Die Kwêvoël

Drie Atlete van Laerskool Thabazimbi uitgenooi na SA’s

Drie atlete verbonde aan Laerskool Thabazimbi is uitgenooi om aan die SA Atletiek Kampioenskappe te gaan deelneem.

Die Kampioenskappe vind vanaf 15 tot 17 Maart in Paarl in die Wes-Kaap plaas.

Die drie atlete is op die hoof-foto van links: Carli Fouché silwer medalje (Gewigstoot Do/10: kwalifiserende afstand vir SA 8.1m), HJ Koekemoer (80m So/10 kwalifiserende tyd vir SA 11.09 sek asook 100m kwalifiserende tyd vir SA 13.72 sek) en Chénell Fouché Do/13, silwer medalje Gewigstoot Do/13 kwalifiserende afstand vir SA 10.6m).