Archive | Letters

‘n Antwoord op Jacob van Thabazimbi Munisipaliteit se verduideliking hoekom daar ‘n krag te kort is

Ons aanvaar dat daar n groot hoeveelheid krag getrek word meer as wat die sisteem kan hanteer, HOEKOM ???

Die problem moet direk voor die munisipaliteit se deur gele word! WANT

Vanaf die jaar toet is daar net 2 toevoer kabels vanaf die substasie by Foodzone na die substasie by Frikkie Meyer en dit moet die hele dorp voer.

Vanaf 1994 toe die ANC die munisipale bestuur oorgeneem het tot nou is GEEN verdere kragvoorsiening na die dorp aangele nie.

Daar is hoeveel uitbreidings gedoen,die kompleks by Dr de kock,die Spar kompleks,die kompleks by Total Sport,die kompleks by Kentucky,die kompleks by Jet,die nuwe huise onder die vlieg veld, die kompleks by Delta,die nuwe huise vanaf Delta na Spitskop omgewing toe die uitbreiding agter die begrafplaas.Moet ons asb nie vertel dis die bietjie opgraderings wat aan huise gedoen word wat al die krag trek  nie.. Waar vandaan moet die krag ,water en riolering vir die uitbreidings vandaan kom.Maar die heffings en munisipale rekenings is daar.

Moet ons nie vertel daar is nie geld nie want waar gaan my krag heffing, my water heffing.my sanitasie heffing,my erf belasting en dan die ekstra geld wat julle maak op elke eenheid het sy krag of water.Die myne almal betaal al hul rekenings getrou die dorp bestaan meestal uit myn huise so moenie kom met die verskoning mense betaal nie.

Daar word gepraat en gedruk vanaf al julle kante om n burger sentrum van 90 miljoen rand te bou, ons het dit nie nodig nie!Gee ons krag ,water en riolering.

Daar is n plan om water en riolering op te gradeer vanaf julle kant wat baie goed is MAAR het julle al vir die publiek gese dit gaan meestal uit hulle sakke kom want julle gaan hulle nog meer belas.Wanneer hou julle die vergadering met die publiek om julle begroting te bespreek hou dit asb net op so n tyd dat werkende mense ook daar kan wees.

Ek sê weer die raadslede wat daar sit is ingestem in hulle possisies hulle moet hulle werk begin doen en nie op die soustrein klim en net saam ry nie..Kyk maar soos daar ‘n vermoedelike verkragter onder julle sit net so maklik kan daar bedrieërs wees.

Posted in LettersComments Off

Met opregte Dank

Die Röhrs en Rheeders familie wil asb van die geleentheid gebruik maak om vir die volgende persone hartlik te bedank vir hul flinke optrede tydens die frats ongeluk op 4 Januarie waar tydens ‘n familie uitstappie in sekondes in ‘n nagmerrie verander het.

Die mediese personeel: Amandelbult Netcare 911, Henk en Analies, Dr Hearne, Dr du Plessis wat voorwaar steun pilare in ons gemeenskap is. Opregte dank aan die personeel van Curamed en Peglary vir puik mediese dienste sowel as morele ondersteuning.

Familie en vriende vir ondersteuning en bystand, Hester en eggenote, Lefty, Jo-Anne, Rhoné, Anke, Chantal, Tjaart Coetzee en Ds Nevelle Boy. Platinum Health personeel en vele meer.

Opregte dank aan my familie Peet, Alta, Rhone, Christo en Anette. Dankie dat julle ons met soveel liefde dra deur die moeilike tyd.

Dankie aan dié gemeenskap van Thabazimbi vir die besorgdheid oor ons familie. Ons het duisende bemoedigende boodskappe ontvang. Dankie dat ons in almal se gebede opgedra is. Ons waardeer dit en sterk tans goed aan.

