe weggevat. Met die terugkom het sy net haar kop hartseer geskud en gesê: “Hulle kon hom nie help nie.”  Wat ‘n hartseer dag.  Hoe kan mense sulke dinge aan ons doen? Dalk verstaan ek dit nie, omdat ek nie ‘n mens is nie.

Kontak Tania by TAR indien u as vrywilliger by TAR wil aansluit of indien u ‘n troeteldiertjie wil aanneem, 084 885 6487.

Posted in General, LettersComments Off

Liewe kosbare donateurs en vriende van Abraham Kriel Kinderhuis

Ons staan in ‘n spik splinternuwe nuwejaar, 2012. Die optimiste en pessimiste bejeën dit verskillend. Die een met ‘n verwagting en sien dit as ‘n uitdaging, die ander sien net ‘n pikdonker toekoms.

Hier by die Kinderhuis is elke nuwe jaar soos die geboorte van ‘n baba. Jy weet nie wat jy gaan kry nie, maar jy sien vol afwagting daarna uit om die baba met pyn en ongemak te ontvang en dan met liefde te vertroetel en groot te maak en langs die pad mede gelowiges en persone wat omgee te ontmoet, en so vriende te maak. Wat ‘n voorreg om mens te wees.

So ontvang ek ‘n groot stuk waarheid en wil dit graag met u almal deel:

‘n Boer wat elke jaar wenmielies produseer, deel elke jaar sy saad met sy bure. Op navraag was sy antwoord dat die wind die stuifmeel optel van die rypwordende mieliekoppe en dit waai van saailand na saailand en indien hy goeie mielies wil hê moet hy sy bure help sodat hulle ook goeie mielies kan verbou. U sien, die boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar. Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie verbeter of van ‘n goeie gehalte is nie.

So is dit gesteld met ons lewens. Dit is moontlik om weg te gee en steeds ryker te word. Dit is ook moontlik om te styf vas te hou en alles te verloor. Ja, die vrygewige man sal ryk wees. Deurdat hy aan ander water gee, les hy ook sy eie dors. Die siel wat seën, word versadig.

Baie dankie dat elkeen van u wat hierdie brief ontvang en lees, bogenoemde gestalte gee en waar gemaak het in 2011.

Dankie vir u moeite om met ons kontak te maak en die kontak te verstewig. Dankie vir elke kinderlaggie wat kon opgaan omdat u ‘n verskil in hul lewens gemaak het. Dankie vir alles wat by AKK ontvang is verlede jaar. U sal nooit besef wat dit vir ons almal beteken nie asook hoe dit waardeer word nie. Dankie veral dat u vir ons kom kuier.

Ek dra graag die volgende aan u almal op: Dankbaarheid ontsluit die volheid van die lewe. Dit maak wat ons het genoeg en verander dit selfs in oorvloed. Dit maak van ‘n vreemdeling ‘n vriend.

Dankie dat ons kan weet u is ons vriend/in. Dankie dat ons te alle tye vir u kan skakel en dan kan weet dat u sal help op watter manier ookal. U maak vir ons die lewe die moeite werd. Daarom het ons ‘n verwagting oor 2012, want met u aan ons sy, sien ons kans vir ‘n oormag – selfs erge teleurstellings en moeilike tye.

Mag u almal voorspoed, gesondheid, vrede, vreugde en volop genade hê om uit te deel in 2012. Mag u seën ontvang en altyd die gevoel hê dat iemand u dra op die wieke van Sy wil.

U en ek mag nou wel nie perfek wees nie, maar Iemand dink ons is spesiaal.

Kinderhuisgroete,

Fanie en Gezina Lombard en almal wat hier woon en werksaam is by AKK.

Posted in LettersComments Off

Die netheid van ons dorp

Netheid en stiptelikheid was nog altyd bo aan die prioriteitslys van die ouer garde.  ‘n Ma se plek was altyd aan die stuur van haar huishouding- met of sonder ‘n huishulp, sou sy sorg dat alles ordelik bestuur word in en om die huis.  Haar hoofdoel was die opvoedingstaak van die kinders.  Tye het egter dramaties verander.  Ma’s is tans meer beroeps-georïenteerd.  Soms nie uit eie keuse nie, maar omdat alles eenvoudig net te duur geword het om met een persoon alleen se salaris die pot aan die kook te hou.

Meeste van die ‘bevoorregtes’ het opgeroei in stede en dorpe met teerpaaie, baksteenhuise en spoeltoilette.  Van kleintyd word daar gearbei aan netheid en pligsbesef.  Meeste van ons ‘agtergeblewenes’, het in “townships” of “villages” hul eerste lewenslig aanskou.  In meeste gevalle was Ma en pa altwee verplig om te werk om sodoende hul daaglikse brood te verdien.  Die kinders dus het opgegroei- hul speelplek stofstrate, plakkershutte en as hul gelukkig was, ‘longdrops’ vir toilette.  Gesag het dus ontbreek.  Niemand om die fondasie in die opvoedingstaak te lê nie.  Die normale- tel op agter jou, moenie rommel strooi nie, praat bietjie sagter, eet ordentlik, ens, ens. Het agterweë gebly.

