Die Kwêvoël

12 Sterf toe Passasierstrein vragmotor tref

Ten minste 12 mense is dood en ‘n verdere 268 beseer toe ‘n Shosholoza passasierstrein net na nege uur vanoggend, Donderdag 4 Januarie, net buite Kroonstad ‘n vragmotor getref het wat volgens ‘n passasier versuim het om by ‘n spoorkruising stil te hou.

Die bestuurder van die vragmotor het vermoedelik van die toneel af weggehardloop maar is volgens ‘n passasier, deur die polisie in hegtenis geneem.

Volgens een van die passasiers, Tiaan Esterhuizen, het hy en sy familie daarin geslaag om van die trein af te klim, waarna hy toe drie vroue wat binne die gebuigde wrak vasgekeer was te hulp gesnel het. Twee van die vroue was bo-op mekaar terwyl ‘n derde se voete vasgevang was in die staalstruktuur.

Volgens een van die vroue was daar ook ‘n baba saam met hulle maar sy soektog na die kind het niks opgelewer nie.

Daar word verwag dat die dodetal verder kan styg.

Bron: BBC Africa Live