NG Kerk Thabazimbi onthaal bejaardes

Die NG Kerk Thabazimbi het onlangs die bejaardes in die gemeente trakteer met ‘n heerlike sop-ete om die winterkoue so ‘n bietjie hok te slaan.

Ds JZ de Jager het die tafelgebed gedoen en almal wat in Junie verjaar geluk gewens waarna hy die gaste wat die ete saam geniet verwelkom het.

Antionette Brits se ertjiesop en Theresa Cloete Pretorius se groentesop was treffers. Die organiseerders bedank Dalien Van Dijk, Kobie Coetzee, Ronel Greeff, Ronel Joubert, Yvonne Van Niekerk, Annelise Kotze en Annetjie Meintjies wat saam gewerk het om die ete moontlik te maak.

Dankie ook aan Wessel en Hilda de Clercq saam met Dalien van Dijk vir die sitrus skenking.

Daar was genoeg kos om ook vir die inwoners by Tambotie Versorgingseenheid sop, brood en lemoene te stuur.