Die Honger-Vetsug Paradoks

Statistieke wys dat een uit vier kinders onder die ouderdom van drie in Suid-Afrika, aan vertraagde groei ly, wat beteken dat hulle korter is as die gemiddelde lengte van ander kinders in dieselfde ouderdomsgroep. Dit wys daarop dat hulle aan kronies mikrovoeding tekorte ly.

Hierdie kinders sal heel moontlik 25% minder as hulle welgevoede eweknieë as volwassenes, volgens die “The Lancet” verslag wat in 2016 oor kinderjare ontwikkeling gepubliseer is, verdien.

Terselfdertyd word genoem dat sowat 40% van Suid-Afrikaanse vroue oorgewig of vetsugtig is. Die feit dat kinders wat aan vertraagde groei lei meer geneig is om in huishoudings met ‘n oorgewig of vetsugtige moeder figuur groot te word, wys ook op die honger-vetsug paradoks, die resultaat van ‘n industriële voedsel-stelsel waar baie gemeenskappe toegegooi word onder goedkoop kalorieë maar nie noodwendig met goeie voedings waarde nie.

Kinders uit hierdie huise is as volwassenes ook meer geneig tot kroniese siektes soos diabetes en vetsug.

Armoede is een van die redes wat lei tot vetsug. Dit is ‘n tendens wat merkbaar is in ontwikkelende lande as gevolg van die verandering in voedsel stelsels, veral ten opsigte van geprosesseerde voedsel.

Die Lancet verslag noem ook dat ‘n suiker-belasting wat in Mexiko ingestel is om die gebruik van suiker as versoeter in koeldranke aan te spreek, ‘n vermindering van 7,6% in die gebruik daarvan binne die eerste twee jaar tot gevolg gehad het. Die idee is dat die belasting hierop aangewend behoort te word vir die behandeling van siektes weens die langdurige blootstelling aan suiker. Of so iets werkbaar in Suid-Afrika sal wees, buiten dat vetsug sal afneem, sal die geld beslis nie hul eindbestemming bereik met al die addisionele belastings wat in ‘n donker gat verdwyn nie.

Die Wêreldgesondheids Organisasie (WHO) het ook voorgestel dat daar wêreldwyd pogings aangewend moet word om beperkings te plaas op die bemarking van kitskos aan kinders, verbruikersvriendelike etikette, belasting op drankies wat suiker bevat en standaarde daar te stel om te verseker dat kos vir skole weg beweeg van ongesonde voedsel.

Al hierdie maatreëls is ‘n behoefte aan wetgewing om die dominansie van multinasionale korporasies, wat die afgelope dekades gekapitaliseer het op ‘n vrye mark en massiewe winste gemaak het deur die voedsel-stelsel in hul guns te swaai, aan te vat.

Hierdie denkwyse verskuif die fokus van inmenging in die publiek se persoonlike reaksie deur voorligting en eerder te fokus op dit wat dit vir die individu moeilik maak om die regte voedsel en leefstyl keuses te neem maar maklik om die verkeerde keuses te neem.

Uiteindelik word besef dat dit nodig is om die ongesonde voedsel-omgewing te verander in plaas daarvan om die individu leiding te gee oor hoe om binne hierdie omgewing op te tree.

Bron: Leonie Joubert – ‘n vryskut wetenskaplike skrywer en outeur van “The Hungry Season: Feeding South African Cities.