Na 1994 en ‘n nuwe bedeling, het omstandighede drasties verander.  Werkloosheid is aan die orde van die dag en elke individu is vry om te kom en gaan soos hy wil.  Diegene wat in ‘shacks’ in plakkerskampe bly, is nou nie meer beperk to die agtergebelewens alleen nie, maar die wit verarmdes van die gemeenskap is verplig om hul tentpenne langs hul swartbure in te slaan.  Behalwe vir die armoede, is die situasies, beide wit en swart, dieselfde.

Oor ‘n tydperk van 20-jaar, met die uittog van ons gegradueerdes en gekwalifiseerdes landuit, het kennis en vaardighede verlore geraak op elke vakgebied.  Die ‘Swart bemagtigings-bedeling’ het daarvoor gesorg dat al hoe meer ‘agtergeblewenes’ ‘n groter sny, uit die koek van vooruitgang sny.  Volhoubare strukture met werkende sisteme in plek, is op ‘n goue skinkbord oorhandig aan mense wat nie die nodige kennis en/of opleiding ontvang het om die wa deur die drif te trek nie.  Die wat eers as ‘middelklas’ swart sou deurgaan, het nou uitgestyg tot by die kruin van, in meeste gevalle, oorgeërfde sukses.  Daar word dus geoes waar daar nie gesaai is nie.  Afgesien van al hierdie interne veranderinge sou jy dink, erger as erg kan dit tog nie.  Tog, toestroming uit ons buurlande- want almal dink mos Suid Afrika is die “Kanaän”, die land van melk en heuning, neem ‘n intog uit ons buurstate dag na dag toe.  Ons verarmdes moet nou ook werks- geleenthede met hulle deel.  Saam met die vreemdes in ons midde, word ook hul slegte gewoontes oorgedra- asof hier nie genoeg van ons eie is nie.  Dit is reeds so dat die kultuur van die witman en swartman in ons land, dekades van mekaar verwyder staan en nou nog die vreemdes by, met vreemde invloede.

Dat die wit Suid Afrikaner in die land tans met ‘n ‘raw deal’ opgeskeep sit, is ‘n feit.  ‘n Onberekenbare las is op hul skouers geplaas.  ‘n Las toegespin in ‘n kokon van skuldgevoelens.  Hoe waar klink die woorde:  “tot die derde en vierde geslag”!  Ek los die “van die wat my haat” uit, omdat dit nie van toepassing is op ‘n ‘sogenaamde’ Christenvolk nie.  Dit is net ‘n klip in die bos!  Wat ek eintlik wil sê, is dat of ons nou wil of nie, ons ‘n plig en ‘n verantwoordelikheid het om ‘n helpende hand uit te reik na diegene wat nie die ‘fyner’ kunsies van beskawing ken of verstaan nie- en glo my, hier praat ek nie spesifiek van ons swartmense nie, maar met wittes ook, soos ons uit foto’s in die Kwêvoël gesien het.  Dan weer as mens die skaal wil balanseer, is dit so dat diegene wat gemors aflaai waar dit nie hoort nie, soms uit woede optree.  Hul frustrasies gemik op ‘n ‘demokraties’ verkose stelsel, waarin dienslewering van swak na swakker verval.  Twee swaeltjies maak nie ‘n somer nie en dat mens maar liefs nie kwaad met kwaad moet vergeld nie, is ‘n feit.  Wat nou gemaak?  Moet mens maar toelaat dat Godswater oor Godsakker loop?  Oë toemaak en bid dat alles wat verkeerd is moet verdwyn, of moet elkeen van ons wat reg van verkeerd kan onderskei, inspring en help om situasies wat handuitruk reg te klap?

Bogenoemde was nou een elle lange relaas net om ‘n agtergrond te skets vir dit wat ek eintlik wil sê en te onderstreep in die gedagtes van elkeen wat hierdie berig lees.  Ek wil aandag vestig op ons innoverende ‘swart’ entrepeneurs en straatsmouse.  Die witman sal ewe getrou aan die wet, ten duurste vir ‘n kantoor-spasie betaal vanwaar hy sy besigheid kan bedryf.  Die swartman wat dalk nie die geld daavoor het nie, sal in pa’ce, in vrede, besigheid vanaf die sypaadjies, of vanaf enige onbeboude spasie beskikbaar, doen.  Hul ware word, getrou aan Afrika tradisie, op die sypaadjies uitgestal.

‘n Lekker uithangplek vir middagete is ‘n braai agter SafeRite, met pap en sous!  Jy moet net jou eie vleis voorsien en ek neem aan die pap en sous word verkoop.  Die ‘oop’ terrein leen hom ideaal daartoe.  Agter die Medicumgebou, is ‘n lekker ‘opelug’ haarkappery- net so neffens die braai area.  Hare word gesny en verlengstukke ingevleg.  As die windjie op ‘n dag bietjie geselserig is, word afgesnyde hare en stukkies verlengstukke opgeswiep en waai oral teen heinings en plante vas.  Iemand het inisiatief aan die dag gelê en groot leë kartonhouers op strategiese plekke gesit met die uitsluitlike doel dat diegene wat daar op die mure sit en eet en drink, hul leë houers daarin sal gooi.  Dit is tog nie teveel gevra of verwag nie?  Mens het mos darem nie ‘n Meestersgraad nodig om dit uit te werk nie?  Tog is dit wel ‘n onmoontlike taak.