Groete Nico en Almarie Röhrs

Posted in LettersComments Off

‘n Dankie vir donasies en skenkings

Gedurende Desember het ‘n paar dames geskenke wat by Shoprite gekoop is toegedraai om sodoende fondse te bekom vir Huis Immergroen en Huis Tambotie.

Baie dankie aan elke persoon wat van ons dienste gebruik gemaak het. Swart en wit. Daar was ook vele wat nie geskenke laat toedraai het nie, maar nogtans donasies gemaak het. Veral baie dankie aan die twee persone wat elk ‘n R1000 geskenk het. Baie dankie aan Magda van Wyk en Hannetjie Minnaar van Bosveld-oord wat gereeld op hul pos was, vir ‘n maand lank, vanaf 1 Desember tot 24 Desember.

Dankie veral aan die personeel van Shoprite, hulle vriendelikheid, bystand en liefde, die talle koppies tee en koeldranke. Dis ‘n plesier om deel te wees van so ‘n personeel. Julle is “tops”. Dankie aan Shoprite wat al die toedraai materiaal geskenk het, papier, linte, strikkies en so meer.

Ek wil ook graag in hierdie skrywe dankie sê  aan al die bloedskenkers. Dankie dat julle weer so gereeld geskenk het. In 2011 is weer ‘n rekord aantal eenhede getap. Weereens is Thabazimbi se Tak die beste in die hele Limpopo en Noordwes streke.

Liewe skenkers, 2012 lê voor. Kom ons skenk weer gereeld vir nog ‘n rekord. Werf nuwe lede en bring hulle saam. Skenk bloed en red ‘n lewe.

Dankie aan die NG Kerk vir die gebruik van hulle saal. Veral dankie aan Dawie Roux. Geseënde 2012.

Marie Steenekamp

Posted in LettersComments Off

‘n Brief aan die Thabazimbi Munisipaliteit

Weet nie of julle bewus is dat ons nou die vierde groot krag onderbreking  in drie maande gehad het nie. Is julle bewus dat met die laaste onderbreking  julle mense van hulle Kersetes beroof het, deur nie beurt krag toe te pas nie. Daar is verskeie huishoudings wat van hulle goedere wat koud gehou moet word moes weggooi. Daar is slaghuise wat groot verliese gelei het deur julle onbevoegdheid en traak my nie agtige houding.

Minder as drie weke terug het dit julle 32 uur geneem om ‘n 11Kva kabel fout op te spoor en reg te maak. Die kragonderbreking het in die oggend gebeur en dit het julle tot 19:00 uur die aand geneem om ‘n kontrakteur van Vaalwater af in te roep sodat hy julle die fout kan uitwys, waar is die toerusting wat in Thabazimbi Munisipaliteit se besit moet wees om die fout uit te wys? Die fout is om 00:30 opgespoor waarna almal gaan slaap het en eers die volgende oggend met opgrawings begin is om die kabel oop te maak. Daar was 14 werkers om die kabel oop te grou maar net twee grawe en twee pikke (watter vermorsing van arbeid) toe ek daar aankom grou net een persoon en die ander 13 hou toesig. Daar is so aangeploeter tot na 16:00. Intussen is die kontrakteur wat die laswerk moet doen gekontak en meegedeel hy moet roer want die opgrawings is klaar gedoen dit was 07:00 die oggend, hy was net na 13:00 daar en gesit en tyd mors tot na 16:00 want die opgrawing is nog nie klaar gedoen nie, wat ons belasting betalers geld kos. Hy het die kabel gesny en my meegedeel dat hy sy werk nie kan waarborg nie want die kabel is vol water maar hy sal die las maak en hoop vir die beste. Die las is gemaak en krag aangeskakel die las hou darem nou nog.

My vraag is hoekom word Thaba se eie toerusting nie gebruik nie? Hoekom het ons munisipaliteit nie ‘n ambagsman wat op 11Kva kan werk nie? Hoekom vra hulle nie een van die myne in die omgewing vir hulp nie? Hulle sal met graagte help, want dit is hulle mense wat in die dorp sit sonder krag, daar is mense op al die myne in die omgewing met die nodige kwalifikasies.

