Archive | Entertainment

16-Jabulani 2 Baber bek!

30 hengelaars by Jabulani

Sy bek is so groot dat ‘n koeldrank blikkie maklik daarin kan pas!

THABAZIMBI – Die jaarlikse Jabulani Hengelkompetisie ten bate van AP Kerk het op Saterdag 14 April 2012 plaasgevind.

Vir 30 spanne ywerige hengelaars het die damme op Jabulani blink lê en wag. Die kompetisie het om 07:00 begin en tot 15:00 geduur. Nadat die visse ingeweeg is, het die prysuitdeling plaasgevind. Na die prysuitdeling was daar ‘n veiling van ‘n klompie wildskarkasse, twee verskillende jagpakkette en ‘n klompie los goedere.

Baie dankie weereens en baie geluk aan elkeen van die pryswenners. Hoewel babers nie deel uitgemaak het van kompetisie nie, is daar in die laaste minute ‘n knewel van by die 20kg, 19.83kg om presies te wees, deur Andries Beneke uitgetrek.

Daar was nie vanjaar ‘n prys toegeken vir die kleinste vissie nie, maar die jong hengelaars het elkeen ‘n prysie van die organiseerders ontvang.  Dandré Kruger, Erik Snyman, Jaco J van Vuuren, Wickus Venter en Francois Theron. Die span wat min of meer die minste gevang het, is met ‘n stoel elk beloon – De Wet en Lize Nel. By die snaaksste of vreemde spesie-kategorie was die pryswenner Corné Visser met ‘n waterskilpad. Die vierde prys vir die swaarste sak van ‘n maksimum van 10 kurpers het gegaan aan Piet Pieterse en Francois Theron.  Hulle sak kurpers het 4,820kg geweeg. Die derde prys vir die swaarste sak van ‘n maksimum van 4 karps het gegaan aan Rina Wilbers wat vrou alleen ‘n pen “beman” en stof in die manne se oë geskop het.  Haar 3 karps het saam 5,60kg geweeg. Die tweede prys, ‘n rooibok en ‘n vlakvark, vir die swaarste kurper is toegeken aan Franco Kruger met ‘n kurper van 0,726kg. Die eerste prys, ‘n blouwildebees, vir die swaarste karp is toegeken aan Jacques Wilbers wat ‘n karp van 3,160kg uitgetrek het.

Die AP Kerk Thabazimbi bedank weereens elkeen wat bygedra het om hierdie ‘n suksesvolle aanbieding te maak.  Besonder dankie aan oom Dawie Snyman wat Jabulani beskikbaar gestel het vir die kompetisie, die voorbereidingswerk en die opruimingswerk deur hom en sy span gaan verseker nie ongesiens verby nie.

Die organiseerders wil graag elke donateur en elke deelnemer hartlik bedank vir die bydraes wat gelewer is om hierdie ‘n baie suksesvolle dag te maak.

Opgestel en ingestuur deur Ds Albert Boshoff. Foto’s: Dalinda Greyling.

Posted in Entertainment, SportComments Off

16-Monkeynastix 4

Prettige familiedag sorg vir groot sports

Ieder en elk het die geleentheid gehad om die Blou Bul gelukbringertjie, die Bloubulletjie, se blad te skud.

THABAZIMBI – Die langverwagte Monkeynastix Familiedag het uiteindelik op Saterdag 14 April aangebreek.

Verskeie items is op die lieflike sonskyndag aangebied terwyl die jongspan deurlopend hul vaardighede op die verskillende Monkeynastix apparate kon toets. Springkastele en boeresport het ook deel uitgemaak van die dag terwyl die kleinspan gratis op Arwin Equestria se Dixie Dream en Mango.com kon ry, onder die bekwame toesig van Sonja en Tanita Janse van Vuuren.

Die dag is afgeskop met ‘n vertoning deur Laerskool Platina van Swartklip se Trompoppies en die sing van die Nasionale landslied deur leerlinge van Laerskool Thabazimbi.

Honderde kleurvolle ballonne is die lug vrygelaat, terwyl ‘n stewige opwarmingsessie deur die Bloubulletjie, Mohammed, Elize en haar span van Monkeynastix asook die meisies van Active Life Gym, die maatjies in gereedheid gebring het vir die dag se sport aktiwiteite.

Sanlam se Takalani Sesame inkleurkompetisie het ook groot mededinging gelok en die wenners is: Drika van der Merwe (1 jaar – Wippie en Snippie), Pieter Fourie (2 jaar – Boskabouters), Jessica Barnard (3 jaar – Wippie en Snippie), Chané Benadé (4 jaar – Bosveld Akademie), Melanie Robberts (5 jaar), Adriné von Wielligh (6 jaar – Laerskool Thabazimbi) en Henrico Barnard (7+ jaar – Laerskool Thabazimbi).

Elize Low bedank graag al die borge wat die dag moontlik gemaak het, asook elke klein deelnemertjie en ouers wat die dag bygewoon het.

Posted in Entertainment, SportComments Off

Wildsfees Program 20×8 27 April

Wildsfees Program 27 & 28 April 2012

Wildsfees Program 27&28 April 2012

Posted in EntertainmentComments Off

15-Arwin Jandre van Buuren VB

Arwin by Monkeynastix

Die perderuiters van Arwin Equestria gaan more, Saterdag 14 April om 10:15 ‘n 15 minute vertoning by Monkeynastix se Sportdag te Bosveld Akademie Sportgronde lewer. Op die foto is Jandre van Buuren saam met Mango.com, ‘n leerling by Sonja en Tanita Jansen van Vuuren se Arwin Equestria perderuiter-skool. Sien volledige berig binne.

Posted in Entertainment, SportComments Off

“Survivor Thaba – Met ‘n Boeresport tWISt

THABAZIM BI – Kom toets jou oorlewings-instink by die komende Thabazimbi Wildsfees op 27 en 28 April 2012!

Grootfontein Adventure Experience bied met trots aan “Survivor Thaba”, ‘n spankompetisie met hindernisbaan wat jou sal laat kopkrap, rondskarrel en lekker laat lag. Hindernesse sluit balsport, water, klim-muur, afstandbeheerde helikopter en paar ander groot verrassings in. Spanne bestaan uit 5 lede – Besigheid vs Besigheid of Vriende vs Vriende – en die horlosie loop! Almal kan deelneem – oud of jonk, fiks of onfiks – en daar is lekker kontant en verrassingspryse.

Inskrywingsvorms en navrae kan gerig word aan Juan Rautenbach op 079 865 6723/juan@theitouenz.co.za”

Posted in EntertainmentComments Off

15-Nagmaal

Aliza-Aviela nagmaal

Die dames agter die skerms van die Aliza-Aviela Nagmaal het gewoeker om vir die bejaardes ‘n spesiale spyskaart voor te berei.

THABAZIMBI – Die Aliza-Aviela Nagmaal het op Woensdag 4 April by die NG Kerk plaasgevind.

Die diens is vanjaar deur ds Jannie du Plessis gelei, met Johannes 12:12 – 19 as teks. Die tema was: “Verstaan Ons Reg?”

Die Nagmaal is ook by Tambotie bedien, wat deur almal, inwoners sowel as personeel waardeer word.

Die heerlike spyskaart, soos deur Trudie Vorster voorberei, het bestaan uit gerookte vark, sout tong, roomspinasie, rys, gebakte aartappel en pampoentert geniet met koekstruif, wat individueel in wynglase voorberei en geniet is.

Tambotie Versorgingsentrum het ook gedeel aan die smaaklike ete. Dis flink voorberei deur Trudie Vorster, Rina Nel, Caroline Mathewson, Emmie von Czapiewski, Ronel Joubert, Hester Botha en Yvonne van Niekerk.

Die tafel versiering is deur Bessie du Toit en Yvonne Becker gedoen wat dit ook jaarliks aan die kerk voorsien.

Graag word Suikerbekkies vir die lekkers wat hulle weer geskenk het, bedank.

Al die lede wat die uitnodiging aanvaar het, word ook bedank vir hul bywoning.

Posted in Entertainment, GeneralComments Off

Thabazimbi Wildsfees spog weer met ietsie vir almal

THABAZIMBI – Virseker en Fast Freight in samewerking met PMP en Hilltop Live gaan verseker dat elke besoeker aan die Thabazimbi Wildsfees op 27 en 28 April 2012 eindelose plesier en genot ervaar.

Die feesterrein by Frikkie Meyer Hoërskool gaan stampvol stalletjies na elke smaak wees. Vir die manne is daar ‘n groot 4 x 4 uitstalling, ‘n hele paar wilds- en kamptoerusting uitstallings en natuurlik jagklere en meubels vir die huis. Vir die skoner geslag is daar natuurlik weer alle dinge mooi – soos borduurwerk, juwele, klere en pragtige tierlantyntjies. Die kleinspan kan baljaar op die mallemeule en hul sakgeldjies spandeer op speelgoed, ‘n verskeidenheid lekkergoed asook spookasem, sjokolades en roomys. En moenie vergeet van die smul goed nie – biltong, Boerekos, burgers, potjies, afval, biertuin en sommer lekker baie peuselhappies. Huisgenoot en Landbouweekblad woon ook die fees by met ‘n spesiale intekenaaraanbod.

Musiekvrate kan onder andere uitsien na optredes deur David van Vuuren, Nicholis Louw, Beeskraal, Die Heuwels Fantasties, NRG en die manne van Ses Snare.

Ses Snare bestaan uit Blackie Swart, Pieter Smith, MD Greyling, Thean Kotze, Wouter van de Venter en Leon Ecroignard. Sedert verlede jaar maak Snare gebruik van musikale “swingers” wanneer een van die gereelde lede nie beskikbaar is nie. Vanjaar sal Mel Botes, Mathys Roets en Peter Hoven speel wanneer een van die gereelde Snare nie beskikbaar is nie. Met hierdie optrede kan ‘n hele paar verrassings te wagte wees. Tydens ‘n onlangse oefenkamp, genaamd Kamp Staalsnaar, het die manne nege nuwe liedjies ingestudeer. Daaronder is Somebody to love van Queen, Seven Bridges Road van The Eagles, Rocket man van Elton John, Ring of Fire van Johnny Cash, San Francisco Bay Blues van Eric Clapton en ‘n interessante verwerking van Bob Marley se Is this Love. Die program bevat ook treffers van onder andere The Travelling Wilburys, Leonard Cohen, Albert Hammond, daar is ‘n liedjie om hulde te bring aan Lucas Maree, en natuurlik glip Dire Straits ook weer by die agterdeur in.

Dit is ook Virseker se eerste jaar as ‘n hoofborg van die Thabazimbi Wildsfees.  Virseker is Suid-Afrika se eerste en enigste korttermynversekeringsproduk gemik op die Afrikaanse gemeenskap. Sê Ricardo Coetzee, Virseker woordvoerder: “Dit is vir ontsettend belangrik om betrokke te wees by feeste – klein en groot – wat na aan die hart van die Afrikaanse gemeenskap lê. Die Thabazimbi Wildsfees is ‘n perfekte voorbeeld hiervan.”

Danksy Thaba Spar kan feesgangers ‘n fotosessie saam met hul gunsteling kunstenaar asook ‘n R500 koopbewys wen. Kry jou inskrywingsvorm by Thaba Spar, voltooi en plaas in die kompetisieboks om in aanmerking te kom. Hou weekliks die Kwêvoël dop vir die Top 5 name wat in ag geneem word vir die trekking. Wenners word Vrydag 27 April op die hoof verhoog by die Thabazimbi Wildsfees aangekondig.

Hekke open om 08:00 en sluit om 23:00 op beide Vrydag en Saterdag.

Kaartjies teen R80 is alreeds beskikbaar by www.ticketbreak.co.za.

Kinders onder 12 jaar kry gratis toegang.

Bly op datum met al die nuus, optrede aankondigings en kompetisies op Facebook by www.facebook.com/thabazimbiwildsfees.

Posted in EntertainmentComments Off

14-Paashaas IMG_1590

Paashaas by SmartBrain

Die Paashasie het op Vrydag 30 Maart sy verskyning by SmartBrain Kidz Kleuterskool gemaak. Die jongspan het hom terdeë geniet en elkeen het ‘n drukkie en ‘n paaseier ontvang.

Posted in EntertainmentComments Off

Twenty-one hours of NON-STOP-FUN-AND-GAMES!

THABAZIMBI – Twenty-two gamers charged-up and active in various games took part in the LAN event at The Hive on Saturday night, 31 March 2012 from 18:00 until Sunday afternoon 16:00.

50% of the group were “newbies” (beginners) and they bothered the “ou manne”.  Their diet consisted of burgers and energy drinks that kept everyone up and going (with stolen cat-naps to help!!!). All taken into account the first LAN hosted by The Hive can be seen as a huge success, in such a way that immediate arrangements were made for the next LAN that will take place on 5 May 2012 at 18:00.  he Hive would like to extend their thanks to all the gamers and would see them soon.  t is with great pleasure that The Hive would like to announce that The Hive Café has been opened. The Hive Café is situated in the Carpe Diem Centre in Rietbok Street, Thabazimbi.

There is a wide variety of dishes available from Rump Steak served with chips/baked potato/salad for the very hungry to Toasted Sandwiches for the not so hungry. Their “speciality” will be the premium coffee they serve with delicious cake to compliment the coffee.  There are Take Aways available on request. The kitchen hours will be as follow:  Monday to Thursday – 06:30 for breakfast till 22:00. Fridays – 06H30 till 18:00 and Saturdays – 18:00 till 23:00.  Sunday – 09:00 till 18:00.  The Hive Café invites you to experience their fine coffee. You can call them at (014) 777-2052.

Posted in Business, EntertainmentComments Off

14-VLU konferensie 2012 098

Northam VLU blink uit by Konferensie

Vlnr: Tharina Rossel, Presidente van VLU Noord, Fred de Witte van E-Waste en Ina Britz, aanvoerder van die Herwinningsprojek.

VAALWATER – Northam VLU het by die afgelope jaarlikse Konferensie van Bosveldstreek weereens bewys dat daar met hul rekening gehou moet word as dit kom by kompetisies.

Altesaam 39 artikels is ingeskryf vir die Konferensie. Vanjaar het die lede soos in die verlede, weggestap met menige pryse. In die verskillende kategorieë is pryse as volg behaal: Annatjie Dreyer – derdeplek vir haar gehekelde oorbloes, Hannetjie du Plessis – vyfdeplek vir gehekelde oorbloes, asook ‘n plek vir haar Hertzogtertjies in die Gebak-afdeling, Amanda Meintjes – tweedeplek vir gehekelde kamerpantoffels, Mari Meintjes – tweedeplek vir gehekelde oorbloes. Hulle ontvang ook die hoogste punte vir SAVLU-kompetisies op nasionale vlak asook die toekenning vir die algehele hoogste punte. Tien artikels dring deur na die Kongres wat op 16 en 17 Mei te Weesgerus, Modimolle, gehou gaan word.

Northam VLU beoog om hul vanjaar toe te spits op die tema van die jaar, Koester en Bewaar. Hul eerste projek is om ‘n herwinningsprojek te loods saam met E-waste, deur op die korrekte wyse ontslae te raak van elektroniese afval. Hul beplan ook om heelwat bome aan te plant gedurende 2012, asook om uit te reik na die gemeenskap en so doende ‘n verskil te maak.

Enigiemand wat meer te wete wil kom aangaande Northam VLU, Northam Helpende Hand of die E-waste Projek, skakel of sms Mari Meintjes by 082 086 4915.

Posted in Agriculture, EntertainmentComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Vloed 11.gif Jabulani - Piekniek hou Dewside beer 4x4 by Thabazimbi Expo             Golf Paragliding Kumba Nationals Thabazimbi Vloed 13.gif Dewside beer Thabazimbi Vloed 20.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 6:20 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

May 2012
M T W T F S S
« Apr    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools