Die Kwêvoël

Groter, ruimer Yaris vat marksegment aan met krag

By Northam Toyota weet ons dat die prys wat jy ontvang asook die gehalte diens wat gelewer word vir jou uiters belangrik is wanneer jy ‘n voertuig aankoop. Die verkoopspan by Northam Toyota streef om jou die beste kliëntediens te gee.

Northam Toyota bied ook ‘n volledige diensfasiliteit aan met hoogs opgeleide en bekwame tegnici wat gevorderde toerusting en tegnologie gebruik om te verseker dat u voertuig die hoogste vlak van aandag kry.

 

 

Nuwe, groter Yaris kom kom eis sy deel van die pad

Die splinternuwe groter Yaris luikrug met sy groter bagasieruimte wat 8% groter is as sy voorganger, wat in 2005 reeds die mark betree het, vat beslis sy kompetisie in hierdie marksegment aan.
Met soveel kompetisie in dieselfde segment, was sy impak destyds op verkope nie duidelik sigbaar nie. Met die voortdurende verandering in die markbehoefte, het Toyota besluit dat die tyd ryp is om die nuwe, groter Yaris bekend te stel.
Die groter bagasieruimte is moontlik gemaak met die 165mm in lengte en 5mm in wydte wat tot die nuwe modelle toegevoeg is. Alhoewel dit klein mag klink, maak dit ‘n groot impak op die bagasie en groter kajuit ruimte wat toegevoeg is teenoor die ou modelle.

Die vier modelkeuses, die Xi, Xs en Cross asook ‘n Sport beskik almal oor dieselfde kragbron, naamlik Toyota se beproefde 1,5 liter 4-silinder petrol enjin wat 79kW en 140Nm wringkrag lewer.

Die voorwielaandrywing is beskikbaar met ‘n 5-gang handratkas of ‘n Konstante Varieerbare Ratkas (CVT – Constant Variable Transmission) in die Xs model vir gemaklike stadsverkeer.

Volgens Toyota se spesifikasies is die petrolverbruik van die handrat model 5,9 en die CVT model 5,8 liter/100km.

Die modelle is beskikbaar in sewe nuwe opwindende reeks kleure wat wissel van gletser-wit tot Donkerblou Matallic.

Vanaf die intreevlak Xi bied al die modelle sleutelvrye toegang en aansitter drukknop, radio met USB en Bluetooth funksies, multifunksie inligtingskerm, elektries verstelbare kantspieëls. elektriese voorste kantruite, kragstuur en lugversorger.

Die Xs kom standaard met outomatiese ligte, 16-duim allooi wielvellings, intrekbare kantspieëls, elektriese vensters agter en LED dagligte.

Die Cross bied ‘n paar kosmetiese variasies terwyl die Sport, die vlagskip, jou ‘n “Optimum” instrumentpaneel, leersitplekke, LED agterligte, klimaatbeheer lugversorging en voorste misligte asook ‘n aantal kosmetiese ekstras bied.
Buiten vir die X1-model is die raakskerm infotainment stelsel standaard in al die ander modelle en bied jou FM/AM radio, USB en Bluetooth toegang, Dit is ten volle slimfoon geïntegreer met Apple CarPlay en Android Auto plus satelliet navigasie (GPS) as deel van die pakket.

Die hele reeks kom standaard met bestuurder en passasiers lugsakke, ISOFIX hegpunte, ABS remme met rem ondersteuning (BA), Stabilitietsbeheer (VSC) asook helling ondersteuning. Die Sport model het nog addisionele lugsakke insluitend bestuurders kniesakke.

Alle Yaris modelle is vergesel van ‘n 3-jaar/45 000km diensplan en ‘n 3-jaar/100 000km waarborg met diensintervalle van 15 000km.

Northam Toyota – Tel: 014 784 0308

H/v Dwars & Venter Straat, Northam

S 24° 57’ 31.3” – E 27° 15’ 54.8”

Maandae – Vrydae: 08:00 – 17:00

Saterdae: 08:00 – 12:30

Sondae en publieke vakansiedae: Gesluit