Die Kwêvoël

Laerskool Thabazimbi se leiers vir 2018

Die volledige span leiers van Laerskool Thabazimbi vir 2018 is van links agter: Driekus du Plessis, Joshua de Beer, PD Botha, Chrisjan Bornmann, Tristan Baard, Lené Lategan, Izandri Joubert, Chénell Fouché, Michaela de Jesus en Anina de Swardt. Middel: Gerdro Grobler, Albert Herbst, Christiaan Joubert, Jacques Kotze, Owen Myburgh, Annatjie Potgieter, Heleen Pienaar, Marisa Meyer, Sumari Marais en Zanelle Lottering. Voor: Charles Zandberg, Franco Verceuil, Edward Terblanche, Michael Stassen, Deandré Rabe, Ané Viljoen, Mieké Smit, Anchené Pretorius en Amy-Leigh Pretorius.

Laerskool Thabazimbi het onlangs hul leiers en hoofleiers vir 2018 aangewys. Die leiers het reeds hul amptelike pligte oorgeneem en is reg en toegewy vir die nuwe skooljaar van 2018.

Uit die groep is die volgende leiers as hoofleiers aangewys: Gerdro Grobler en Marilise Visser, onderskeidelik Hoofseun en Hoofmeisie en dan die onderhoofseuns, Chrisjan Bornmann en Charles Zandberg en die onderhoofmeisies, Ané Viljoen en Lené Lategan.