Hoekom besoek Afrika leiers buitelandse dokters?

Die presidente van Nigerië, Angola, Zimbabwe, Benin en Algerië het almal iets in gemeen – ‘n waarskynlike tekort aan geloof in hul eie land se gesondheidstelsel.

In terme van wie die meeste tyd oorsee spandeer om mediese hulp te kry, vat Nigerië se president Muhammadu Buhari (74) die koek, maar al die leiers van bogenoemde lande reis oorsee om daar mediese dienste te bekom.…

Read more

Suid-Afrika – Die Gesteelde Land

Die saak van die gesteelde land gesien deur die oë van generasies wie se voorvaders die vaardigheid van skrif en die lees daarvan ontwikkel het en dit as kultuur uitgebou het om tred te hou met die werklikheid van die tyd wat jy as mens op die aarde deurbring, verskil totaal van ongeletterde inwoners, wie se voorvaders nog nooit eens hieraan gedink het nie, wat van dag tot dag leef sonder om voorsiening vir die volgende dag te maak.…

Read more

Maar die boeke moet klop: Als in beteken als moet uit!

Volgens ‘n geskrewe verklaring wat die DA ontvang het na aanleiding van hulle brief aan die Voorsitter van die Staande Komitee op Openbare Rekeninge, Snowy Kennedy, om verslag te lewer oor die R70 miljoen wat deur drie Limpopo departemente net aan reis en onthaal toelaes tussen April 2016 en Maart 2017 spandeer is, is dit duidelik dat dié drie departemente skuldig daaraan is dat hulle openlik die belastingbetalers se geld gemors het.…

Read more

Agt-uur werkdag uitgedien

Die tradisionele werkdag van agt ure is ’n uitgediende en ondoeltreffende benadering tot werk wat eintlik produktiwiteit ondermyn, sê Linda Trim, direkteur van die werkplekspesialiste Giant Leap.
Trim sê die tradisionele agt uur werkdag is ’n oorblyfsel van die nywerheidsrevolusie toe daar geglo is die getal ure van taai handearbeid op die fabrieksvloer moet ’n bietjie ingeperk word.…

Read more

Om ’n jong onnie te wees, is nie vir sissies nie

Die RGN-verslag wat Woensdag 14 Junie 2017 bekend gemaak is aangaande ‘n studie wat onlangs deur die RGN in samewerking met die departement van basiese onderwys gedoen is, wys dat as jy wit en tussen die ouderdom van 18 en 24 is en iewers diep in die platteland skoolhou, raak die stres een te veel en kan jy dalk ook in die kategorie val van diegene wat om die hoek ’n skelm dampie wil maak.…

Read more

Sassa-aftrekkings dalk strydig met wet

Alhoewel die hooggeregshof in Pretoria beslis het dat aftrekkings wel van die maatskaplike toelaes gedoen mag word, verbreek dit moontlik steeds die Wet op Verbruikersbeskerming en die VF Plus gaan die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) vra om ʼn ondersoek daarna te doen, sê Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.…

Read more

Gewapende stryd lê voor oor ekonomiese transformasie

Die swart inwoners van Suid-Afrika moet hulle blykbaar voorberei vir ‘n gewapende stryd om die ANC toe te laat om sy beleid van Radikale Ekonomies Transformasie deur te voer, sou hulle nie ‘n twee-derde meerderheid in die Parlement verkry om die Grondwet ten opsigte van eienaarskap en nasionalisering van sleutel-ekonomiese sektore in Suid-Afrika deur te druk nie.…

Read more