Skrywershoekie – Vir die skrywers in ons midde

Na aanleiding van die gesprek: “James gesels met Pieter Coetzee van Kwêvoël” verlede Vrydag op Waterberg Stereo, het ek besef dat daar baie leemtes is in die geskiedskrywing van die Thabazimbi Bosveld, die mense wie se spore diep getrap lê maar deur die Augustus winde toegewaai is, het ek besluit om hierdie kategorie deel te laat uitmaak van dit wat Kwêvoël aan sy lesers wil nalaat.
Lesers word uitgenooi om brokkies oor julle jare – voor 1960 – in die Thabazimbi Bosveld in te stuur vir publikasie. Indien julle foto’s het – soveel beter.
Ek begin my eie storie uit ‘n snaakse hoek, ‘n hoek wat meer sin sal maak soos ek verder gaan.

Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël

Hoofstuk 1
Bekker Skoolplaas vroeë veertigs – Die Oorlogsjare

Hierdie hele storie het by ‘n skool begin – Bekker Skoolplaas, nou Bekker Hoër, gedurende die laat dertigs-vroeë veertigs van die twintigste eeu. Soos sy oorspronklike naam aandui, was die skool op ’n plaas wat aan die regering, en nie noodwendig aan die departement van onderwys behoort het nie.

Die nuutgebore Afrikaner-nasie moes sy eie heil onder die heerskappy van Engeland bewerkstellig. Na die uitgerekte Anglo-Boereoorlog (1899-1902) met die verskroeide aarde-beleid van Engeland, is die boerenasie nie met mildelike geldelike bystand, soos wat met Duitsland die geval was na afloop van die Tweede Wêreldoorlog, gered nie. Bystand wat Duitsland gehelp het om sy fabrieke wat gedurende die oorlog her op te bou met moderne vervaardigingstoerusting waar oor die geallieerdes nie noodwendig beskik het nie. Gou was Duitsland ’n wêreldmoondheid met tegnologie wat hulle steeds as perfeksioniste identifiseer. Dit is nie net met hulle toonaangewende motors nie, maar ook op verskeie ander gebiede wat hulle nou nog as leiers in hul veld in die wêreld gereken word.

In Suid-Afrika moes die boere veg om erkenning, nie net vir dit wat hulle tydens die Anglo-Boereoorlog verloor het nie, maar as nuwe nasie met sy eie taal. Lank is daar op die boerenasie afgekyk en selfs in berigte wat die wêreld ingestuur is deur die Engelse media, is die Afrikaner as ’n agterlike nasie voorgehou.

Alhoewel die Britte hard probeer om die koloniale taal en leefwyse op die boere af te dwing, het die boere na die oorlog hul afgebrande plase weer opgebou tot eerste-wêreldse produsent van voedselstowwe wat nie net sy in sy eie behoeftes kon voorsien nie, maar ook regoor die wêreld afsetpunte bereik het. Hier hoef mens net te dink aan die gehalte landgoedwyne waarmee Suid-Afrika wêreldwyd erkenning geniet.

Tegnologie en hulp aan die boere het nie van die Britse regering afgekom nie, maar die boerenasie is hulle ook besteel van hulle minerale rykdomme met al die myne wat Engeland na die oorlog eienaarskap van geneem het en waarvan baie min van die inkomste in Suid-Afrika se skatkis beland het.

Neem maar hier as voorbeeld die kroonjuwele waar die grootste diamond tot dus ver in die wêreld, die Cullinan Diamant. ’n Allemintige meneer van 3,106.75 karaat wat in 1905 in Cullinan in Suid-Afrika gemyn is en aan die Britse heerser Koning Edward VII vir sy 66 ste verjaarsdag geskenk is en uiteindelik as juwele in die Britse Monarg se kroon en ander amptelike behangsels beland het. ’n Geskenk vanaf die Britse koloniale regering aan bewind in sy nuutste kolonie – die onafhanklike republieke van die Oranje Vrystaat en Zuid-Afrikaanse Republiek nou ingelyf by Natal en die Kaap, wat reeds voor die Anglo-Boereoorlog deur Britse besetting as Britse kolonies bestaan het.

Hierdie was die suiwerste juweel diamant nog ooit gevind is en die grootste diamant wat hieruit gesny kon word, het 530,4 karaat geweeg.

Buiten vir nog ’n paar knewels wat uit die diamant gesny is, is sowat 250 karaat se diamante in ’n verskeidenheid van juweliersware gebruik en is tans in die private besit van die huidige heerser, Koningin Elizabeth II wat dit by haar ouma geërf het.

Deesdae word dit bloed diamante genoem. Tereg ook want die bloed van duisende Britse soldate wat vir die glorie van Brittanje hul stempel hier aan die Suidpunt van Afrika kom afdruk het om die land te besteel, dra die monargie met trots om hul halse.

Die konings word daarmee gekroon en die staf wat ingedra word tydens die Britse Parlement-opening, drup van die bloed met elke tree wat dit oor die lengte van die rooi mat gedra word.

Dit is duidelik dat Brittanje deur die dekades nog nooit enige boetedoening teenoor die volke in Suid-Afrika gedoen het nie, nie eens jeens die 26 000 Afrikaner vroue en kinders en talle swart mense wat vermoor is op die onmenslikste manier, naamlik die weerhouding van basiese geriewe, voeding en gesondheidsorg, waar hulle in haglike omstandighede in die konsentrasie kampe regoor die land gevange gehou is nie.

Die Duitsers was nie eerste met die gruwelike oorlogsmisdade nie. Hulle het Brittanje se voorbeeld gevolg en die lot van miljoene Jode in die lande wat hulle beset het, is baie dieselfde as dit wat Brittanje in Suid-Afrika gedoen het deur onskuldige mense te vermoor toe hulle nie daarin kon slaag om die oorhand te kry nie.

Die Engelse het die Afrikaners probeer afkraak as mense met gee kultuur, mense wat vuil lewe, met geen sin van higiëne en wat boonop baie dom is. My eie pa, wat in 1905 gebore is en wat eers op die ouderdom van 9 jaar die eerste keer geleentheid gekry het om skoolonderrig te ontvang, moes hierdie vernedering deurmaak van Engelse onderwysers wat jou met ’n bordjie om jou nek wat lees “ASS”, of te wel donkie (domkop) straf waar jy in die hoek moes staan waar almal jou kan sien, indien hulle in die klas jou sou betrap dat jy Afrikaans sou praat.

Die boere het maar vergewe en vergeet en net so die Doringboompie van Totius, het die geknakte boompie sy eie wonde deur die tyd genees met die salf van eie gom.

Die Afrikaners was nie onnosel nie en het die nuwe tegnologie wat Brittanje gelewer het omarm en gebruik om sy eie ekonomie in die vervaardiging-, mynbou, landbou en bykans elke sfeer op te bou. Hierdeur het hulle op talle gebiede uit gestyg as ’n Eerste-wêreld land met sy eie skole en universiteit wat gegradueerdes gelewer het wat by enige ander wêreldklas universiteit, instansie of beroep hoog in aanvraag was.

Engeland het die Afrikaner-kultuur probeer doodmaak. Hy kon dit nie regkry nie. As kultuur eers gevestig is, is die fondament om te oorleef reeds gelê.

Die Afrikaanse taal, juis seker omdat die Engelse dit probeer uitroei het, was te sterk om uitgeroei te word en was die heropbou van die nasie deur middel van die taal een van die groot bydraende elemente tot nuwe groei in die Afrikaner nasie gelei het.

Privaat skole is begin. Skole soos Paarl Gimnasium, Potchefstroom Gimnasium, Afrikaan Hoër Meisie en Seunskole en eie Afrikaanse universiteite soos Stellenbosch, Potchefstroom, Pretoria en later die Randse Afrikaanse Universiteit, het uit Afrikaner oorde ontstaan.

Die oorlewing van hierdie inrigtings is tans almal in die weegskaal as gevolg van massas wat geakkommodeer moet word.

Massas swart mense wat nog nie eens tot by die kultuur van groei deur kennis ontwikkel het nie. Swart mense wat nieteenstaande die feit dat hulle geskiedenis hier aan die suidpunt van Afrika omtrent net so ver teruggaan as die eerste wit mense se landing aan die Kaap, steeds stamgebonde is met elke stam wat sy eie taal praat. Fanagalo, die “myntaal” is seker die naaste wat hulle aan een taal in die volgende duisend jaar sal kom, tog word dit ook as ’n “Slawe-taal” verwerp alhoewel al die myners dit gebruik om mekaar te verstaan synde dat die swart werkers uit verskeie stamme in die myne werk en hulle nie mekaar se taal kan verstaan nie.

Dit in teenstelling met die wit mense wat uit verskeie land hulle hier aan die ongerepte Afrika se suidpunt ’n nuwe bestaan gemaak het en tweehonderd jaar later net een taal, buiten Engels wat die koloniale taal was, gepraat het.

’n Verdere bydrae wat die Afrikaner moes doen was die ontwikkeling van plaasskole op plase waar boerdery-praktyke deel van die daaglikse lewe was aangesien die meeste kinders ’n boerdery agtergrond gehad het en beroepe soos ingenieurswese, of enige ander beroep in die wetenskappe nie toeganklik vir die gemiddelde gegradueerde was nie.

Na Uniewording het die Suid-Afrikaanse regering meer magte bekom en die plaasskole is orals in die yl bewoonde landelike gebiede geopen, in die veronderstelling dat die skole, in die meeste kosskole wat koshuis akkommodasie aan leerlinge gebied het, redelik onafhanklik sover voedsel aan betref, kan voortbestaan.
Bekker was een van hierdie skole.

(Word volgende week vervolg – Groenvlei Sentrale Skool op Sentrum)