HFM Ontvang Skenking van Thabazimbi Krisisbeheer

Oor jare heen het die Hoërskool Frikkie Meyer gebruik gemaak van die dienste van plaaslike verskaffers wanneer dit kom by skoolaktiwiteite. Ook wat die gebruik van bystandsdiens tydens sportbyeenkomste betref, is hierdie roete gevolg.

Woensdag 19 September het Thabazimbi Krisisbeheer, verteenwoordig deur Henk Havenga, ‘n skenking aan HFM gemaak as deel van hul bydrae in dié vennootskap.

Die skool het ‘n nuwe immobilisering-stel bestaande uit die plank, nekstut, nekblokke en harnas ter waarde van ongeveer R 5 000 in ontvangs geneem tydens die jaarlikse matriek-res wedstryde.

Hierdie stel maak dit moontlik om enige ernstige sportbesering of besering op die skoolgronde effektief te behandel.

Thabazimbi Krisisbeheer is ook nou betrokke by die opleiding van HFM se noodhulpkorps, daarom stel die skool hierdie bydrae hoog op prys en sien uit na ‘n voortgesette vennootskap met Thabazimbi Krisisbeheer.

20 Sept HFM ontvang skenking van Krisibeheer
Cecilia Schoeman en Johann van Rensburg neem die immobilisering-stel namens Hoërskool Frikkie Meyer in ontvangs van Henk Havenga, Thabazimbi Krisisbeheer.