Laerskool Thabazimbi se senior Bybelvasvra Kompetisie span Limpopo Wenner

Laerskool Thabazimbi het vanjaar ’n junior sowel as ’n senior span ingeskryf vir die jaarlikse Rapportryers Bybelvasvra Kompetisie.

Die seniorspan het veral uitmuntend presteer deur as die wenners vir Limpopo aangewys te word. Hulle eindig 12de landswyd uit die 94 deelnemende skole.

Tydens die tweede rondte het hierdie span ’n grootse poging aangewend en hulself met 12,5% verbeter om as Limpopo wenners te eindig.

Die juniorspan het ook puik presteer deur algeheel 25ste landwyd te eindig.