HFM Sportuitslae van die naweek

Hoërskool Frikkie Meyer se sportspanne het hul segetog van verlede naweek se liga-wedstryde teen Hoërskool Ellisras die afgelope naweek van 5 Mei voortgesit toe hulle teen spanne van Hoërskool Hans Strydom te staan gekom het.

Al die Netbalspanne wen hulle wedstryde terwyl net een van die rugbyspanne en een van die hokkiespanne die knie voor hul teenstanders moes buig.

Die Netbalspanne se uitslae is as volg:
o/14-B wen 17-14; o/14-A wen 22-10; o/15-A wen 41-0; o/16-A wen 33-7; die Tweedespan wen 41-3 en die Eerstespan wen 51-9.

5 Mei HFM Rugby uitslae
Puntebord van Saterdag se rugby-uitslae (Dankie Scott)

HFM se Rugbyspanne vaar as volg:

o/14-A wen 43-0; o/14-B wen 17-0; o/15-A wen 19-0; o/16-A verloor 28-33; Derdespan wen 17-12; Tweedespan wen 44-0 en die Eerstespan sorg vir ‘n wegholoorwinning van 65-0.

HFM se junior rugbyspanne speel baie goeie rugby en wen hulle wedstryde gemaklik met die o/15-A span waarvan die spel elke week verbeter.

 

 

Die Hokkie uitslag is as volg:
o/14-A verloor 3-1; o/15-A wen 5-0; o/16-A wen 2-0; Tweedespan wen 3-0 en die Eerstespan wen 4-2.

Die volgende rondte van liga-wedstryde vind komende naweek teen Hoërskool Piet Potgieter plaas.

Hoërskool Frikkie Meyer se Gholfspan het die Suid-Streek liga gewen nadat hulle in die Limpopo Skole finaal teen Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Piet Potgieter en Stanford Lake te staan gekom het.

Dit is die tweede jaar wat HFM ‘n afdeling in die liga wen.

JL Steenekamp was die yster hier wat ‘n besonderse rondte gespeel het en al drie sy opponent geklop het.
Die gholfspan bedank dan ook Thabazimbi Gholfklub wat lesse en klinieke gratis aan die spelers bied.