Blou Bulle Kontrak vir Kranige HFM Rugbyspeler

William Thulare, kranige rugbyspeler van HFM, wat onmiddellik bekendheid verwerf het na daardie allemintige skop in die finaal teen Ben Vorster, het ‘n aanbieding van die Blou Bulle rugbyunie gekry.

Volgens die kontrak sal William in die kamp opgeneem word om deel van die Bulle se span spelers te word wat rugby as ‘n professie beoefen.

William se kontrak sluit onder andere ‘n maandelikse inkomste, verblyf in een van die sogenaamde “rugbyhuise” en toegang tot al die fasiliteite in.

Ontwikkeling op persoonlike vlak word ook gedoen en uiteraard word daar geleenthede gebied vir provinsiale en nasionale verteenwoordiging.

Saam met hom op die foto is HFM se Rugby organiseerder Pierre van Jaarsveld.