Provinsiale Kleure: Leerlinge van Laerskool Thabazimbi presteer

Verskeie sportleerlinge van Laerskool Thabazimbi het onlangs vir Provinsiale Kleure gekwalifiseer.

Die o/13 Rugbyspelers het goed presteer deurdat sewe van die span hul Provinsiale Kleure verwerf het.

Die o/12 en o/13 Netbalspelers het ook baie goed presteer nadat vier van hulle vir die 0/12 en een vir die o/13 Provinsiale Netbalspanne gekies is.