AfriForum se aansoek uitgestel tot Donderdag

Die Burgerregtelike organisasie AfriForum het aansoek by die Hooggeregshof gedoen om die verslag van die konstitusionele komitee tersyde te stel en ’n interdik te verkry teen die aanvaarding van die verslag. Die verslag sal op 4 Desember aan die parlement voorgelê word.

Na aanleiding hiervan het die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, gesê dat die hof versoek gaan word om die aansoek van AfriForum van die rol te skraap aangesien dit “oningelig is en die intensie het om die parlement se staatsreg te frustreer om sy eie saak te bestuur”.

Hy het verder gesê dat AfriForum daarop ingestel is om die wil van die mense en die interne prosesse van die Parlement te ondermyn.