Posted on 20 April 2012.

Vlnr: Tharina Rossel, Presidente van VLU Noord, Fred de Witte van E-Waste en Ina Britz, aanvoerder van die Herwinningsprojek.
VAALWATER – Northam VLU het by die afgelope jaarlikse Konferensie van Bosveldstreek weereens bewys dat daar met hul rekening gehou moet word as dit kom by kompetisies.
Altesaam 39 artikels is ingeskryf vir die Konferensie. Vanjaar het die lede soos in die verlede, weggestap met menige pryse. In die verskillende kategorieë is pryse as volg behaal: Annatjie Dreyer – derdeplek vir haar gehekelde oorbloes, Hannetjie du Plessis – vyfdeplek vir gehekelde oorbloes, asook ‘n plek vir haar Hertzogtertjies in die Gebak-afdeling, Amanda Meintjes – tweedeplek vir gehekelde kamerpantoffels, Mari Meintjes – tweedeplek vir gehekelde oorbloes. Hulle ontvang ook die hoogste punte vir SAVLU-kompetisies op nasionale vlak asook die toekenning vir die algehele hoogste punte. Tien artikels dring deur na die Kongres wat op 16 en 17 Mei te Weesgerus, Modimolle, gehou gaan word.
Northam VLU beoog om hul vanjaar toe te spits op die tema van die jaar, Koester en Bewaar. Hul eerste projek is om ‘n herwinningsprojek te loods saam met E-waste, deur op die korrekte wyse ontslae te raak van elektroniese afval. Hul beplan ook om heelwat bome aan te plant gedurende 2012, asook om uit te reik na die gemeenskap en so doende ‘n verskil te maak.
Enigiemand wat meer te wete wil kom aangaande Northam VLU, Northam Helpende Hand of die E-waste Projek, skakel of sms Mari Meintjes by 082 086 4915.
Posted in Agriculture, Entertainment
Posted on 04 April 2012.
The Procedure for Block burns as received from the Department of Agriculture Polokwane is as follows: Complete the application form which is available from your sector leader or Renette Lategan 083 688 0319.
Submit it at the local office of the Department of Agriculture 30 days before the intended date of burning in order for the forms to be faxed to this office.
Once this is done, you have to wait for the Inspector from this office, or local office of the Department of Agriculture to contact you for inspection purposes. While waiting for the Inspector, you must inform your sector leader of the FPA of your intention for burning as well as the intended date of burning. The reason for this is that you must also get permission from them in terms of National Veld and Forest Fire Act (NVFFA).
Once the inspection has been done on the farm, you then have to wait for the responds in writing from this office: whether to burn or not. Please note that this process should be completed within 30 days from the date of receiving your application form in case everything goes well.
It is the responsibility of the farmer to make sure that the application form reaches the Departments’ office well in time in order to avoid unnecessary delay in this regard. After you have received your approval from the Department of Agriculture you have to complete the “Notification on making of fire” form available from your sector leade
Posted in Agriculture, General
Posted on 04 April 2012.

Lede van die Brandbeskermingsvereniging sowel as boere van die omgewing is vroeër die maand by Marakele opgelei as brand-spanleiers.
MARAKELE – Die Thabazimbi Brandbeskermingsvereniging het vanaf 28 Februarie tot 2 Maart opleiding deur Working on Fire by Marakele NP ontvang.
Twinting van die Brandbeskermingsvereniging se lede is as spanleiers opgelei. Die opleiding was gratis en DAFF het die etes voorsien.
Dit was teoretiese en praktiese opleiding gewees en ‘n toets was na die opleiding geskryf. Die 20 lede was afkomstig van Amandelbult myn, Swartklip Union myn en Kumba Iron Ore myn. Die res was boere van die gemeenskap. Die lede kan nou beheer neem oor ‘n vuur en brandslaners veilig in ‘n vuur stuur om dit te blus. Sien nog foto’s by hul facebookblad, “Thabazimbi FPA”.
Posted in Agriculture, General
Posted on 04 April 2012.

Northam VLU se nuwe lede ontvang elk 'n geskenkie, vlnr: Ursula Joubert, Maritza Hasebroek, Marinda Gagiano en Jenny Streak. Voor: Deacon. Afwesig: Rene Laas.
SWARTKLIP – Northam VLU dames het op 15 Maart hul 222ste vergadering aan huis van Angela Potgieter gehou.
Vyf nuwe lede is welkom geheet, en het elkeen ‘n geskenkie ontvang. Nadat die huishoudelike sake afgehandel is, het Suster Doreen Greyling van Union Hospitaal, Swartklip, die dames ingelig oor die voorkoming en genesing van Tuberkulose in die lig van Wêreld Tuberkulose Dag op 24 Maart 2012.
