Verkiesing – Die Mites en Realiteite

Riaan de Villiers, voormalige joernalis en huidig werksaam as kontrak-redakteur en -uitgewer, het ’n artikel geskryf aangaande die mites en realiteite van die afgelope nasionale en provinsiale verkiesing.

Hy sê dat met behulp van die media is die boodskap uitgestuur dat die ANC met ’n 57% meerderheid van stemme in die nasionale verkiesing, die steun van die keisers verkry het om ’n sterk mandaat aan Ramaphosa en die ANC te bied.

Die Saterdag na die verkiesing het die terugkerende president, Cyril Ramaphosa, die verkiesing beskryf as ’n weergalmende uitdrukking van die wil van die mense van Suid-Afrika wat weereens die borrelende energie van ons demokrasie bevestig.

Die indruk word hiermee geskep dat meer as die helfte van die bevolking staan bankvas agter die President en die ANC. Dit sê De Villiers, is ’n groot en gevaarlike illusie.

Met ’n stempersentasie van 65,9% en inagneming van die feit dat die ANC sowat 35% minder stemme getrek het, bring hulle uiteindelike steun op 27,9%, as die registrasie van slegs 74,5% van moontlike kiesers ook in ag geneem word.

Meer as die helfte van moontlike stemgeregtigdes van ongeveer 18 miljoen het nie eens gaan stem nie.

In kontras met wat Ramaphosa kwytgeraak het, is dit nie net die lae vlak van goedkeuring waarmee die ANC die land vir die volgende vyf jaar gaan regeer nie, maar die wettigheid van dié jong en tingerige demokrasie. “Die alarmklokke lui hard en duidelik.”

Hy sê dat stemme regoor die politieke spektrum verlore gegaan het maar diegene wat die swaarste hieronder gaan ly is die arm gemeenskappe wat in die onderste helfte vasgevang is van wat nou die mees ongelyke samelewing in die wêreld is.

Baie hiervan is jongmense wat geen punt daarin sien om by die formele politieke stelsel in te skakel nie. Meer spesifiek, hulle het heeltemal moed verloor om ooit ’n waardige onderrig en kwalifikasie te bekom en self net om ’n formele werk te kry.

Hierdie mense verdien ’n goeie regering, en om staatseiendom af te brand, infrastruktuur te vernietig en te betoog teen swak dienslewering is beslis nie veronderstel om ’n goed funksionerende demokrasie te werk te gebeur nie. Die kanse dat jy op nasionale en provinsiale vlak goed verteenwoordig is, is zero.

Ramaphosa se uitlating dat daar verklaar kan word dat demokrasie die oorwinning behaal het, kan nie eerbiedig word nie aangesien meer as die helfte van die kiesers ’n protesstem uitgebring het deur nie te gaan stem nie, wat eintlik neerkom op ’n stem van wantroue in die demokratiese stelsel.

Dit is ’n absolute mite dat die regering ’n mandaat het om oor die meerderheid van stemgeregtigdes te regeer.

De Villiers het afgesluit deur te sê dat mens maar net kan hoop dat die 400 terugkerende en nuwe parlementslede nie aan hulle miljoen vergoedingspakkette of wat op die parlement se eetsale se spyskaarte is sal dink nie, maar eerder aan die rol wat hulle moet speel om te sorg dat daar na vyf jaar steeds ’n parlement sal wees.

Lokfoto: The Citizen