Archive | Health

10-Shavethon Adele Lamprecht

Hare waai by Kansa Shavethon

Adele Lamprecht het nie ‘n oomblik gehuiwer, om vir dié goeie doel, van haar hare ontslae te raak nie.

THABAZIMBI – Hope afgeskeerde hare en veelvuldige gekleurde haarstyle was aan die orde van die dag tydens die Kansa Shavethon wat op Vrydag 2 Maart voor Absa bank plaasgevind het.

Van jonk tot oud het deelgeneem aan dié besonderse projek om hul steun aan kankerpasiënte te toon.

Kontak Sr Adele da Silva by e-pos adasilva@cansa.org.za of by 0824932473 om as vrywilliger by Kansa aan te sluit of vir meer inligting rakende die organisasie.

Foto: Annabelle Tromp.

Posted in Entertainment, HealthComments Off

Leeupoort roep dringende water vergadering

LEEUPOORT – Alle inwoners van Leeupoort vakansiedorp word genooi om ‘n dringende vergadering rakende die water krisis op Saterdag te Leeupoort Karavaanpark om 11:00 by te woon.

Volgens mnr Johan Joubert, ‘n naweek-inwoner van Leeupoort en koördineerder van die vergadering, is die water situasie in Leeupoort kommerwekkend.

Nie net is die water onder in die dam hopeloos onsuiwer nie, maar is daar na bewering alreeds diere met geboortedefekte gewaar. “Die waterbesoedeling is ‘n donkerpunt vir die inwoners van Leeupoort, maar kan met samewerking en beraadslaging vinnig hok geslaan word.” Sê Joubert.

Die gasspreker tydens die vergadering is mnr Koos Nel, ‘n gesiene individu in die waterwese wat gaan gesels oor septiese tenks en water kwaliteit.

Vir meer inligting, kontak Johan Joubert by 082 573 1847.

Posted in General, HealthComments Off

Huis Immergroen verwelkom nuwe personeel

THABAZIMBI – Huis Immergroen, wat hul amptelike opening in Februarie gevier het, heet vandeesweek hul nuwe personeel welkom.

Die personeel sal toesien dat elke senior burger in Huis Immergroen, die beste sorg na hul vermoë sal ontvang.

Huis Immergroen, onderleiding van hul bekwame bestuurder, me Marie Steenekamp, spog ook met ‘n “geen skuld” status. Hulle bedank graag die gemeenskap vir hul ruimhartigheid en hoop om nog vir jare in noue samewerking met alle donateurs te werk sodat die bejaardes hul goue jare in hierdie puik bejaardesorgsentrum met waardigheid kan deurbring.

Daar is tans vyf bejaardes in Huis Immergroen en teen einde Maart sal daar agt inwoners wees. Indien u ‘n plek wil bekom in die puik sentrum, kontak me Marie Steenekamp by 0722520770.

Posted in HealthComments Off

09-Cansa Seksie Sam 2

Kansa ondersteuners skrik nie vir Shavethon

“Sexy” Sam het die Shavethon-span tot in Northam gaan soek om sy steun op dié wyse te toon.

THABAZIMBI – Die Kansa Thabazimbi-tak het op Skrikkeldag, Woensdag 29 Februarie, ‘n Shavethon voor Kumba se hoofgebou gehou.

Die hoogtepunt was toe Moksie Pelser haar boskasie verloor het ter viering van haar kankervrye status nadat sy vyf jaar gelede met borskanker gediagnoseer is. Ander Kansa-ondersteuners het in haar spore gevolg en hul hare laat afskeer of gekleur teen ‘n nominale bedrag.

Die kansa-tak hou op Vrydag 2 Maart weer ‘n Shavethon te Absa-bank vanaf 08:00 – 13:00. Almal is welkom om hul hare af te sny of te kom kleur om hulle steun vir Kansa te toon. Die koste beloop R20 of ‘n donasie, wat weer teruggeploeg word ter versterking van Kansa se fondse.

Skakel Sr Adele da Silva by 082 493 2473 of epos haar by adasilva@cansa.org.za vir enige navrae.

Posted in Entertainment, HealthComments Off

Kansa se kanker waarskuwingstekens

THABAZIMBI – Die nuwe Kansa Koördineerder van Kansa Thabazimbi-tak, Sr Adele da Silva, sien die groot taak van kanker-bewusmaking in die gemeenskap as ‘n reuse uitdaging wat sy graag met haar kennis en ondervinding wil deurvoer.

Sy wil ook graag die gemeenskap van Thabazimbi en omliggende gebiede uitnooi om betrokke te raak by die vele projekte en veldtogte wat Kansa op ‘n gereelde basis loods, reeds vir die doel om mense met die nodige kennis toe te rus om die regte lewensstyl keuses te maak vir ‘n gesonder toekoms.

Die kanker waarskuwingstekens vir volwassenes is as volg: Verandering in vratjies of moesies, ongewone verdikking of ‘n verandering in ‘n knop in die bors, nek, armholte of enige ander plek op die liggaam, ongewone bloeding of afskeiding, rowe of seerplekke wat nie genees nie, keelheesheid of hoes wat aanhoudend voorkom, opmerklike veranderinge in uriene- of stoelganguitskeiding en moeite om te sluk of slegte spysvertering. Die kankerwaarskuwingstekens vir kinders is as volg: Wit kol in die swart middelgedeelte van die oog, erge naarheid of braking wat aanhoudend voorkom, ernstige hoofpyne wat herhalend voorkom gedurende die nag of vroeg soggens, baie keer gepaard met braking, teenwoordigheid van swelling of aanhoudende pyn in skelet, gewrigte, rug of bene, verdikking of knoppe op die buik, nek, borskas, bekken of armholtes, onverklaarbare en aanhoudende gewigsverlies, oog- of gesigsveranderings wat skielik voorkom en nie verbeter nie, repeterende of aanhoudende infeksies, koors van ‘n onbekende oorsprong wat herhalend voorkom, onverklaarbare of erge kneusplekke, bloeding of veluitslag en moegheid wat voortduur of opmerklike bleekheid.

Hierdie tekens mag ook aan ander gesondheidsprobleme toegeskryf word, maar indien een of meer van hierdie tekens voortduur, raadpleeg jou geneesheer onverwyld.

Kansa Thabazimbi-tak hou op Vrydag 2 Maart ‘n Shavethon te Absa-bank vanaf 08:00 – 13:00. Almal is welkom om hul hare af te sny of te kom kleur om hulle steun vir Kansa te toon. Die koste beloop R20 of ‘n donasie, wat weer teruggeploeg word ter versterking van Kansa se fondse.

Skakel Sr Adele da Silva by 082 493 2473 of epos haar by adasilva@cansa.org.za vir enige navrae.

Posted in General, HealthComments Off

Kansa

Nuwe Kansa-koördineerder vir Thaba

Die passievolle Sr Adele da Silva is die nuwe Kansa-koördineerder van Thabazimbi.

THABAZIMBI – ‘n Splinternuwe Kansa-kantoor te Spitskop nommer 346, Dertiendelaan het vandeesmaand sy deure vir die gemeenskap geopen.

Suster Adele da Silva, al die pad vanaf Randfontein, is aan die stuur van dié kantoor en sien baie uit daarna om die gemeenskap van Thabazimbi met haar kundigheid en passie te bedien.

Kansa bied verskeie dienste aan, onder andere Bewustheidsprogramme met die klem op die voorkoming van Kanker waar Sr Adele klein groepe, skole en selfs kleuterskole besoek om hierdie lewensbelangrike inligting deur te gee. Ander dienste is: Mediese toerusting wat vir elke persoon wat gediagnoseer is met kanker gratis beskikbaar is, gratis inligting en berading, tuisbesoeke en pynkontrole, stoma advies en raad vir diegene wat wel stoma sakkies het.

Sy wil graag ‘n ondersteuningsgroep begin, maar benodig vrywilligers om te help. Daar word ‘n vrywilligers vergadering beplan vir 21 Februarie om 10:00 by die nuwe kantoor te Spitskop nommer 346. Hou gerus die Kwêvoël dop vir inligting aangaande die projekte wat vir 2012 in die pyplyn is.

Sr Adele versoek graag elke persoon wat met kanker gediagnoseer is, om haar te skakel om by Kansa te registreer vir die vele gratis dienste asook vir bystand gedurende die tyd wat voorlê wanneer ‘n kankerpasiënt in remissie is.

Die gemeenskap kan Sr Adele vanaf 1 Maart vir papsmere by die kliniek bespreek. Die eerste 200 kliënte sal dit gratis ontvang. Besprekings kan per e-pos gedoen word by adasilva@cansa.org.za of kontak haar by 0824932473.

Kansa is volkome aangewese op die publiek se onderskraging en finansiële ondersteuning. Donasies gee vir hulle die vryheid om kankerpasiënte se lyding te verlig en om ‘n verskil te maak in ander se lewens. Sy bedank hiermee vir Gawie Vorster van  NCP vir hul bydrae met die oprig van die nuwe Kansa-kliniek in Thabazimbi.

Posted in General, HealthComments Off

Kumba

Limpopo healthcare gets injection from Kumba

Ms Dikeledi Magadzi, Limpopo MEC for Health and Social Development, (left), Counselor Patricia Mosito, Mayor of the Thabazimbi Municipality (right) and Cornelia Holtzhausen, General Manager of Kumba’s Thabazimbi Mine (far right), at the official opening of the new Thabazimbi Wellness Centre.

THABAZIMBI – Healthcare in the Limpopo Province got a much needed injection from Anglo American’s Kumba Iron Ore business unit who funded a state of the art wellness centre in Thabazimbi.

The wellness centre was officially opened by Ms Dikeledi Magadzi, Limpopo MEC for Health and Social Development, on Saturday, 11 February. The state of the art, fully equipped centre will benefit both the mining community and residents of Thabazimbi. It will provide services such as HIV counseling and treatment, management of chronic conditions, cancer screening, disease management programmes, health monitoring like blood pressure and testing for diabetes, nutritional guidance and various other wellness programmes.

Ms Magadzi lauded Kumba for this initiative. “We are grateful that Kumba’s Thabazimbi Mine has seen the need to invest in the health of its workers and the surrounding community.”

Working together with the private sector to improve services was the way to go, she said. “We believe that working together with like-minded businesses of Thabazimbi mine’s caliber we will deliver more services to our communities.”

She said that the centre will teach people how to take care of their health.

Cornelia Holtzhausen, General Manager of Kumba’s Thabazimbi Mine, said the opening of the centre was an exciting development. “This means we can look forward to a healthy community and a youth population that will be able to get essential information on HIV counselling and testing.”

The clinic will be embarking on an extensive community outreach programme that will target schools and families, aiming to promote a healthy lifestyle and prevent diseases.

Posted in Health, MiningComments Off

Marie Steenekamp

2012 is Jaar vir Bejaardes

Die passievolle, diensbare Marie Steenekamp is pas aangestel as die nuwe Bestuurder van Huis Immergroen. Saam met haar op die foto staan Sr Marianne Klopper van Huis Tambotie.

THABAZIMBI – Die bekende Marie Steenekamp, wat reeds jare lank diep spore trap in gemeenskapsake, is pas aangestel as Huis Immergroen se nuwe Bestuurder.

Marie het op Donderdag 2 Februarie die Kwêvoël oorgenooi om te gesels oor dit wat haar die naaste aan die hart lê, naamlik die bejaardes van Thabazimbi.

Sy doen ‘n baie ernstige beroep op die hele Bosveldstreek-gemeenskap, so ver as Nylstroom, Ellisras, Leeupoort, Rooiberg, Koedoeskop, Northam, Swartklip en al die ander omliggende gemeenskappe om betrokke te raak by die bejaardes. “Kom ons maak 2012 dié jaar vir ons bejaardes. Ryk uit na hulle. Dis ons mense: Pa’s, Ma’s, Oumas en Oupas. Wat het hulle nie alles vir ons opgeoffer nie? Nou is dit ons beurt om vir hulle te wys hoe dankbaar ons is, vir alles wat hulle baie keer, onder moeilike omstandighede, vermag het. Kom gesels met hulle, deel drukkies uit, bring vir hulle eetgoedjies. Raak betrokke.” Het Marie driftig gesels. Sy is ook die Koördineerder van Huis Tambotie en is saam met Dr Tinus Benade die Verteenwoordigers van die NG Kerk, op die Bosveld Oord Bejaarde Trust en is in haar hoedanigheid ook die Koördineerder van die SA Bloedoortappings Dienste Thabazimbi.

Sy bedank die gemeenskap, besighede en enkelinge vir alles wat hulle alreeds gedoen het. “Ons kan egter nog meer doen. More, oormore, is dit ons beurt om te wees waar hulle tans is.”

Vir meer inligting, kontak Marie by 072 252 0770 of 014 772 1530.

Posted in General, HealthComments Off

Non-Fried Fish Might Help Ward Off Alzheimer’s

Eating baked or broiled fish as little as once a week may boost brain health and lower the risk for mild cognitive impairment and Alzheimer’s disease, new brain scan research suggests.

The study authors found that eating baked and broiled fish – but not fried – helps to preserve gray matter neurons, strengthening them in areas of the brain deemed critical to memory and cognition.

The study concluded that those who eat baked or broiled fish had larger brains and had larger brain cells in areas of the brain responsible for memory and learning. And the reason that’s important is that these brain areas are at high risk for Alzheimer’s disease.

In those people with larger a brain volume, the risk for Alzheimer’s and mild cognitive impairment went down by fivefold within five years following the brain scans we conducted.  This effect was seen with eating fish as little as once a week. But fish and chips lovers, take note: No cranial benefit was evident with respect to consumption of fried fish.

The team cautioned that while eating baked and broiled fish appears to exert some cognitive benefit, other lifestyle and socioeconomic factors may play a role. For now, the connection must be viewed as an association, rather than a cause-and-effect.

Posted in General, HealthComments Off

Slang teengif se werking

Na Mikayla se geval het baie boere in die omgewing navrae gerig rakende slang teengif en die moontlikheid om dit op plase aan te hou.

Noordelike Nuus het reptiel- en slangkenner Arno Naudé genader vir raad. Naude is nie net voorsitter van die Transvaal Herpetologiese Vereniging nie, maar ook ‘n dosent by die Universiteit van Pretoria se mediese afdeling.

“Die enigste slang met sy eie teengif is die uiters giftige boomslang. Adders, kobra’s en mambas deel dieselfde teengif,” verduidelik hy. “Hierdie teengif word in ampules van 10ml elk uitgereik, teen ‘n gemiddelde koste van R750 per ampule, en ‘n tipiese slangbyt van ‘n giftige slang soos die Mozambiekse spoegkobra of ‘n mamba vereis ten minste 80ml – 100ml teengif.”

“Volgens die hospitaalverslag het Mikayla sowat 20ml slang teengif ontvang,” sê hy. “En daarin lê juis die probleem… Teengif word toegedien om die hoeveelheid slanggif teen te werk en word nie op gewig uitgewerk nie – dus moes Mikayla, en enige ander slangbytslagoffer, ten minste 80ml, slangteengif ontvang het – ek glo indien hulle haar in Ellisras onmiddellik die regte hoeveelheid teengif toegedien het sou sy binne ‘n week weer terug in die sandput gewees het.”

Noordelike Nuus het Ellisras Hospitaal se hoof uitvoerende beampte Kholofelo Moabelo genader rakende Mikayla se behandeling. “Ons dokters word gereeld opgelei deur ‘n plaaslike kenner op die gebied van slangbyte en gif en ons het altyd genoeg slangteengif beskikbaar vir gevalle soos hierdie.”

“Ek kan nie bevestig dat Mikayla slegs 20ml teengif ontvang het nie, aangesien ek nie ‘n dokter is nie, maar dit is moontlik dat die dokter die kind se gewig in ag geneem het toe hy die teengif toegedien het.”

Naude se raad aan boere is dat hulle klein groepies van  10 vorm en elkeen R750 bydra tot ‘n ampule – die ampules word dan by ‘n spesifieke plaas gehou. “Indien iemand gepik word en dit is ‘n noodgeval is daar dan teengif beskikbaar en kan deur die slagoffer vervang word wanneer hy gesond is.”

Teengif kan nie net mense lewens red nie, maar ook diere soos beeste, honde en perde s’n!

Naude raai egter nie aan dat die teengif self toegedien word nie – na ‘n slangbyt is daar genoeg tyd, selfs in die geval van ‘n mamba byt, om by ‘n hospitaal uit te kom en dan met die hulp van ‘n dokter die teengif toe te dien. “Die rede hiervoor is omdat daar ‘n 10% kans is dat die slagoffer allergies vir die teengif kan wees en dan in ‘n anafilaktiese skok  kan ingaan wat sy dood kan veroorsaak – dokters word opgelei en weet hoe om sulke situasies te hanteer.”

Die belangrikste is om rustig te wees.

Dink weer… roep die kenners in

Die Mozambiekse spoegkobra eet enigiets wat in sy mond sal inpas, sê slangkenner Arno Naudé, daarom is dit nie snaaks vir hulle om insekte of muise tot in huise in te volg nie. Anders as die gewone wipneuskobra is hy nie sku nie en kan homself verdedig deur te spoeg en te pik.

Aangesien dit nou paartyd is en die slange baie aktief is, is dit belangrik om eerder ‘n kenner te bel om ‘n slang te verwyder as om een self te probeer vang of doodmaak. Hierdie kenners is opgelei in slanghantering, het spesiale toerusting en besit gewoonlik ‘n spesiale permit om slange te kan hanteer en te vervoer. Giftige slange word na Johannesburg gestuur vir die vervaardiging van teengif wat lewens red en nie-giftige slange word gewoonlik by reservate vrygelaat.

“Wyfie slange soos ‘n spoegkobra skei feromone af en indien sy aangeval word – soos wanneer hulle doodgeslaan word – skei hulle meer feromone af wat mannetjies in die gebied nader kan lok,” sê Naudé. “Dus as jy regtig nie anders kan nie en ‘n slangvanger is nie naby nie (hulle is gewoonlik bereid om ver uit te ry om jou te help) maak die slang so vinnig as moontlik dood en gooi hom so  1km van jou huis af in die veld sodat die natuur sy gang kan gaan.”

Posted in HealthComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Vloed 13.gif                    4x4 Wildsritte in Thabazimbi            Landbou Marakele Thabazimbi Vloed 27.gif Thabazimbi skole Thabazimbi Vloed 31.gif Thabazimbi Vloed 46.gif Wit leeus

Weather Forecast

May 18, 2012, 6:23 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

May 2012
M T W T F S S
« Apr    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools