Die Kwêvoël

Nuus uit die buiteland – Amerika gaan bibber met Nuwejaar

With snow on the ground, a person walks across the street on Tuesday, Dec. 26, 2017, in Boston. The storm that gave New England a white Christmas has moved out and is being replaced by dangerous cold. Temperatures in Massachusetts, Connecticut and Rhode Island are not expected to rise out of the 20s all week and could dip into the single digits. (Suzanne Kreiter/The Boston Globe via AP)

Vriesend Poolwinde vanaf die Noorde oor Kanada tref Amerika tans wat nuwe rekords opstel in terme van sneeuneerslae oor die Verenigde State.

Die kern van die koudste winde skuif vanaf die Amerikaanse Midwest na die noordooste en weervoorspellers reken dat dit die koudste Oujaar vir die meeste inwoners in ‘n lang tyd gaan wees.

Die winde word oor Kanada gejaag en New York se Oujaarsdag sal heelwat kouer as gewoonlik wees.

Die nasionale weerdienste het waarskuwing van buitengewone koue uitgestuur vir dele van die noordooste, middeweste, wes- sowel as New England en mense gewaarsku om altyd beskutte klere te dra om hulle teen bevriesing (Frostbite – ‘n woord wat nie in Afrikaans bestaan nie – seker as gevolg van die milde sonskyn) te beskerm.

Bevriesing tree in net na sowat 30 minute van blootstelling aan die elemente.
Hipotermie waar die liggaamstemperatuur daal tot onder vlakke waar dit ophou funksioneer kan ook vinnig intree.

International Falls, Minnesota, het ‘n rekord minimum temperatuur van minus 36º Fahrenheit (-18º Celsius) vanaf die vorige rekord van minus 32º Fahrenheit aangeteken. Volgens CNN kan jy uiterste koue verwag as die stad wat bekend is as die koudste stad in Amerika nuwe rekord koue temperature aanteken.

Volgens hulle sal temperature oor die algemeen 10 grade kouer wees behalwe in Kalifornië, die Suidweste, Suidelike Texas en Suid Florida.