Medhof Apteek – wenner van Fiat Panda aangewys

Dit is met trots en dankbaarheid dat ons die wenner van die WIN A CAR @ MEDHOF kan aankondig!
15 Sept Medhof Kar 1
Danie Erasmus, wenner van die Fiat Panda, oorhandig die R10 000 skenking aan ‘n verteenwoordiger van die Abraham Kriel Kinderhuis te Modimolle.
Baie geluk aan Danie Erasmus wat een van 10 Fiat Panda’s, geborg deur Alpha Pharm groep, gewen het.
Ons by Medhof hoop vir jou ‘n veilige en geseënde reis toe.

As deel van die kompetisie kon die wenner ook sy liefdadigheids organisasie benoem waaraan hy sy R10 000 donasie, ook deur Alpha Pharm geborg, kon skenk. Abraham Kriel kinderhuis, te Modimolle stap weg met ‘n stewige bedrag van R10 000 wat ons glo hulle handig te pas sal kom!

 

 

15 Jun Soggens vanaf 7 uur

Medhof Apteek gee om vir die Gemeenskap

Dit is ‘n voorreg vir ons hier by Medhof om terug te kan gee aan die gemeenskap! Ons sorg vir oud en jonk en beskik oor die volgende dienste:
Alpha Clin Kliniek met alle kliniek dienste insluitende Baba Club met ongelooflike voordele.
Ons spog ook met ‘n nuwe baba afdeling Bibs n Babes Boutique met ‘n unieke klere reeks en bykomstighede vir babas en kleuters
18 Sept Jagters Gehoor pic 2Klankgrens Gehoor Kliniek vir al jou gehoor en gehoorapparaat benodighede insluitende gehoorbeskerming vir Jagters 
Pensioenaris afslag elke Dinsdag
Afslag op alle pynstillers elke Vrydag en nog vele meer.

 

Kom besoek ons by Medhof Apteek en kom sien vir jouself;
Jou tuiste weg van jou huis.

LAAT MEDHOF APTEEK vir jou Sorg!

Vanderbijlstraat 66 Thabazimbi – Tel: (014) 777 1287
Tye:
Maandag – Vrydag: 07:00 – 18:00
Saterdae: 08:00 – 18:00
Sondae en Publieke Vakansiedae: 08:00 – 13:00 & 16:00 – 18:00

15 Sept Medhof Kar feature
Die wenner van die Fiat Panda, Danie Erasmus, ontvang sy prys by Danie van Niekerk van Medhof Apteek. Kyk gerus maar uit vir hierdie “Designer Fiat Panda” wat vir die volgende jaar in sy ontwerperspakkie in Thabazimbi te sien sal wees en kom maak ‘n draai by Medhof Apteek waar Ons vir Jou Sorg.