Sy het die belangrikheid van goeie ventilasie en sonlig in die huis beklemtoon, ter voorkoming van Tuberkulose. Simptome waarna opgelet moet word, wanneer jy vermoed dat jy Tuberkulose het, is gewigsverlies, sweet in die nag en die spuug van bloed as jy hoes. Tuberkulose is geneesbaar, dus is dit baie belangrik om die medikasie te voltooi. Wanneer ‘n persoon met Tuberkulose gediagnoseer word, is dit verpligtend om dit by die regering aan te meld. Elke dame het ‘n T-hemp, asook borsspeldjie ontvang. Northam VLU se volgende vergadering sal plaasvind op 19 April te Swartklip. Vir meer inligting skakel of sms Mari Meintjes 0820864915.
Posted in Agriculture, Entertainment, General
Posted on 04 April 2012.

VLU Strewe het piouterwerk gedoen tydens hul Maart vergadering.
MAKOPPA – Die dames van Strewe VLU het in Maart by Badger Bush Lodge vergader. Die dames het die interessante kuns van piouterwerk bemeester nadat hulle die basiese tegnieke gedemonstreer is en dit op ‘n koffieblik se deksel geoefen het.
Posted in Agriculture, Entertainment, General
Posted on 26 March 2012.

VLU Bosveldstreek het vanjaar ‘n reuse herwinningsprojek geloods saam met E-waste. Die tema van die jaar is Koester en Bewaar. Lede het dit goed toegepas tydens hul streekskonferensie by Mashudu naby Vaalwater.
Met ‘n jaartema soos ‘Koester en bewaar’ het die Vroue Landbou Unie van Bosveldstreek tydens hul 17de konferensie naby Vaalwater die fokus op die omgewing en die mense daarin laat val.
Tydens die amptelike opening het die presidente van VLU Noord, Tharina Rossel, die tema in fyner detail omskryf: “Koester en bewaar dit wat vir jou saak maak. Bekommer jou oor niks en bid vir alles!”
Die voorsitter van Bosveldstreek, Elize Pretorius het ‘n sertifikaat namens die lede in ontvangs geneem wat bevestig dat die VLU hul toewy en verbind tot herwinning van skadelike elektroniese en elektriese toestelle. Die sertifikaat is aan haar oorhandig deur Fred de Witt van E-waste wat ‘n lorrie-vrag vol elektroniese afval kom haal het. Die projek duur voort regdeur die jaar en elke VLU-tak in die streek sal daarmee voortgaan. Ina Britz, aanvoerder van die projek, het lede ingelig oor die skade wat swaar metale uit hierdie toerusting aan die omgewing doen.
Die hoofspreker van die dag was Santi Britz van Potchefstroom. Haar hartroerende verhaal oor hoe ‘n mens verkragting oorleef het die gehoor in trane gehad. Die lesse wat elkeen daaruit geleer het, is onvergeetlik: nl. dat dit die klein dingetjies is wat dikwels ‘n slagoffer kan deurdra, dat ‘n netwerk van getroue vriende onvervangbaar is, dat humor noodsaaklik is en dat geloof onontbeerlik is. Die VLU het hul weereens verbind tot die onderskraging van verkragting-slagoffers.
Verskeie toekennings is oorhandig: Die Top Tak-trofee is gedeel deur Steenbokpan en Ellisras; Ellisrastak het ook die trofee gewen vir tak met die meeste punte; Skakelbeampte van die jaar was Maritsa Jacobs van Beauty, Blomme-trofee is gewen deur Alma-tak. Lede het aan verskeie kompetisies op streeks-, provinsiale en nasionale vlak. Die wenners was as volg:
Lid met die hoogste punte in Borduurwerk: Petra Ortner; Breiwerk: Rina van Dyk; Gebak: Annelize Maritz; Handvlyt: Ilana Venter; Hekelwerk en Masjienwerk: Maryna Olivier; en Preservering: Marie Zietsman. Die hoogste punte vir ‘n inskrywing is behaal deur quilling-kaartjies van Ilana Venter van Steenbokpan-tak. Lid met die meeste pryse: Annelize Maritz van Ellisras-tak.
Lid met die hoogste punte vir: streekskompetisies was Baby van Niekerk (Beauty); Provinsiale kompetisies: Surita Steenkamp (Steenbokpan) en SAVLU-kompetisies op nasionale vlak: Mari Meintjies (Northam), wat ook die toekenning ontvang het vir die algehele hoogste punte.
Deur Elana Greyling
Posted in Agriculture, General, Nature
Posted on 19 March 2012.
“Terwyl onwettige watergebruik deur sommige besproeiers kommerwekkend is en aangespreek moet word, is verskeie ander faktore ‘n selfs groter bedreiging vir die beskikbaarheid en gehalte van water vir die samelewing. Daarom is dit jammer dat die besproeiingsektor Maandag, met die loodsing van die Nasionale Waterweek, as sondaar uitgesonder is,” sê Johannes Möller, die president van Agri SA.
“Die Departement van Waterwese het sedert die inwerkingtreding van die Nasionale Waterwet in 1998 versuim om artikels van die wetgewing met betrekking tot die institusionele kapasiteit wat benodig word om die land se waterhulpbronne te bestuur te implementeer. Ná 12 jaar het die departement eers in Junie 2010 begin met die verifiëring- en bevestigingsprosesse deur ‘n professionele diensverskaffer aan te stel om daarmee in die Vaalrivierstelsel behulpsaam te wees. Dit sal eers oor twee jaar afgehandel wees,” sê Möller.
“Agri SA se standpunte oor onwettige watergebruik waarin ons die departement se pogings om onwettige watergebruikspraktyke in die Vaalrivierstelsel asook ander aktiwiteite wat ‘n negatiewe impak op die land se waterstelsels het hok te slaan ten volle steun, is verlede jaar in ‘n mediaverklaring saamgevat. Die beskikbaarheid van water vir ander sektore van die ekonomie is egter nie geraak deur die oortredings van besproeiers in die Vaalrivierstelsel nie danksy algemeen goeie reënval oor die afgelope paar jaar. Alhoewel die onwettige gebruik van surplus water nie goedgekeur kan word nie, moet daar tog in ag geneem word dat dit wel produktief aangewend was en bygedra het tot voedselproduksie, werksverskaffing en die ekonomiese welvaart in landelike gebiede,” aldus Möller.
‘n NEDLAC-verslag oor watergehalte, wat in groot detail na die stand van die land se waterhulpbronne verwys, is verlede jaar aan die Minister van Waterwese voorgelê. Verskeie waterstelsels in Suid-Afrika is in ‘n swak toestand en verswak steeds weens besoedeling deur verskeie sektore in die ekonomie. Watersuiweringswerke van munisipaliteite is nie op standaard nie en verskeie waterstelsels word nadelig geraak deur mynbou-aktiwiteite. Hierdie is ‘n probleem vanuit ‘n ekologiese, landbou- asook gesondheidsperspektief en vereis ‘n holistiese benadering om die situasie te stabiliseer en reg te stel.
Agri SA is bereid om met die minister, haar departement en ander rolspelers in die watersektor saam te werk ten einde Suid-Afrika se skaars waterhulpbronne te beskerm en te ontwikkel tot die grootste voordeel van die land en sy mense. Hierdie is een aspek op ons sakelys vir samesprekings met die minister, wat hopelik binnekort sal geskied.
Posted in Agriculture, General
Posted on 19 March 2012.
ROEDTAN – Die Sesde Produksieveiling van Vlakte Bonsmare Studiegroep het op 29 Februarie ‘n Bonsmara veiling te Roedtan Veilingskrale aangebied.
Ses stoetbulle is teen ‘n gemiddeld van R40 167 verkoop aan Mnr Japie Nel van Battlefield Development in Garsfontein. Die verkoper was Kameeldoring Bonsmara te Roedtan. Die totale omset van R241 000 is vir die stoetveiling gemaak.
In die kommersiële veiling was die verkooppryse as volg: 126 verse teen ‘n gemiddeld van R5998, 131+131 koeie en kalwers teen ‘n gemiddeld van R13628, 48 dragtige koeie teen ‘n gemiddeld van R11 058, 122+2 dragtige verse teen ‘n gemiddeld van R10 797 en 22+22 dragtige koeie en kalwers teen ‘n gemiddeld van R15 227. ‘n Totale omset van R4 724 150 is gelewer.
Mike Killassy was die afslaer.
Posted in Agriculture
Posted on 12 March 2012.
Statistieke oor grondbesit wat President Jacob Zuma in sy staatsrede voorgehou het is hierdie week deur die Instituut van rasseverhoudinge weerlê. Zuma het in sy rede gesê dat 87% van Suid-Afrika se landbougrond in blanke besit is.
Volgens ‘n verslag wat Dinsdag deur die instituut uitgereik is, is daar 122 miljoen hektaar grond waarvan 31 milljoen hektaar of 25% aan die staat behoort. Die oorblywende 91 miljoen hektaar of 75% is in privaat hande.
Volgens Frans Cronjé, visie hoof van die instituut is staatsbeheerde grond foutiewelik ingereken as grond wat aan wittes behoort. “Grond wat in vandag se bedeling aan die staat behoort, is eerder grond wat aan swart Suid-Arikaners behoort. Niks verhoed die staat om hierdie grond aan swart boere oor te dra nie.”
Die verslag stel dit verder dat 2.6 miljoen hektaar reeds met die regering se grondrestitusie plan aan swart boere bemaak is. Dit is ‘n verdere 2.1% van die totale grondoppervlak. Meer as R5 miljard is aan gemeenskappe uitbetaal wat eerder geld as grond wou hê. Daardie R5 miljard is die ekwivalent van nog 2.6 miljoen hektaar grond. Dus behoort 30% van die grond teoreties aan swart mense.
Die herverdeling van grond -program het ‘n verdere 3.1 miljoen hektaar grond of 2.5% aan swart boere oorgedra. Volgens Cronjé is daar ook verskeie swart boere wat in hulle privaat hoedanigheid grond gekoop het. Sonder ‘n grondoudit kan hierdie syfer egter nie bepaal word nie. Cronjé meen dat tussen 40 en 50% van alle grond aan swart Suid-Afrikaners behoort en nie 13%, soos wat die President voorgehou het nie.
Cronjé sê hy verstaan dat grond aktiviste ongelukkig is oor die feit dat 50% van alle grond steeds in die hande van slegs 10% van die bevolking is. Hy meen egter dat die regering hier baie versigtig te werk moet gaan. “Daar is net 30 000 wit kommersiële boere in Suid-Afrika oor, vyftien jaar gelede was daar meer as 60 000. Hierdie boere is Suid-Afrika se hoof voedselprodusente. Enige beleid wat verhoed dat boere effektief voedsel produseer, sal lei tot grootskaalse betogings en opstande wanneer daar nie genoeg kos vir die massas is nie. Grond is ‘n baie sensitiewe saak wat met groot omsigtigheid hanteer moet word,” meen Cronjé
Die volle verslag is beskikbaar op http://www.sairr.org.za/sairr-today-1/research-and-policy-brief-land-ownership-and-land-reform-in-south-africa-27th-february-2012
Posted in Agriculture, General
Posted on 12 March 2012.
The Democratic Alliance (DA) welcomes the arrest this week of four Kruger National Park officials who are alleged to have been involved in rhino poaching activities in the Park.
One of the suspected poachers, a field ranger, is one of the employees who recently embarked on strike action in the park. One of the other individuals arrested is a traffic official in the park. The fight against rhino poaching is challenging enough without also having to expunge a Trojan horse within the ranks of South Africa’s premier protected area.
In the Pretoriuskop area alone, 11 rhino have been killed this year, bringing the figure up to 43 in the Park, and at least 80 across the country. While trend analysis is best done over periods longer than two months, it does appear that the rate of poaching has increased compared with same period last year. Last year 448 rhinos were killed by poachers. The trajectory, if not apprehended soon, is likely to precipitate a decline in the rhino population beyond 2015.
The DA welcomes the action taken by SANParks and the statement of remorse by the CEO. It is indeed very distressing that people tasked with protecting our wildlife resources have betrayed their mandate in the worst possible way. To prevent the recurrence of such abuse, strong steps must now be taken to vet current staff in the Park, and to ensure the comprehensive vetting of all future staff. The DA will follow this matter up with parliamentary questions to the Minister of Water and Environmental Affairs. As Kruger in particular is about to employ a large number of new rangers, the importance of such steps cannot be overemphasised.
Kruger National Park faces a significant assault on its rhino population, particularly from Mozambiquan nationals. While recent events show that Kruger is the hotspot for poaching in South Africa, the problem of poaching is a national one affecting rhinos in both public and privately owned reserves.
The Minister of Water and Environmental Affairs, Edna Molewa, has been insufficiently vocal on the national crisis. Individual units in provinces or in the private sector can contribute to combating the problem in certain localities, but rhino poaching is a broader, more complex problem. If poaching is suspended in one location, it is merely displaced elsewhere. As such, curbing rhino poaching requires strong national leadership and political will to catalyse coordination within government and between government and civil society organisations. We therefore call on the Minister to demonstrate bold leadership on this crucial matter, and to overcome the coordination failures in government.
Posted in Agriculture, General