Laerskool Thabazimbi se leiers vir 2018

Laerskool Thabazimbi het onlangs hul leiers en hoofleiers vir 2018 aangewys. Die leiers het reeds hul amptelike pligte oorgeneem en is reg en toegewy vir die nuwe skooljaar van 2018.

Uit die groep is die volgende leiers as hoofleiers aangewys: Gerdro Grobler en Marilise Visser, onderskeidelik Hoofseun en Hoofmeisie en dan die onderhoofseuns, Chrisjan Bornmann en Charles Zandberg en die onderhoofmeisies, Ané Viljoen en Lené Lategan.