CANSA Shavathon by Buco 27 Februarie

KANSA personeel staan vandag, 27 Februarie, gereed by Buco Thabazimbi om jou hare te skeer of kleur teen ‘n donasie in die stryd teen kanker. Op die foto is die Bestuurder van Buco Thabazimbi, Dirk, saam met die twee dames van KANSA wat die skeer en kleurwerk doen. Hulle is Nancy van Staden (regs – Fondsinsamelaar beampte van die Lephalale-tak waaronder Thabazimbi sorteer) en Nandi Gouws (links).

Gaan maak gerus ‘n draai by Buco waar die dames tot 16:30 gereed staan met hul spuitverf en haarknippers. Koop sommer ook ‘n worsbroodjie terwyl jy saam kuier.

Kom skeer en kleur jou hare en maak daarmee saam ’n donasie aan KANSA wat aangewend word in die stryd teen die bekamping van kanker.

Vanaf 09:00 Dinsdag 27 Februarie staan die KANSA vrywilligers gereed om jou hare te skeer en wild te kleur as bewys daarvan dat jy ook jou deel bygedra het in die stryd teen ’n siekte wat tog beveg kan word indien dit vroegtydig gediagnoseer word.

Die aanbieders staan ook gereed met raad en inligting om kanker vroegtydig te bespeur en te behandel.

Kom ondersteun die dag by Buco en wys jou ondersteuning aan die mense wat Kanker oorleef het.

Donasies beloop R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12.

27 Feb Cansa Thabazimbi Buco