Nuus sedert 6 November

African Global spandeer R3,5 miljoen op Zuma se verjaarsdagviering

African Global, die voormalige Bosasa, ‘n jeug ontwikkelingsentrum wat skuiling, terapie, onderwys, vaardighede en omgesien het na die hertoelating tot die gemeenskap van jong mense wat met die gereg gebots het, omgesien, het volgens getuienis R3,5 miljoen tot Zuma se verjaarsdagviering in 2015 en 2016 bygedra. Hierdie organisisaie wat deur Gavin Watson as uitvoerende beampte bestuur word het na bewering hierdie skenking is deur die Zuma stigting, wat deur die voormalige SAL Voorsitter, Dudu Myeni hanteer is, gedoen.

Daar is ook bevind dat hierdie firma Korrektiewe amptenare omgekoop het vir die verkryging van tenders deur die Spesiale Ondersoek Eenheid en ‘n kriminele ondersoek word ook tans deur die Valke teen hulle gedoen.

Hierdie onthullings kom te midde van die opslae wat aangevuur is deur Jacques Pauw se nuutste boek, The President’s Keepers, waarin daarin stellings gemaak word, ondermeer dat President Zuma skuldig is aan belastingontduiking sedert 2009 en dat hy R1 miljoen ‘n maand vir die afgelope vier maande van die tender-magnaat Roy Moodley ontvang het.

Myeni, wat onlangs uit haar pos as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se raad van direkteure verwyder is na bewerings van verkwisting van die lugdiens se fondse deur korrupte praktyke, het ontken dat daar enige ongeruimdhede was terwyl die presidensie geweier het om enige vrae aangaande Bosasa se verhouding met die president te beantwoord.

Bosasa het onlangs sy naam na African Global verander in ‘n poging om die negatiewe konnektasies met die groep se vorige naam te vermy. Veelvuldige multimiljoen-rand tenders vir die Departement van Korrektiewe dienste asook die verskaffing van sekuriteitsdienste aan die Departement van Justisie and die Suid-Afrikaanse Lugdiens Maatskappy (Airports Company South Africa) is aan Bosasa toegeken.

Mpumalanga kragonderbrekings
Drie sakekamers in Mpumalanga nader Konstitusionele Hof

Eskom kraglyne 5Die sakekamers van Sabie, Lydenburg en Graskop, het die Mpumalanga Hoë Hof genader nadat Eskom katastrofiese kragonderbrekings geïmplementeer het in die Thaba Chweu munisipaliteit oor onbetaalde kragrekenings.

Die munisipaliteit skuld Eskom meer R400 miljoen, waarvan Eskom nou R80 miljoen eis. Die munisipaliteit het egter aangedui dat hy nie oor die fondse beskik om dit te doen nie.

Die sakekamers se saak is deur die hoë hof uitgegooi, wat hulle nou noop om die Konstitusionele Hof te nader om tot die geskil toe te tree.

Die onderbrekings was oorspronklik vier en ‘n half uur gedurende weeksdae en vyf ure gedurende naweke. Dit is egter verhoog tot ses en ‘n half ure gedurende weeksdae en sewe uur gedurende naweke.

Buiten die publiek wat geraak word die rioolwerke ook geraak met riool wat nie deur die stelsel gepomp kan word nie en sit eenvoudig in die stelsel. Dit hou ‘n ernstige gesondheidsgevaar vir inwoners in.

Daarby word hospitale, skole, studeertyd vir leerlinge wat hulle nou vir jaareind-eksamens voorberei, howe, polisiedienste en sekuriteitsfirmas erg geraak.

Deel van hul argument is dat die onderbrekings indruis teen die talle humanitêre regte soos die reg op waardigheid, die reg op gesondheidsdienste en die reg op voldoende toegang tot water.

Die sakekamers word benadeel met elke kragonderbreking in hul besigheidsbelange, die werkers en diegene wat van die besighede se volgehoue dienste afhanklik is.

Die drie sakekamers nader die hof met die hoop om Eskom se besluit teenstrydig met die konstitusie en ongeldig te verklaar en dat Eskom die volle voorsiening van krag moet voorsien.