Archive | Business

TBZ Mun1

Long wait is over

Mayor PA Mosito celebrates after the opening of a house with Ms Johanna Majadibodu, one of the beneficiaries and Cllr T Mkansi.

Joshua Motsomane

RAPHUTI – When her name was called out loudly to receive her new house in Raphuti, the 67 year old Johanna Majadibodu said that her long wait was finally over.

The thrilled Majadibodu, who has been living in a shack in Raphuti for years, is one of the 100 people who were the first beneficiaries to be handed keys for their new RDP homes. The keys were officially handed over at a ceremony held on a rainy afternoon at Raphuti sports ground on 14 December 2011.

“It was a testimony that housing had topped the national agenda since the first democratically elected government took reins of powers in South Africa, and that in taking overall responsibility for providing houses for all,” said Mayor Patricia Mosito.

“Today serves as a testimony that we are a caring government that highly carries the hopes and aspirations of our people,” continued Mosito.

“There are still a lot of people waiting for houses. As a caring government we are still committed to that cause.” The Mayor further made an appeal to the community people to report those who sell RDP houses. “We call upon our people to refrain from buying these houses. These houses are not for sale. They are free and will remain free. These houses are only meant for those who are on the waiting list.”

One of the recipients of the house was Mr Ntebele Selokela whose shack was once gutted through by the fire.

The dream came true for Johanna Majadibodu and the other beneficiaries were made possible by Thabazimbi Local Municipality and Cooperatives Governance Human Settlements and Traditional Affairs.

Scores of Raphuti residents were at the handing over ceremony. Also there were Thabazimbi Local Municipality Mayor Patricia Mosito, Speaker BS Mothoa, councillors and officials.

Posted in Business, GeneralComments Off

Tired of gaining weight?

Loose up to 10kg in just two weeks

Promotional Article

THABAZIMBI – Tired of gaining weight especially now before the Holiday Season? Tired of not getting rid of that extra weight around the waist area? Before you know, it’s summer and most of your clothes don’t fit anymore. There is an easy way out and it’s called Cosmo Slimming Solutions.

Louise Tromp, health practitioner and owner of Cosmo Slimming Solutions lost 40kg in just four months and the good news is she’s keeping it off. You can loose up to 10kg in just two weeks.

This is a completely natural and holistic program that will change your life. It offers a speedy solution for weight problems and a guaranteed maintenance program, a program that can also become part of your daily lifestyle. The aim of this program is not only to realistically determine your goal weight and achieve it, but also maintain your new weight.

There are three types of medication: a tincture that is a herbal product with no known side effects. It helps break down fats, reduce cellulite, improve metabolism in a natural way and provides energy. The herbal capsules have a cleaning effect on the renal and colon system, it rids the body of excess fluids and helps the body release fat for removal. It also increases metabolism and helps control appetite. The herbal eat less formula suppresses appetite, increases energy levels and helps control cravings.

All the products are submitted and registered at the medicine board and is produced by Dr Jacques Lubbe (University of Potchefstroom).

When you ask Louise why her products area so unique, she answers with confidence and trust: “it is a pure herbal product with no known side effects, it’s been on the market for seven years, you loose weight and keep it down and there are 34 clinics nationwide.”

When you join Cosmo Slimming Solutions your physical wellbeing is tested, any health dangers and shortages are shown without the pain of needles, X-rays or sonar’s.

All this for free when you join. Think thin. Louise Tromp will be at Sorizty Day Spa on Thursday 17 November. To make an appointment with Louise, contact Sorika on 082 801 0589.

Posted in Business, HealthComments Off

spar chana wenner

Thaba SuperSpar Chana Wenner

Jolandi Kruger was die gelukkige wenner van die Thaba SuperSpar kompetisie wat op 15 Desember 2011 die nuwe eienaar van ‘n splinternuwe Chana bakkie geword het.

Posted in BusinessComments Off

Casa Mia tuinwoonstelle

Casa Mia – jou huis weg van die huis

Die netjiese selfsorg tuinwoonstelle het elk hul eie privaat ingang. Hierdie woonstelle bied slaapplek vir vier tot ses persone en is ideaal vir klein gesinnetjies.

Vir ‘n bekostigbare naweek- of vakansiewegbreek na die Suid-kus kan jy gerus die Casa Mia Gastehuis in Umkomaas oorweeg. Hier word die klem op ontspanning en kwaliteitdiens geplaas om te verseker dat hul gaste se verblyf so gemaklik en ontspanne as moontlik is.

Casa Mia Gastehuis is sowat 45km suid van Durban en ongeveer 100km noord van die Wild Coast Sun. King Shaka Lughawe is sowat ‘n uur se ry van hulle af vir diegene wat eerder wil afvlieg en ‘n motor wil huur tydens hulle verblyf.

Verskeie veilige swemstrande is binne loopafstand vanaf die gastehuis. Die sondek bied ‘n panoramiese uitsig oor see en met die voortdurende agtergrond gedreun van die branders wat op die rotse en strande breek kan jy die rustige see-atmosfeer ten volle geniet.

Al die kamers en selfsorg eenhede is toegerus met volledige badkamers, TV’s, kroegyskaste en dakwaaiers. Elke kamer en selfsorgeenheid beskik ook oor ‘n klein sluitbare kluis vir waardevolle items.

Buiten die vier en-suite dubbelbed-gastekamers, waarvan drie twee persone akkommodeer en een oor ‘n bunkerbed beskik, ideaal vir ‘n klein gesinnetjie, is daar nog vyf selfsorgeenhede, elk met sy eie buiteingang. Hierdie eenhede bied slaapplek aan vier tot ses persone. Beddegoed en handdoeke vir gebruik in die gastehuis is by alle kamers en selfsorg woonstelle ingesluit.

Vir elke eenheid en kamer is daar ten minste een parkering agter die veiligheid van ‘n gemotoriseerde skuifhek beskikbaar.

Die sondek is nie die enigste plek waar gaste kan ontspan nie. Daar is ook nog ‘n sitkamer met DStv en lugversorging, die stoepsitkamer en ‘n lekker leeshoekie waar jy rustig een van die talle boeke uit hulle versameling kan leen om te lees, indien die weer jou dalk dwing om binne te bly.

‘n Swembad, onderdak potspeltafel en braaigeriewe laat jou toe om die heerlike buitelug te geniet as jy nie lus is vir die strand se gewoel nie.

Casa Mia glo daarin om die plaaslike entrepreneurs te ondersteun en met die talle restaurante in die omgewing, word gaste eerder aangemoedig om op ‘n gastronomiese reis te gaan. Kos is van uitstaande gehalte en baie billik geprys. Op hierdie manier bied dit aan besoekers die geleentheid om die Suidkus te verken en nuwe vriende te maak.

Buiten die gewilde U Shaka akwarium en waterwêreld in Durban is daar baie besienswaardighede in die onmiddellike omgewing.

Een van die grootste krokodilplase in Suid-Afrika is slegs 4 km vanaf Casa Mia. Die Aliwal-rif, een van die bekendstes in die wêreld is neffens Umkomaas. Duik-entoesiaste kan een van die talle diepseeduikondernemings kontak vir duikuitstappies na hierdie rif. Gaste wat by Casa Mia oorbly kwalifiseer ook vir afslag indien hulle op ‘n duikekskursie sou wou gaan.

Binne ‘n 30km radius van die gastehuis is daar ‘n totaal van ses 18-putjie gholfbane om vanuit te kies. Voëlkykers is ook welkom om hulle verkykers in te pak – die Empisini Natuur Reservaat is slegs 1km vanaf die gastehuis.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Reëlings is met ‘n plaaslike wassery getref vir die was en stryk van wasgoed teen addisionele koste.

Vir meer inligting, skakel die bestuurder, Wally by 039 973 2170 of sel 076589 6679. Besoek ook hul webblad by www.casamiakzn.co.za vir verdere inligting en besprekings. E-pos kan gestuur word aan info@casmiakzn.co.za.

Casa Mia in samewerking met Die Kwêvoël bied aan een paartjie die geleentheid om vier nagte (mid-week) vanaf die Sondag tot Donderdagoggend, gratis by hulle oor te bly. Hierdie prys beloop R2400.

Die voorwaardes hieraan verbonde is die volgende:

Slegs die verblyf vir twee persone wat deel in ‘n enkel dubbelbed-gastekamer in die gastehuis (en-suite) word gedek.

Vervoer na en vanaf die gastehuis, asook alle ritte na bestemmings tydens die verblyf is die verantwoordelikheid van die wenner van die kompetisie wat self die koste hiervoor moet dra.

Geen etes word verskaf nie.

Prys slegs geldig vir 3 maande, slegs buite seisoen.

Wenner moet ten minste twee weke vooraf bevestig of hulle wel geakkommodeer kan word. Vroegtydige bespreking is dus noodsaaklik.

Nie die bestuur van Casia Mia Gastehuis of Die Kwêvoël, vat enige verantwoordelikheid vir enige toevallige voorval wat die wenner verhoed om van die wenprys gebruik te maak nie.

Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.

Geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie toegelaat word nie en die besluit van die beoordelaars is finaal.

Sien die inskryfvorm vir die kompetisie in die Casa Mia advertensie elders in die Kwêvoël.

 

Posted in Business, EntertainmentComments Off

Gehalte vanjaar beter, sê Carr

‘n Mens kan kwalik die uitwerking van verbruikersentiment op die eiendomsmark oorskat – en die afgelope 12 maande was ‘n politieke en finansiële mallemeule vir die meeste Suid-Afrikaners.

“Maar onlangse positiewe aanduidings op albei dié fronte, veral ten opsigte van planne om werk te skep en korrupsie in die openbare sektor hok te slaan, stuur die regte boodskap aan plaaslike sowel as buitelandse beleggers en ons verwag dat bestendige rentekoerse en stygende huishoudelike inkomste verbruikersvertroue deur die loop van 2012 ‘n verdere hupstoot gaan gee,” sê Young Carr, uitvoerende hoof van Aida National Franchises.

Uit die hoek van die eiendomsbedryf is Carr “redelik positief” hoewel hy nie verwag dat daar beduidende veranderings aan banke se uitleenbeleid of ‘n styging in verkoopsvolumes gaan wees nie.

“Eiendom gaan sonder twyfel meer bekostigbaar word maar ons verwag nie dat dit tot ‘n skerp styging in vraag of in huispryse gaan lei nie aangesien talle huishoudings nog steeks gaan wees om nuwe lenings aan te gaan voordat hulle ‘n groter deel van bestaande skuld afbetaal het.”

“Wat wel gaan verander is die gehalte van sake wat gedoen word. “Dit beteken byvoorbeeld dat minder huise twee, drie of selfs vier keer ‘verkoop’ gaan word voordat iemand ‘n huislening bekom om die transaksie deur te hak. Dit beteken ook dat agente minder tyd en bronne gaan bestee om eiendomme waarvan die prys te hoog is, te bemark.”

Die hoofrede vir dié verandering, glo hy, is dat baie van die agente en hoofagente wat die afgelope drie jaar tande gekners het om in die bedryf te bly, nou beter opgelei is en beter bronne en stelsels in plek het en dat hulle nou gereed is om hulle ondernemings uit te brei pleks om net te probeer oorleef.

“In ons eie groep het ons byvoorbeeld ons konsessiehouers gehelp om hul deure oop te hou deur hul ondernemings meer vaartbelyn en doeltreffend te maak en het die afgelope paar jaar hard gewerk om bykomende inkomstestrome te skep om toekomstige groei in hul ondernemings in die hand te werk

“Terselfdertyd is ons verheug dat die bedryf, wat onlangs op ‘n meer formele grondslag geplaas is, nou opnuut toetreders lok omdat hulle dié bedryf weer as ‘n goeie loopbaangeleentheid beskou. Heelwat bestaande agentskappe, wat waarde in ons handelsnaam sien, het ook onlangs by Aida aangesluit. Dié nuwe vertroue in die bedryf – en die eiendomsmark – word verder onderstreep deur die feit dat Aida pas meer as 400 aansoeke vir SETA-beurse en leerlingskappe vir nuwe kandidaatangente in 2012 verwerk het.”

Uitgereik deur Aida National Franchises

Posted in BusinessComments Off

Five departments under administration

The Democratic Alliance has been reliably been informed that five government departments in Limpopo was placed under administration.  This is a drastic measure taken by Cabinet when a provincial government continuously fails to manage its financial affairs.

These departments are Health and Social Development, Education, Roads and Transport, Public Works and Treasury.  The Democratic Alliance has been consistent in it position that this province must put its financial management above board and that there must be austerity measures put in place when public spending is concerned.

The DA says it is deeply concerned that so many departments are put under administration at once and that even Treasury finds itself under this situation.  Treasury is supposed to be leading the course of financial prudency. The DA previously warned about the spending patterns of the provincial administration.

Firstly the provincial administration has a bad record in awarding tenders. Tenders are given to those with political connections and close allies to the ruling party.  Department of Health is known for this transgression.

This is one province where the premier and his business associates get business from the departments led by Premier Mathale himself. Mr Mathale has shares in many companies which do business with the provincial government and so are many other ANC politicians.

The DA added that calls for austerity measures have been ignored. When this administration took over they warned them about the expensive cars and spending on non essentials such as travelling, hotel accommodation and entertainment.

The hope was expressed that the result of the decision to place these departments under administration will be good governance by reducing money spent on non-essentials and introducing an array of other austerity measures. There will be a direct benefit for the people of Limpopo in that more money will be available for service delivery.

 

Posted in Business, GeneralComments Off

Van Ross Dierepark

Van Ross Dierepark oop vir besoekers

Die rustigheid van Van Ross Dierepark sal jou spoedig in ‘n vakansie luim dompel.

THABAZIMBI – Van Ross Dierepark bied verskeie funksies, veral vir kinders, by die Park aan. Die Park spesialiseer in ‘n Familie Restaurant wat elke Saterdag vanaf 17:30 gehou word, dit sluit in pasta en pizza aande omring met ons rustige, pragtige Bosveld atmosfeer en gasvryheid. Daar is talle familie pret aktiwiteite by die Park, soos mini-gholf (putt-putt), “go-carts”, “paint-ball”, braai fasiliteite en ‘n Italiaanse Pizza oond vir die heerlikste pizzas. ‘n Verdere bonus van dié besondere park is die voeding en interaksie met die talle makdiere.

Vir Jaareind Funksies kan Laurette enige etes soos spit braai, formele etes, vingeretes en nog vele meer met graagte reël.

Vir meer inligting, besprekings en aanwysings, kontak Laurette by 083 542 5412 of 014-7721824 of e-pos vanross.animalpark@my-hive.net. Aanwysings: Verby Marakele Nasionale Park ingang tot by die kruispad, draai regs en ry 2.5km, op linkerkant.

Posted in Business, EntertainmentComments Off

Leeus voer

See the white lions of the Marakele Predator Centre

Patience while the feeder passes the meat over the fence into the lion camp.

THABAZIMBI – Marakele Predator Centre - situated 9km outside Thabazimbi on the R511 road to Marakele National Park, is one of the latest tourist attractions in this part of the bushveld.

The magnificent animals you can see there include mainly White lions, Tawny Lions, Bengal tigers as well as a mini zoo with Pot Bellied pigs, Marmoset monkeys and Meerkats. The latest addition is three white lion cubs that were born on 4 December. So far, from the little bit that one can see of them, they seem well and healthy.

For the ultimate adrenalin rush – the lion mobile of Marakele Predator Centre is now ready. Join the lions on their own premises in the drive through camp. For as little as R50 for adults and R30 for children you can go into the lion camp with the mobile. For photography lovers this is your change of taking pictures up close and personal.

You are welcome to bring your own cooler with refreshments (no alcohol allowed), and spend some time there. Braai facilities as well as a jungle gym for the kiddies are available to visitors.

The centre is open daily from 09:00 to 16:00. The entrance fees are R75 for adults and R35 for kids under R12 years.

Feeding times are on Wednesdays and on Sundays at 12:00. Please book in advance for the lion mobile. Phone Emma on 071 597 7752.

Posted in Business, NatureComments Off

Plaasmark

Kersmoeder by Kersmark

Yolandé Koekemoer, Kersmoeder, tydens die Kersmark by ‘Nader Gastehuis.

THABAZIMBI – Komma Nader Gastehuis het op Saterdag 3 Desember hul eerste Kers – Plaasmark aangebied.

Vir die jongspan was daar hope vermaak asook ‘n bederfie wat deur Kersmoeder, Yolandé Koekemoer, aan hulle uitgedeel is.

Vir diegene wat reeds in die luim was vir kersinkope, was daar ‘n ietsie van alles en is dit juis die tuis- en handgemaakte items wat elke keer die kollig gesteel het.

Thabazimbi Lodge, Suikerbekkies en ‘ Nader Gastehuis  word bedank vir die bydraes wat hulle gelewer het om die gelukspakkies vir die kleintjies te gee.

Die organiseerders bedank ook die uitstallers wat regdeur die jaar hul gewig by hierdie besonderse gemeenskapsaak ingegooi het asook die gemeenskap wat elke maand die Plaasmark ondersteun.

Die Plaasmark beweeg van krag tot krag en toon maandeliks positiewe groei.

Posted in Business, EntertainmentComments Off

Carols by Candleligth

Kersliedere by Kerslig verlig Thaba

Die Kersliedere by Kerslig verhoog.

THABAZIMBI – Die jaarlikse My Superspar Kersliedere by Kerslig het op Donderdag 24 November in die parkeerterrein van Thaba SuperSpar plaasgevind.

Volgens Debbie Viljoen, plaaslike gospelsangeres, was hierdie aand prentjie mooi nadat die wolke oopgetrek het en die mooiste reënboog agter langs die verhoog sy verskyning in die lug gemaak het.

“Die orkes was ‘n samevoeging van alle uithoeke van ons dorpie en was die

spreekwoordelike kersie op die koek.” Sê Debbie. “Ons het onder die sterre hemel kersliedere gesing.” Die buddies groep van Laerskool Thabazimbi was ook betrokke en die kinders het luidkeels saamgesing.

Danksy Armand Knoetze se inisiatief was daar ‘n pragtige verhoog

geborg deur Steinmand Konstruksie. Die ATKV het gesorg vir die bemarking, en elke lid van die tak word bedank vir hul bydrae.

Thaba SuperSpar bedank die gemeenskap in geheel vir hul positiewe gesindheid en deelname aan die Kersliedere by Kerslig. “Dit was ‘n groot sukses

en gemeet aan die terugvoer wat ons van die gemeenskap ontvang het sal

hierdie besonderse geleentheid elke jaar net van krag tot krag kan gaan.” Sê Debbie.

Posted in Business, EntertainmentComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thaba sterio Paragliding Kumba Nationals SDC12104 Potjiekos Paragliding Cropsray Dewside beer SDC12098 Mervyn se dam

Weather Forecast

February 8, 2012, 8:46 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
20°C
real feel: 19°C
humidity: 82%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan    
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools