Onrus in die Maldives: President weier om hofuitspraak te eerbiedig

Die Maldives polisie het die hoofregter van die land se Hooggeregshof, Abdulla Saeed en nog ‘n regter, Ali Hameed, in hegtenis geneem terwyl die politieke spanning in hierdie Indiese Oseaan nasie toeneem nadat die land se regering ‘n noodtoestand aangekondig het.

Die onrus volg nadat die land se president, Abdulla Yameen geweier het om ‘n hofbevel te gehoorsaam om politieke afvalliges wat die regering teenstaan vry te laat.

Die hof het verlede week uitspraak gelewer dat die opposisie politici uit aanhouding vrygelaat moet word. Die hof het ook bevind dat die 2015 hofsaak van die voormalige president, Mohamed Nasheed, wat nou in ballingskap leef, onkonstitusioneel was.

Maldives bestaan uit 26 koraal atolle, ringvormige koraalriwwe wat ‘n relatiewe vlak strandmeer omvou, asook 1 192 individuele eilande waar toerisme ‘n belangrike rol in die land se ekonomie speel.

Sedert President Yameen se magsoorname in 2013 is vryheid van spraak aan bade gelê, aanhouding van opposisie partylede het toegeneem en die onafhanklikheid van die land se justisie het ook onder skoot gekom.

Nasheed, die land se eerste demokratiese verkose leier, het aan die BBC gesê dat die aksie van die regering is totaal onwettig en kom neer op ‘n staatsgreep.

Brittanje het ook toeriste gewaarsku om versigtig te wees om nie vasgevang te word in die struwelinge nie.