Die Kwêvoël

Hardekoolnaweek by Laerskool Thabazimbi

Die jaarlikse Hardekoolnaweek, waartydens Ruby- en Netbalspanne van verskeie skole teen mekaar te staan kom, word Saterdag 10 Maart op die sportvelde van Laerskool Thabazimbi aangebied.

Die spanne wat gaan deelneem is:
Rugby: o/9, o/10, o/11, Derde-, Tweede- en Eerstespanne.
Netbal: o/9 tot o/13 A- en B-spanne.

Wedstryde begin 08:30.

Die deelnemende skole is Laerskole Thabazimbi, Pietersburg, Die Arend en Proteapark.
Maak gerus ‘n draai en kyk hoe die nuwe spannetjies hul voete vind so aan die begin van die seisoen.