Die Kwêvoël

Kontrei Nuus: Rekord-oes groot by HFM Interhuis Atletiekbyeenkoms

Hoërskool Frikkie Meyer het Dinsdag 23 Januarie vir ’n aanskoulike Interhuis Atletiekbyeenkoms gesorg met verskeie nuwe rekords wat opgestel is en sekerlik die grootste opgewondenheid van die dag was ’n 45-jare oue Geleentheid-rekord wat uiteindelik gebreek is.

Dit was naamlik die Interhuis rekord vir die So/16 200m item wat vir 45 jaar agter die naam van R Steenkamp gestaan het en wat in 1973 opgestel is.Tydens vanjaar se Interhuisbyeenkoms is dit deur Junior Mkhabela opgestoot na 23,00 sek.

Die byeenkoms is deur die Rooispan met 1013 punte gewen. Die Witspan was tweede met 980 punte en die Blouspan derde met 847 punte.

Die Rooispan het tot die laaste item hard gespook en die massa aflos met meer as ‘n oorgee gewen.

Die Blouspan het die Sangbeker gewen terwyl die Witspan die trofee vir die span met die beste opkoms tydens die geleentheid ontvang het.

Die atlete wat rekord verbeter het, was die volgende:
So/16: Junior Mkhabela (200m) – IH 23.00 (Hierdie rekord het vir 45 jaar agter die naam van R Steenkamp gestaan wat dit in 1973 opgestel het)
So/19: William Thulare (110m Hekkies) – IH + BA: 14.7 Sek
So/19: Nelson Mammabolo (110m Hekkies) – IH 15.1 Sek
Do/14: Cara Pieterse (Skyfwerp) – IH 25.77m asook (Gewigstoot) – IH 10.75m
So/14: Nicolas Snyman (Gewigstoot) – IH 12.57m (Hierdie rekord is vir 10 jaar deur Kuifie van den Berg gehou en is in 2008 opgestel)
Do/15: Chane van der Berg (Spiesgooi) – IH + BA 32.20m
Do/17: Janie du Plessis (Spiesgooi) – IH + BA 33.61m
Do/17: Chane Ras (Spiesgooi) – IH 31.89m sowel as (Gewigstoot) – IH + BA 12.77m (Hierdie rekord het vir 22 jaar aan A Kruger behoort wat dit in 1996 opgestel het)
So/17: Devoux Deysel (Spiesgooi) – IH + BA 70.26m (Duvoux het hiermee die 34 jaar oue rekord van Pieter van Deventer, wat hy in *1984 opgestel het, verbeter).

Die beste junior en senior veld- en baanatlete is na afloop van die byeenkoms aangewys. Hulle is:
Beste Junior Seun Baan: Kgosi Medupi (Rooispan) 100m So/14 – 13,20 sek (608 punte)
Beste Junior Seun Veld: Morné Pistorius (Rooispan) Hoogspring So/15 – 1,70 m (864 punte)
Beste Junior Dogter Baan: Mariska Coetsee (Blouspan) 800m Do/15 – 2:38:00 (576 punte)
Beste Junior Dogter Veld: Twana Nel (Rooispan) Hoogspring Do/15 – 1,40m (768 punte)
Beste Senior Seun Baan: Junior Mkhabela (Rooispan) 200m So/16 – 23,00 sek (913 punte)
Beste Senior Seun Veld: Devoux Deysel (Blouspan) Spiesgooi So/17 – 70,26m (1041 punte)
Beste Senior Dogter Baan: Michayla Mulder (Rooispan) 100m Do/19 – 13,70 sek (570 punte)
Beste Senior Dogter Veld: Charne Ras (Witspan) Gewigstoot Do/17 – 12,77m (877 punte)
Beste Seunsatleet vir die dag: Devoux Deysel met die 1041 punte wat hy met die spiesgooi So/17 verdien het.
Beste Dogtersatleet van die dag: Charne Ras met die 877 punte wat sy met haar gewigstoot Do/17 verdien het.

Devoux Deysel het ook die trofee ontvang vir die beste enkelprestasie vir die dag.

* Die Interhuisbyeenkoms van HFM in 1984 was ook die eerste van al die Interhuisbyeenkoms van HFM waaroor Kwêvoël verslaggewing gedoen het vir die afgelope bykans 35 jaar.