Polisie gee opdrag om Hawaii woongebied te ontruim

Die Kilaunea Vulkaan op Hawaii het die afgelope week aktief geraak en mense is uit woongebiede ontruim.

Nuwe breuke het Saterdag 5 Mei in die woonbuurte gevorm met klein hoeveelhede lava wat uitgespoeg is. Teen die aand 09:00 het lavafonteine tot so hoog as 70m hier uitgespuit.

Verskeie huise is ook reeds deur die vuur vernietig.

Die Verenigde State se Geologiese Opnamespan het Woensdag gesê dat hulle steeds nie met sekerheid kan voorspel wanneer en of daar ‘n vulkaniese uitbarsting sal wees nie maar indien dit gebeur, sal dit aan die oostekant van die vulkaan wees.

Op daardie stadium het die Hawaii polisie die publiek meegedeel dat toegang tot Leilani en Lani streke van die laer Puna gebied gesluit is weens stoom en lava uitbarstings deur ‘n kraak in een van die strate.

Sien meer by:

https://www.youtube.com/watch?v=L-7psT1Mv-I