Die Kwêvoël

Vier Melktertdag saam met Komma Nader Koffiekroeg

Gister het heelwat lesers ‘n heerlike koppie koffie met melktert by Komma Nader Koffiekroeg in Heuwelkruin Thabazimbi vir die amptelike viering van Melktertdag geniet.

Hooffoto: Wilna du Preez en Ria Marx was van die eerste Kwêvoël lesers om op die advertensie van Melktertdag by Komma Nader Koffiekroeg te reageer en het daar en dan besluit om mekaar daar te ontmoet.