Dan die pallasade agter die ‘betalende’ huurders se kantore waar die haarkappery elke dag besigheid doen, word vir die hang van sakke, truie en baadjies gebruik.  Dan is daar die skreeuende kleingoed wat wag dat mamma se hare klaar gevleg word.  Dalk is hierdie manier van besigheid doen toelaatbaar, ek weet nie!  Ek wonder net, sou ek dieselfde doen, wat sal ons ‘wit’ huurders daarvan dink?  Sou hulle dit so aanvaar?  Hulle ontvang tog elke dag kliënte in hul kantore?  Is die lawaai buite nie lastig of steurend nie?

Alhoewel ek geen probleem het met die innoverende denke van sekere groepe om geld te verdien nie, het ek wel ‘n probleem met die gemors wat agtergelaat word.  Die persoon wat so gaaf is om die vure te verskaf aan die braaiers, plaas 2 x dromme daar vir die doel van bakkies, koeldrank en bierbottels, maar ek wonder of dit ooit raakgesien word.  Is dit nie dalk wys om in ‘n swarttaal duidelik en groot sodat die ‘klïente’ dit kan lees:  “GOOI ASSEBLIEF ALLE AFVAL HIERIN” te plaas nie- of sou dit ook futiel wees?  Dink u dit sal werk?  Dalk moet hy sommer tafeltjies en stoele uitsit dan is dit nie nodig dat sy klïente die stoepmuurtjies om ander se besighede volsit en hul afval daar neergooi nie.  Dit moet dan ook sy plig wees om te sorg dat alle ‘afval’ wat daar gelaat word deur die eters, opgetel en weggegooi word, want dit skep nie net ‘n swak beeld nie, maar is ook onhigiënies.

Soos ek sê, ek het geensins ‘n probleem met die manier waarop daar handel gedryf word nie- dit is eintlik prysenswaardig dat hul so probeer om hul inkomste aan te vul.  Dit is egter die ‘gemors’ wat agtergelaat word wat vir my ‘n doring in die vlees is.  Kan mens nie op een of ander manier die burgers van ons dorp so opvoed, dat rommelstrooi taboe is nie?

Ek herinner my die tyd toe ons ‘straatveërs’ gehad het.  Ek is seker daar is baie betroubare- wit en swart, mense wat tog te bly sal wees om net ‘n inkomste te verdien.  Dit is nie ‘n skande om skoon te maak nie, maar wel ‘n skande om te staan en bedel.  Doen ‘n eerbare werk, al is dit dan net om ons paaie en sypaadjies skoon te hou.  Rommel word op enige oop ruimte ‘gedump’ waar dit dae lank lê en vlieë vergader.  Waarom is alles so in trurat?  Waarom kan die instansies in beheer nie vinniger optree en vinniger opruim nie.  Manne tekort?  Daar is honderde wat werkloos is, neem hul in diens en so bekamp ons sommer ook werkloosheid en armoede.  Is die fondse uitgeput?  Stel mense in diens wat weet hoe om met begrotings te werk en mense in bestuursposte wat diegene kan oplei wat nie die nodige kwalifikasies het om so ‘n enorme taak te volvoer nie.

Mevrou die Burgermeester- winkeleienaars en entrepreneurs- deur trots te wees op wat jul bestuur en besit, wees ‘n voorbeeld en plaas asseblief meer dromme of houers voor jul besighede of naby jul besighede, sodat die dosyne voete wat elke dag ons paaie bewandel, asseblief ons dorp kan begin skoonhou.  Sluit net jou drom of houer aan ‘n ingeplante paal vas- anders kry hy dalk voete!  Dan mevrou die Burgermeester, gee opdrag aan die departement verantwoordelik vir die instandhouding van paaie om bietjie spoed in hul take in te werk.  As hul nie wil werk nie, dank hul af en probeer ‘n volgende groep werkers.  Hul sal gou besef dit is of reg of weg.  Jy doen waarvoor jy betaal word, of jy is uit!  Ek het mos al gesien hoe luilekker die werkers op die gras uitspan, terwyl hul in diens is.  Hoe, wanneer die stootskraper besig is, die wat veronderstel is om die groot klippe uit te haal, lui lekker kuier langs die pad.

Hierdie skrywe is nie net gemik op ons inwoners nie, maar veral op die stadsraad en sy personeel, die Burgermeester inkluis.

Bekommerde Thabazimbiër

Posted in LettersComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Vloed 10.gif Olifant Thabazimbi Vloed 6.gif           Kransberge                     Thabazimbi skole Visvang Ystervarkfees Bergfietswedren Thaba sterio SDC12116

Weather Forecast

May 18, 2012, 6:26 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

May 2012
M T W T F S S
« Apr    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools