Mpumalanga – 11 Sterf in kop-aan-botsing

’n Kop-aan-kop botsing tussen ’n minitaxi-bus en ’n beton-menger vragmotor het gisteraand op die R575 tussen Middelburg en Bethal, die lewe van 11 mense geëis.

Die ongeluk het omstreeks 8:45 gisteraand net voor die afdraai na Middelburg plaasgevind en motoriste is tot vanoggend vroeg aangeraai om ’n alternatiewe roete tussen die twee dorpe te vat. Slegs een baan was teen vanoggend oop vir verkeer.

Sewe mense, insluitend die bestuurder van die vragmotor, is ernstig beseer en in die plaaslike hospitaal opgeneem.