Nou die volgende groot onderbreking is op 19/12/2011 net na 12:00 weereens is die kontrakteur vanaf Vaalwater ingeroep. Die keer is hy net na 18:00 die aand hier. Na sy ondersoek wys hy weer ‘n plek aan waar die fout is. Daar word deur die nag oopgegrou. Die oggend van 20/12/2011 het van die Amandelbult se ingenieurs departement se mense ook kom kyk wat is fout en hulle hulp aangebied. Tot almal se verbasing toe hulle begin toets is die fout nie waar die kontrakteur van Vaalwater gewys het nie maar heel op ‘n ander plek. Die kontrakteur wat die laswerk moet doen is ook hier almal wag dat die munisipaliteit hulle “backactor” moet bring om die gat oop te grou, maar die verteenwoordiger van die munisipaliteit het net verdwyn tussen neus en ore intussen verneem ons die “backactor” staan met ‘n pap wiel niks gaan gebeur nie. Nadat ek verskeie oproepe gemaak het na verskeie hoog geplaaste amptenare in die munisipaliteit (nie een is hier nie party is op ‘n konferensie ander op verlof en ander se foon is net afgeskakel, het die burgemeesteres darem ingegryp en gehelp). Die “backactor” het gearriveer en begin grou met ‘n paar helpers met grawe. So net na 19:00 is die kabel oop en getoets. Die fout is nie daar nie. Almal gaan slaap. Daar moet ‘n ander kontrakteur kom om die fout uit te wys met sy toerusting. Woensdagoggend 07:00 – die kontrakteur het al begin om die fout opsporing te doen. Net na 08:00 wys hy waar die probleem is, net so 10m onder die vorige probleem van ‘n week en ‘n half terug se area. Daar word  begin om oop te grou. So om en by 13:30 is die plek oop, jy kan op die kabel sien waar die skade is. Die kontrakteur van Rustenburg wat die laswerk moet doen arriveer en daar word begin met die voorbereiding vir die laswerk. Die ambagsmanne van Amandelbult help die kontrakteur en 16:30 is die kabel gelas. Die munisipaliteit se personeel moet die krag gaan aanskakel. Die krag kom so 17:20 aan net om na 25 minute weer uit te skop. Eskom se kragtoevoer het uitgeskop op oorlading. Na ‘n gesukkel het die krag uiteindelik so om en by 20:00 aangekom en aan gebly.

Die petalje het ‘n mooi volle 56 uur geneem om opgelos te word. Die probleem kan binne 8 uur opgelos word met die nodige kundige en gemotiveerde mense wat die munisipaliteit duidelik nie het nie.

Ek stel voor die senior bestuur van die munisipaliteit gaan sit en neem aksie  waar van toepassing. As dit hulle self is wat skuldig is moet hulle maar self bedank uit hulle poste, want hulle maak dat ons hulle almal sien as narre wat ‘n sirkus soek om in te werk.

Duidelik is die mense van Thabazimbi nou moeg vir die krag onderbrekings as jy na hulle houdings kyk toe hulle by die substasie aangekom het om te verneem hoekom die krag weer af is nadat dit 25 minute aan was. Daar was ‘n paar duidelike m@#%*ge mans en vrouens daar wat gedreig het die vrot vleis en groente gaan in van die munisipale amptenare se kantore land. Daar was raadslede wat verduidelik het daar is nie geld vir van die instandhouding wat gedoen moet word en toerusting wat gekoop moet word nie. Die antwoord is plaas die munisipaliteit onder administrasie.

Hoeveel van die mense weet daar was van 2004 af al drie forensiese ondersoeke na ongerymdhede gedoen en die uitslae word nie bekend gemaak nie. Wie word beskerm? Dis hoekom ons munisipaliteit in so ‘n gemors is want daar is persone wat weet niks gaan gebeur nie so “ek kan maak wat ek wil”.

Munisipaliteit Kersfees en Nuwejaar is verby begin julle werk doen en laat die volgende krag onderbreking nie weer so ‘n gemors wees nie. Thabazimbi se inwoners het vir julle gestem om in daai poste te wees so bring julle kant.

Kragtelose inwoner van Thabazimbi

Posted in LettersComments Off

‘n Kind se Kersgeskenk

Deur Marthie Dippenaar

Pa en Ma weet nie wat om vir hulle kind te koop vir Kersfees nie. Hulle wil nie nóg ‘n rekenaarspeletjie koop nie…

‘n Goeie idee slaan hulle tussen die oë!  ‘n Hondjie!  Hulle het albei honde gehad toe hulle klein was en onthou die ure van pret en speel met die hondjie.

Maar. . . watter tipe hond koop hulle nou vir Pieter?  Nie te groot nie, maar ook nie iets wat so klein is dat hy  nie met die diertjie kan speel nie.

Die onmiddellike antwoord wat by hulle opkom is: Jack Russel!  Hulle is sulke dierbare, spelerige diertjies!

Ja, Ma en Pa, hulle is.  Maar gaan jy nog so dink as al klein Jack Russel se streke uitkom?  Of die Kollie wat so ‘n goeie kinderhond is?  Of die Labrador wat so ‘n goeie gesinshond is?

Enige hond kan ‘n ideale hond wees vir ‘n gesin, ‘n kind, ‘n bejaarde ensovoorts.  Dit hang net af waarvoor jy soek in jou nuwe beste vriend.

Onthou, liewe leser, honde het spesifieke eienskappe.  Die een ding wat hulle in gemeen het, is dat hulle AANDAG soek.  ‘n Gebrek aan aandag, bring die slegste eienskap in enige hond uit.  Die Jack Russel begin alles om hom stukkend skeur, die Labrador begin rondloop om liefde te soek, die Boerboel en Rottweiler raak aggressief, die Dobermann byt alles wat sy baas se aandag ‘steel’ dood of stukkend; en so gaan dit aan.

Daar is nie so ‘n ding soos ‘n stout soort hond nie.  Die verskillende soorte honde het verkillende eienskappe, wat die hoeveelheid aandag wat hulle moet kry, bepaal.

As jy dan nou op ‘n soort hond vir jou kind se kersgeskenk besluit het, sluit net die nodige speelgoed vir die hond, ‘n honde-borsel, slaapplek, kos- en waterbakke, ens. ook in. Moet asseblief nie jou kind van die begin af leer dat ‘n troeteldier ‘n ‘goedkoop’ tydverdryf is nie. Hy kan nie, soos met sy video speletjies, die hond afskakel, wanneer hy nie vir hom lus is nie.  Die hond verstaan dit nie. ‘n Dier wil elke dag dieselfde hoeveelheid aandag en kos hê.

Klink dit nog na die ideale geskenk?  Gaan dan voort!  Onthou by TAR is daar baie diere wat ook ‘n ideale Kersgeskenk wil hê:  ‘n Huis vol liefde, warm bed en kos elke dag.

Ek praat net van honde hier, maar onthou dat al hierdie faktore ook geld vir katte.  Katte is NIE almal dieselfde nie.  Doen asseblief goed navorsing voordat u ‘n dier vir ‘n kind gee, of selfs voordat u self een aanskaf.

Geseënde Kersfees van TAR en dankie vir almal se bydraes deur die jaar. Kontak Tania by 084 885 6487 indien u ‘n TAR troeteldiertjie ‘n tuiste wil gee.

Posted in General, LettersComments Off

Die Kwêvoël Facebook lede sê hul sê oor “Nagklubs”

Die Kwêvoël: Leserspeiling: Wat is u opinie oor Thabazimbi se “nagklubs”? Readers poll: Thabazimbi “night clubs”, kindly post your opinion.

Armin Lemmer: Wil julle nou weer iets te sê hê oor dit ook? Een van die dae is hier rêrig net mooi niks om te doen nie, so as jy nie kuier nie is dit jou probleem. Rêrig kry iets beters om oor te praat!

Klossie Du Plessis: Ek kuier altyd lekker by Chris en die res van die Squirrels familie!

Zahné Bezuidenhout: Sjoe muis, hy vra mos net die opinie, hy sê nie dit gaan toemaak nie…dis lekker om so nou en dan in Thabazimbi te kuier, maar ‘n braai op die plaas met lekker musiek en uitstekende steaks is meer my koppie tee…

Maryke Willemse: Touchy touchy Armin…niemand het gesê hulle wil die nagklubs wegvat nie…

Aranka van der Mescht: Ja nee ek stem, kan gerus maar nog ‘n plekkie of twee oopmaak.

Katryn Dippenaar: Watse “night clubs”? Squirrels waar ou, vatterige oompies jou aand bederf? Hier is GEEN vermaak vir ons jong klomp in die dorp nie. Hier is net suip-plekke vir ‘snaakse’ jong mense wat dink om jou besimpeld te suip en ‘n “fight” op te tel is die beste aand ooit! Morgans kan gaan, as die “fights-en-suip” nie daar is nie.

Rudiger Herbst: Hahaha julle klomp moet maar in Rustenburg kom kuier, Thaba is baie zef as die myners gepay het haha.

Annabelle Anderson: Daar was weer ‘n hengse fight Vrydagaand, een ou se enkel is gebreek en sy slagoffer se kakebeen af… girls is bang om alleen te gaan, het al gehoor van ‘n meisie wie se drankie dalk “gespike” is… Thaba kort regtig ‘n nice kuierplek vir ordentlike mense! mens wil dans, nie net bring en braai heeltyd nie!

Chris Jooste: Na 16 jaar in die bedryf is dit nog lekker om in mense vas te loop wat vandag nog getroud is as gevolg van die nag clubs in ons dorp. Mens het plekke soos Squirrels en Morgans nodig waar vriende kan kuier en nuwe vriende maak. Ja, daar is “ups en downs”, maar almal probeer maar net almal gelukkig hou. Aan vatterige ou ooms kan ons niks rêrig aan doen as ons nie in kennis gestel word nie. Ek weet nie almal hou van nagklubs nie, maar gun die mense wat wel ontspan op so n manier hul plek in die son….

Rozanne Pieterse: Het nog net lekker gekuier by Squirrels!

Annuscka Labuschagne: Ek stem saam met Chris! Ek kuier al jare by Squirrels en het nog nooit probleme gehad met vatterige ou mans of niks nie – in teen deel is dit vir my lekker om by my Squirrels familie te gaan kuier want dit is altyd lekker en ontspannend om saam met almal te kuier! As niemand die bestuur van ‘n plek inlig oor probleme nie gaan niemand iets daar aan kan doen nie – so in die vervolg as jy voel iemand of iets pla jou laat weet iemand! Squirrels “rock” en ek “love” dit daar – het nog nooit onveilig gevoel nie en is meer as wat ek kan se van die plekke in Rustenburg! Rustenburg se kuierplekke is zef en nie Thabazimbi s’n nie! Chris hou aan met die goeie werk by Squirrels!

Ariska Griezel: Thabazimbi kan doen met ‘n lekker dans plek waar almal heen kan gaan om die aand te geniet. En waar getroude mense ook hulle kinders kan saam vat soos the bundu-inn in Krugersdorp.

Anneke van Niekerk: Ek dink regtig Thaba kort ordentliker, nice kuier plekke. Ek sê nie daar is fout met die wat ons het nie. Dis net nie almal van ons wil ons self terpletter suip en die volgende oggend nie weet wat ons gedoen het nie. Thaba moet regtig begin dink aan ‘n nice kuier plek. Daar is regtig niks vir ons jong mense om te doen nie, g’n wonder daar gaan so baie jong mense dood in ongelukke nie, want almal suip ensovoorts….want hier is niks anders om te doen nie.. So ekstra/nuwes nagklubs (maak nie saak hoe jy dit stel nie) gaan definitief nie die ding doen vir Thaba nie en dit gaan ook nie Thaba se probleem op los nie…

Lulu Bothma Erasmus: Daar was net een kuier plek in Thaba wat lekker was en dit was Xpress. Tienus kon maar dit lekker gemaak het. Daar was een of twee bakleiery gewees maar was nooit so erg nie. Thaba kort weer ‘n Xpress. Tienus maak weer oop.

Antoinette Scheepers: Ai, hoe verlang ek na Die Plaashuis! Ek het ‘n kuierfoto in my troualbum! Daar was altyd iets van alles. Ons praat nou die dag, Thaba kort weer ‘n dans plek waar mens lekker kan sokkie en kuier – Squirrels is daar vir die jong klomp wat wil Rave.

Rudolph Basson: As iemand hom self **** toe “suip” in Squirrels is dit NIE omdat die plek sleg is nie, maar omdat die betrokke persoon ‘n probleem het. Dis altyd lekker in SQ – die enigste kuierplekkie wat hier is, so hoekom nou die naam sleg maak? Dis heeltemal onnodig en ongevraagd. As iemand voel SQ is nie vir hulle nie @Anneke, is dit nie SQ se probleem as jy net nie die “sosiale tipe” is nie! Gaan soek dan maar elders vir jou ‘n plekkie om te “kuier”. Want soos die woord homself spreek is SQ ‘n NAGKLUB, en sulke dinge gebeur in Nagklubs. Indien jy ‘n probleem het, bly eenvoudig dan maar net weg! Mense wat aan sulke tonnelvisie ly bederf in elk geval net die res van die mense se aand.

Nora En Neels Muller: Enige plek het sy vrot kol dit hang af van jouself! Tot ons bikers het hul klomp die kerke orals (dit hang af van jouself) en dis nie altyd die myngemeentskap nie! “Westonaria”

Anneke van Niekerk: Drank maak nie probleme reg nie. Dit help nie jy suip jouself te pletter nie want more sit jy met dubbel die probleme… Ek is die “sosiale tipe” die feit is net ek weet waar om die streep te trek en ander mense nie.. Dis asgevolg van al die goed dat daar al hoeveel jong mense dood is…

Clementhy Annandale Ek moet self sê dis deesdae lekker om SQ toe te gaan vandat Morgans hul dans baan geopen het bly die skool kinders daar en die ander in SQ en die atmosfeer is net soveel meer lekkerder. ‘n Plek is ook maar net wat jy daarvan maak.

Yolande Swanepoel Steenkamp Funny stuff.

Marié-Bernette Engelbrecht Maak meer plekke oop asb, sal die mense en idiote versprei en mens sal minder op een plek kry wat dalk ‘n beter atmosfeer sal skep. En ja, wens die skoolkinders wil weg bly, steeds sien ons horde in kuier plekke (maats koop vir hulle drank) wat eenvoudige goed doen soos mense met stompies en proppies gooi, kan sien hulle hoort steeds in skool.

Marietjie Steenkamp Squirrels het altyd goed gewerk. Ek bly al 5 jaar in die Oos-Kaap en wens steeds baie Vrydagaande dat hier n Squirrels was.

Mary-anne Warren Squirels wat kan ek sê … het baie agter uit gegaan kyk net hoe lyk die plek en die ergste is hul speel dieselfde musiek oor en oor ek bly so lank in Thabazimbi en nogsteeds dieselfde ek wens hul sal ‘n plek oopmaak wat ‘n mens kan uitsien om na te gaan want Thaba het nie veel opsies nie wat van ons kiddies daar’s nie eers iets vir hul iets om te doen nie as. Hul iets wil doen moet ons Rustenburg toe ry en Sun City toe so ek dink maak toe die jols en dan weet ons ook hoe voel ons kinders om niks te kan doen nie.

 

 

Posted in LettersComments Off

Dankie aan Kroos

Ek en my man, Gert Maree is 3 Des 29 jaar getroud, ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om elke een van my kinders te bedank vir hulle bydrae tot ons sukses huwelik vol liefde. Gert jnr, jy het ons verryk met al jou manewales en insig. Jy is ‘n trots om as oudste te hê, ook het jy ‘n wonderlike skoondogter Ilze vir ons bygevoeg en saam die appel van ons oog kleinseun Armandt, dankie oumie vir al jou liefde en opregtheid. Juan jy is waarlik ook ‘n trots, jy moet baie deur maar elke deurdra dra ons saam jou dankie my seun vir jou lag altyd, ek het soms verkeerd verstaan, maar nou lag ek saam. Nicole ons enigste en pragtigste dogter, jy is net so ‘n trots in ons lewe, jy het ook nou ‘n dierbare vriend Burkie Murray wat ons ook net so liefkry. Dankie vir die mooi dae my kind jy is nog steeds myse roos net nou ‘n mooi oop roos wat so ryk is aan kleureprag. Aan elke ene van julle dankie dat julle ons lewe so verryk en vul met mooi dinge dat dit al die einas toemaak. Ek en pa is lief vir julle en so trots op julle. So lig ek nou ‘n glasie op my man, my kinders en kleinseun, tjorts laat hy val waar hy wil. Clifton, Makkie, Lilanie, Chantel, Charles Niemand vang ‘n glasie saam.

Lief vir julle

Gert en Tersia Maree – vanuit Carltonville

Posted in LettersComments Off

Immergroen se Bestuur sê Dankie

Op 19 Oktober 2011 het die Boere van Koedoeskop ‘n Bid- en Dankdag gehou. Die pragtige bedrag van R2633 is geïn wat aan die Huis Immergroen Projek geskenk is.

Die Projek-komitee dra hiermee hul innige dank oor en wens al die Boere ‘n baie Voorspoedige en Geseënde 2012 toe.

Marie Steenekamp

Posted in LettersComments Off

Hospitaal geen water vir ‘n dag

Chaos het ontstaan op Woensdag 16 November toe ‘n waterpyp gebars het en die hele Thabazimbi dorp vir ‘n dag sonder water gelaat is. Dit het sekerlik gebeur as gevolg van ‘n gebrek aan die nodige instandhoudingswerk wat weer nie deur die Plaaslike Munisipaliteit gedoen is nie.  Pasiënte se mans moes water aanry Hospitaal toe sodat die toilette kon spoel en kos gemaak kon word.

‘n Hospitaal is ‘n instansie wat 100% higiëne moet handhaaf, sonder water is dit ‘n onmoontlike taak. Die Munisipaliteit kon tog sekerlik ‘n plan beraam het om die Hospitale in die dorp te voorsien van ‘n nood watertenk, aangesien dit as “nood instandhoudingswerk” geklassifiseer is.

Bekommerde Belastingbetaler

Posted in LettersComments Off

Water and Electrical problems of Extension 5

We have already provided Hennie Pauw with the report of water and Electricity problems of Extension 5.

We just want to correct that state about the late Mrs. Matlala Stephina Matluba.  As far as we are concerned she was an indigent and was suppose to register with the Municipality as an indigent as we have put an advert in the local newspaper regarding the registration of the indigent. Autopsy will be conducted to proof the death of the old woman.

In the Public Participation meeting on Tuesday 15 November, we have discussed with the residents of Extension 5 in terms of how we are going to resolve water problems in their area. We are also appealing to the newspaper about your reporting which need to be balanced otherwise violence is going to erupt in the township as a result of your report.

Thabazimbi Local Municipality

Posted in LettersComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Kransberge Visvang Wit leeus Dewside beer Golf Aerobics Landbouskou Golf SDC12115

Weather Forecast

February 8, 2012, 8:46 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
20°C
real feel: 19°C
humidity: 82%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan    
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools