Die Kwêvoël

Bespreek nou om kunstenaars steeds op die verhoog te sien

Kom ondersteun asseblief die pogings om bekende kunstenaars na Thabazimbi te bring. Moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar dat die kunstenaars self sal kom sonder vergoeding nie. Kaartjies is goedkoop teenoor die uitgawe om stad toe te rye en daar toegang te betaal om hierdie uitnemende kunstenaars lewend op die verhoog te ervaar.

Volgende op die lys van kunstenaars is Chris Else wat reeds bekend is in Thabazimbi. Chris se optrede is op Vrydagaand 16 Maart om 19:00.

Kaartjiepryse is R150 per persoon en die gehoor word weereens genooi om ’n piekniekmandjie te pak en die vriende saam te bring vir uitstekende vermaak en gesellige samesyn.

Voorafbesprekings is noodsaaklik. Help die KunsteGrot om steeds in die toekoms hierdie uitstekend vertonings deur ons top kunstenaars op Thabazimbi se verhoog aan te bied.

Vir meer inligting, kontak Rita by 083 744 8559 vir besprekings en verdere navrae.