Beurtkrag nie uitgesluit oor die naweek

Eskom het Vrydag bekend gemaak dat die kragnetwerk onder druk verkeer en dat daar ’n klein moontlikheid vir beurtkrag oor die naweek bestaan.

Volgens die Eskom Groep Hoof uitvoerende beampte, Phakamani Hadebe, het Eskom daarin geslaag om nuwe steenkool kontrakte aan te gaan om hul dalende steenkoolreserves weer op die nodige vlakke te bring. Steenkool sal vanaf kragstasies met hoë steenkool reserves na die ander stasies wat onder die noodsaaklike vlakke verkeer oorgeplaas word.

Steenkoolvlakke sal ook van die gemiddelde van 25 dae na 28 dae teen die einde van die finansiële jaar verhoog word.

Hy het verder gesê dat multidissiplinêre taakgroepe alles in hul vermoë doen om die nege-punt herstellingsplan te implementeer om die stelsel te stabiliseer.

Eskom versoek Suid-Afrikaanse motoriste om geduld aan die dag te lê met die toename in trokke wat steenkool in Mpumalanga se paaie gaan vervoer om die steenkoolvlakke op die vereiste vlakke te bring.