Nog meer vloede en modderstortings tref Japan

Meer as 200 mense het reeds hulle lewens verloor tydens deurdringende reën, oorstromings en modderstortings wat die afgelope naweek groot gedeeltes van Japan getref het.

Flits-vloede het in strate afgespoel en grond-swigtinge het klein dorpies oor ’n groot gebied op die Japannese platteland verswelg.

Sowat 73 000 reddingswerkers is deur die regering ontplooi om te help in reddings- aksies en in die soektog na oorlewendes.

Alhoewel baie van die dorpies voorheen swaar neerslae oorleef het, is neerslae van hierdie omvang onbekend.

Kenners reken dat die groot omvang van soveel vloedskade toegereken kan word aan die unieke weersomstandighede wat geweldige neerslae veroorsaak het oor gebiede wat nie hierop voorberei was nie.

Swaar reën het oor die bergagtige gebiede uitgesak wat flitsvloede veroorsaak het soos dit momentum teen die berghange af opgetel het. Die landelike gebiede wat hierdeur getref is, is tuiste van ouer generasies wat nie vinnig ontruim kon word nie en die meeste van die ongevalle is bejaarde mense.

Die massiewe neerslae is veroorsaak deur ’n verskynsel wat deur weerkundiges as “training” of te wel ’n ry van opbouende donderstorms wat deur ’n donderstorm veroorsaak word, wat in die pad van die oorspronklike donderstorm volg, soos die waens van trein.

In hierdie geval was die warm vogbelaaide lug behoorlik uitgedraai soos ‘n spons oor dieselfde gebied, hoog teen die berge met neerslae van meer as 300mm oor ’n tydperk van twee ure.

Die vinnige vloei het baie van die bogrond verwyder wat beteken het dat daar minder grond beskikbaar was om water te absorbeer, wat op sy beurt die flits-oorstromings veroorsaak het.

Met al hoe meer reën wat uitgesak het, is die grond verby hulle versadigingspunt gedryf wat die groot grondverskuiwings veroorsaak het. Hierdie gebiede is op kaarte aangedui as hoë risiko area maar daar was vir dekades geen ernstige probleme nie en die vorige soortgelyke oorstromings was sowat 80 jaar gelede.

Japan is nie onbekend aan natuurlike rampe nie, veral aardbewings en het reeds baie ondervinding as dit by grootskaalse skoonmaak en opbouing van infrastruktuur kom. Kenners reken dat hierdie storm gewys het dat owerhede meer sal moet doen kragtens rampe waar water by betrokke is.

Hierdie is maar net die begin van die sikloon-seisoen met meer reën wat verwag word. Boonop is daar nou minder plantegroei om vog terug te hou.

Volgens die kundiges het die regering goed gevaar sedert 1995 se massiewe aardbewing om die impak van rampe deur aardbewings af te weer, ongelukkig kan nie dieselfde gesê word van hul bekamping van vloedrampe nie – die huidige ramp sal beslis ’n verandering hieraan teweegbring.