Archive | Agriculture

Wen-wen plan vir Steenbokpanmyn

Deur Elana Greyling

 

Plaaslike mynmaatskappy Resource Generation (Resgen SA) het aan die einde van 2011 ‘n ooreenkoms onderteken met die Lephalale Munisipaliteit vir die bou van nuwe rioolwerke in Marapong.

Dit het ‘n wen-wen oplossing tot gevolg wat beide die Marapong-inwoners en Steenbokpan boere ‘n sug van verligting laat slaak.

Die rioolwerke sal, met voltooiing, ‘n groot diens lewer aan die Marapong-gemeenskap en die risiko van omgewingsbesoedeling deur onbehandelde rioolwater verminder. In ruil hiervoor, sal die behandelde water aan Resgen SA se Boikarabelo myn voorsien word, met tussen 4 tot 16 Mega liters water om in die mynproses gebruik te word. Die water sal via ‘n nuwe pyplyn vir 68 km na die myn gepomp word.

“Ons is natuurlik verlig dat boere se grondwater of boere se kwota uit die Mokolodam nie deur hierdie myn ook bedreig sal word nie. Dit beteken egter nie dat ons die mynbou-ontwikkelings goedsmoeds aanvaar nie,” se Agri SA Limpopo president, Francois van den Berg. “Die rioolwerke kan die probleme in Marapong oplos, mits dit verantwoordelik bestuur word en deurentyd

gemonitor word om te verseker, geen besoedeling vind in Marapong plaas nie. Dis ook belangrik dat die kwaliteit van gesuiwerde water gemonitor word om besoedeling van grond en grondwater in die Steenbokpan-omgewing te voorkom.”

Hierdie ooreenkoms volg op twee jaar se suksesvolle onderhandelings en beplanning met die plaaslike munisipaliteit. “Volgens hierdie ooreenkoms sal ons die gemeenskap voorsien van broodnodige infrastruktuur en terselfdertyd ‘n waterbron vir die ontwikkeling van ons myn verseker,” sê Paul Jury, Resgen se besturende direkteur. Die maatskappy het die tender

laat in 2011 ontvang om die rioolwerke te bou en te onderhou.

Die konstruksie van die rioolwerke kan slegs begin word wanneer Resgen die nodige watergebruikerslisensie van die Departement van Waterwese ontvang.

“ Ons verwag binnekort goedkeuring van ons lisensie-aansoeke. Volgens wet mag ons nie begin om die gebied skoon te maak of met konstruksie begin voor ons nie in besit is van hierdie lisensies nie,” voeg Jury by. “Ons is gereed om die daad by die woord te voeg,” sê Resgen SA se Algemene bestuurder, Hennie van den Aardweg, “maar ongelukkig neem die lisensiëring baie tyd. Die watergebruikerslisensie kan byvoorbeeld tot ‘n jaar neem om uitgereik te word!” As alle tydlyne gevolg word, sal die rioolwerke operasioneel wees teen Januarie 2014.

Resgen SA sal verantwoordelik wees vir die befondsing van die konstruksie en die onderhoud tot die oorhandiging aan die plaaslike munisipaliteit na ‘n jaar. Van die oordragdatum, sal Resgen voorgaan om te betaal vir die onderhoud en bedryfskoste, insluitende versekering vir die 30 jaar termyn van die ooreenkoms. Die totale waarde van die ontwikkeling van die geaktiveerde riool behandelingswerke en afval hanteringsfasiliteite word beraam teen R 160 miljoen.

“Dit is die eerste van vele aktiwiteite wat ons vir die Limpopo-gemeenskappe beplan. Ons verwag om vir die volgende 30 jaar hier te opereer en dit is daarom krities dat ons ‘n goeie verhouding opbou met die gemeenskap,” sê Jury. Die lewensduur van die myn kan tot ‘n eeu strek.

Volgens me Maria Couquet, waarnemende munisipale bestuurder van Lephalale, is hulle verheug oor Resgen se betrokkenheid by die gemeenskap en die feit dat hulle bereid is om te help dra aan die immer groeiende las van ontwikkeling in die gebied.

Die maatskappy beplan om ‘n geraamde 733 plaaslike werkers aan te stel en op te lei. Dit is wel bekend dat Limpopo, saam met die Oos Kaap en Vrystaat, een van die armste provinsies in Suid-Afrika is.

Posted in Agriculture, MiningComments Off

AfriForum loods veldtog teen regering se aanval op Afrikaans in skole

AfriForum het aangekondig dat dit vandag begin met ‘n omvattende veldtog teen die regering se hernieude pogings om Afrikaans as onderrigmedium uit skole te verdring. Die veldtog, Red Afrikaanse Skole, bestaan uit ‘n vyfpuntplan wat ouers maklik kan ondersteun. Dit volg nadat al drie die skole in Fochville wat nog Afrikaanse onderrig bied, deur die Gautengse departement van Basiese Onderwys ingelig is dat die departement hulle sal dwing om met die aanvang van die 2012-skooljaar, groepe Engelssprekende leerlinge te akkommodeer. Twee van die skole is reeds 100% vol, maar die departement steur hulle nie daaraan nie en is ook nie bereid om te oorweeg om die Engelse leerlinge in een van die drie skole te akkommodeer of verder met betrokkenes oor die akkommodasie van die leerlinge te onderhandel nie.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is dit onaanvaarbaar dat skole op dié wyse gedwing word om te verengels. “Telkens word leerlinge wat in Engels onderrig wil word om politieke redes in ‘n Afrikaansmediumskool ingedwing en moet die skool op eie koste na ‘n parallelmediumskool omskakel. Op die langduur word dit dan ‘n Engelsmediumskool en is daar al minder skole waar Afrikaanssprekende leerders op hulle internasionaal erkende reg van moedertaalonderrig binne ‘n Afrikaanse kulturele omgewing kan aanspraak maak.

AfriForum se standpunt dat die onderwysowerhede spesifiek Afrikaanse skole teiken, word volgens Bailey gestaaf deur die feit dat daar landswyd nie ‘n enkele voorbeeld is van waar die minister of onderwysowerhede ingegryp het om ‘n enkelmedium Engelse sekondêre skool se taalbeleid te verander of te dwing om anderstalige leerlinge daar te akkommodeer nie. AfriForum en ouers van Fochville het die grootste simpatie met die massas kinders in hierdie land het wat nie toegang tot goeie onderwys het nie, maar die argument van toegang word telkens egter bloot as handige verskoning misbruik om Afrikaanse skole se taalbeleid te ondergrawe. Die raskaart word dan ook deur die regering bygesleep hoewel Afrikaansmediumskole baie beslis nie net wit leerders akkommodeer nie.‘n Kunsmatige behoefte aan Engelse onderrig word deur die regering geskep om ‘n anti-Afrikaanse agenda te bevorder.

AfriForum het aangekondig dat dit die skole van Fochville van regsadvies sal bedien en reeds R50 000 skenk vir regsaksie in die verband.

Omdat die optrede nie met erkende internasionale minderheidsregte strook nie, sal die veldtog ook geïnternasionaliseer word. Steun vir Afrikaanse onderrig is reeds vanuit Nederland en België belowe.

Die publiek en veral ouers van Afrikaanssprekende leerders word ook aangemoedig om sterk standpunt in te neem teen hierdie magsmisbruik van die onderwysdepartement. Hulle kan AfriForum se Red Afrikaanse Skole-veldtog ondersteun deur:

R10-00 vir regsaksie teen die departement se magsmisbruik te skenk deur die woord SKOOL te SMS na 38655;

Deel te neem aan die beheerliggaamverkiesings wat in Maart 2012 by skole ‘n aanvang neem;

Hulle kinders in Afrikaanse kleuter-, laer- en hoërskole te plaas;

Organisasies soos FEDSAS (vir beheerliggame) en die SAOU (vir onderwysers) te ondersteun;

Die petisie ten gunste van Afrikaanse onderrig by www.afriforum.co.za te onderteken.

 

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

Reënval in Thaba-omgewing

THABAZIMBI – Die inwoners van Thabazimbi en omgewing het heerlike reënweer gedurende die hittige Desembermaand ontvang. Ben Alberts Natuurreservaat het 240mm vir Desember tot Donderdag 12 Januarie 2012 ontvang terwyl Wachteenbietjesdraai sowat 220mm sterk staan. Thabazimbi dorp het tussen 150 tot 180mm op verskeie plekke gemeet terwyl Faan van Vreden van Obaro Thabazimbi-tak hul reënmeter op 144mm leeggemaak het. Volgens statistiek kry Thabazimbi hul meeste reën in Januarie maande met ‘n gemiddeld van 109mm.

 

Posted in Agriculture, NatureComments Off

DLU Afsluiting

DLU sluit jaar af met prysuitdeling

Druckus Vorster, Voorsitter: Saamwerk, het die trofee ontvang vir die vereniging wat hulle lede geld eerste klaar betaal het, en ook die trofee vir die Mees Aktiewe Boere Vereniging. Hier oorhandig Joggie van Brugen en Anneke du Plessis die trofee.

THABAZIMBI – Die jaarlikse funksie van die Distriks Landbou Unie is op 24 November te Thabazimbi Skietbaan gehou.

Boere van die omgewing word aan die einde van die jaar beloon vir hulle harde werk wat hulle deur die loop van die jaar insit. Met die uitdeling van die trofee was dit duidelik dat die boere skouer aan die wiel moes sit om in aanmerking te kom vir die trofee. Na die trofeë afgehandel is, is daar heerlik saam gekuier en weggelê aan die smaaklike ete.

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

-TBZ M SOD TURNING 2

Anglo American Platinum supports Each-One-Settle-One

Joshua Motsomane

MEC for CoGHSTA, Soviet Lekganyane addressing the audience while the CEO of Anglo Platinum, Mr Neville Francis Nicolau and Minister Tokyo Sexwale listen attentively.

NORTHAM – A Sod turning event for the first phase of the Each-One-Settle-One Project was held on Monday 28 November 2011.

The National Department of Human Settlements (NDOHS) entered into a Memorandum of Understanding (MOU) with Anglo-American Platinum. The MOU was signed in December 2008 with the aim of facilitating the process of creating enabling environment for both NDOHS and AAP to build 20 000 housing units, 12 000 in North-West and 8 000 in Limpopo Province.

The 20 000 housing units will be built over a period of ten years within proximity of Anglo American Platinum’s mining operations. The housing units are targeted towards Anglo Platinum employees as part of its housing strategy and Departmental Each-One-Settle-One concept.

“We are indeed to also have in our midst a renowned individual and a stalwart against the Apartheid Regime. He is none other than the Minister for Human Settlement, Honourable Minister Tokyo Sekwale,” said Mayor Patricia Mosito in her welcome address. “From the onset I wish to indicate that a house is synonymous with dignity, respect and self-esteem.

“I wish to take this opportunity to commend the government and the Minister for the sterling work they do in terms of providing houses and invariably re-instating the dignity, respect and self-esteem of our people. The provision of a house becomes a home, a far cry from the mere brick, sand and cement structure. It becomes a place of warmth and security.”

She further commended the Minister and his department for changing the department from the Department of Housing to the Department of Human Settlement. “This holistic approach to human settlement development adds a human touch.

We are indeed proud that in our quest to meet the housing needs we have a company that has far exceeded expectations in the provision of houses in our area.”

Anglo American Platinum mine is in the forefront of companies embracing the aptly coined “Each-One–Settle-One” campaign launched by the Department of Human Settlement.

The campaign is to mobilise the top 200 companies on the Johannesburg Stock Exchange (JSE), stakeholders, private sector institutions and donor agencies to help the department provide people with adequate housing.

“Each-One-Settle-One concept was launch to lobby and mobilize stakeholders, private sectors institutions, donor agencies and ordinary citizens to assist the Department in reducing the backlog of human settlements,” said Minister Sexwale. The minister also said that government alone cannot meet the demand in housing. He further made an appeal to all private sectors to join hands in addressing housing needs to the community.

Earlier on the day the Minister made a sod turning where the new Waste Water Treatment Works will be erected in Northam which Anglo American and the Municipality will fund. He further opened show houses on site at Northam extension 6.

The event was also attended by the MEC for CoGHSTA, Mr Soviet Lekganyane, CEO of Anglo American Platinum mines, Executives from Anglo American Platinum Mines, councillors and officials both Thabazimbi and Waterberg municipalities, officials from NDOHS, CoGHSTA and Anglo American Platinum mines as well as mine workers.

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

VLU

Hannelie, Jakkie en Liz tydens die buitengewone VLU-tema.

VLU sluit jaar afTHABAZIMBI – Die VLU-Thabazimbi tak het op Woensdag 23 November hul jaarafsluiting by ‘n plaaslike restaurant gehou.

Hul buitengewone tema vir die saamtrek was “Grafsteensangers”, wat groot pret tot gevolg gehad het. Die lede het die tema verder geneem en ook na ‘n DVD van dié gewilde kunstenaar gekyk, ‘n bietjie karaoke gedoen en saam geskaterlag en heerlik gekuier en later geskenkies uitgedeel. Die nuwe bestuur vir 2012 is ook tydens die jaarafsluiting gekies.

Almal sien uit na die nuwe jaar en nooi graag alle belangstellende dames om by die tak aan te sluit. Kontak Liz van Tonder by 084 436 4429 vir meer inligting.

Maria en Marietjie die “Grafsteensangers”, tydens die VLU-Thabazimbi tak se jaarafsluiting.

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

VLU boek wenner

VLU-boek Wenner

Die Wenner van die SAVLU Resepteboek is Willem Swanepoel. Op die foto oorhandig Amanda Meintjes die resepteboek aan hom.

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

Northam Boerevereniging

Northam Boerevereniging sluit jaar af

AMANDELBULT – Die Northam Boerevereniging het op 27 Oktober hul jaarafsluiting by die Gholfklub gehou terwyl ‘n reënbui belowend teen die berge uitsak.

Daar is heerlik gekuier tydens die driegang maal en alhoewel die Kerstyd met ‘n somber gemoed weens al die probleme in die land binnegegaan word, sien almal daarna uit om in die nuwe jaar weereens skouer aan die wiel te sit om ‘n verskil in die gemeenskap en in die land te bewerkstellig.

Vir meer inligting aangaande Northam Boerevereniging, skakel of sms Mari Meintjies by 082 086 4915.

Cas en Susan Venter by die Northam Boerevereniging jaarafsluiting.

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

VLU hawaii

VLU bring Hawaii na Swartklip

Hawaii op Swartklip, voor vlnr: Sandra Janecke, Sonya Venter, Cilea Goosen, Rene Laas en Annatjie Dreyer. Middel vlnr: Ursula Joubert, Chantell Steynberg, Bianca Conradie, Mari Meintjes en Amanda Meintjes. Agter vlnr: Marcia Botha, Hannetjie du Plessis en Dina Smith.

SWARTKLIP – Die Northam VLU-tak het op Donderdag 17 November 2011 hul jaarafsluiting op plesierige wyse in en om die swembad van Sonya Venter gehou.

Terwyl daar geteug is aan verfrissende drankies, is die huishoudelike sake afgehandel, en die nuwe bestuur vir 2012 gekies. Elke dame het ‘n piekniekmandjie gebring, wat dan uitgeruil is, en kersgeskenke is uitgedeel. Die gelukkige wenner van die SAVLU Resepteboek is ook getrek, en daarna het die dames in die water baljaar. Die dames is vol ywer om in die komende vakansie hul kompetisie-artikels te voltooi, wat met die Januarie-vergadering ingehandig moet word. Vir meer inligting aangaande Northam VLU, skakel of sms Mari Meintjes 0820864915.

Posted in Agriculture, EntertainmentComments Off

Obaro: Roelf Furstenburg

Obaro en Boernor bied suksesvolle veiling aan

Mnr Roelf Furstenburg van Koedoeskop het die hoogste bod geplaas op ‘n Simbra by die jaarlikse Bulveiling.

NORTHAM – Die jaarlikse Bulveiling, wat by Northam se veilingskraal aangebied is op 4 November 2011 was weereens ‘n groot sukses.

Obaro en Boernor, in samewerking met Vleissentraal het die veiling aangebied by die opgeknapte Northam Veilingskraal. Daar is ongeveer 21 bulle van uitstaande gehalte opgeveil en Mnr Roelf Furstenburg van Koedoeskop het die hoogste bod geplaas op ’n Simbra bul van Falcon Conservation Trust, die bul is vir R36 000 opgeveil. Daar is ook groot groepe verse, kalwers en koeie opgeveil. Falcon Conservation Trust was die grootste verkoper van die dag en Eon en Bert van Aarde van Dwaalboom het die meeste beeste aangekoop op die veiling. Obaro en Boernor wil graag almal bedank vir hulle bydrae en ondersteuning wat van die dag ’n groot sukses gemaak het. Daar word elke Woensdag en Vrydag veilings aangebied by die Northam veilingskraal. Kontak Ockie Goosen by 082 808 2479 vir inligting.

Posted in AgricultureComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

4x4 Paragliding Kumba Nationals Paragliding Kumba Nationals Miswolke oor Thabazimbi Visvang Lugvertonings Kransberge Oppikoppi Marakele Eko roete

Weather Forecast

February 8, 2012, 8:48 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
20°C
real feel: 19°C
humidity: 82%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan    
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools