Nuus sedert Vrydag 3 November

Oud Streek voorsitter van TLU SA Noord oorlede

Jan Viljoen
Jan Viljoen

Mnr Jan Viljoen, ‘n bekende in landboukringe in Limpopo, is na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 70 jaar oorlede.

“TLU SA Noordstreek wil hulde bring aan hierdie voormalige voorsitter van hom,” sê Henk van de Graaf, huidige streek voorsitter van TLU SA Noord.

Jan Viljoen was drie jaar lank, vanaf 2008 tot 2011, streek voorsitter van TLU SA Noord, en was as sodanig lid van TLU SA se nasionale Uitvoerende Komitee. Hy was ook vir baie jare die Voorsitter van Noordstreek en TLU SA se komitee oor Plaaslike Regering, wat hy met absolute bekwaamheid en toegewydheid hanteer het. Sy grootste werk in hierdie portefeulje was die betreklik onlangse deurvoering van die bedinging van ‘n beter grondbelastingkoers vir die boere. Daarbenewens was hy ook ‘n kundige in mynregte en prospektering.

Ook op plaaslike vlak het hy diep spore getrap en betrokke tot op die laaste. Hy was vir baie jare tot en met sy sterfte die voorsitter van die Thabazimbi Distrik Landbou-Unie en Sentrum Boerevereniging.

“Dit is duidelik dat landbou, nie net landbou in Limpopo nie, maar landwyd, armer is met die heengaan van Jan Viljoen, en sy kundigheid en ywer gaan ‘n groot leemte laat,” sê  Van de Graaf. TLU SA Noordstreek, Thabazimbi DLU en Sentrum BV betreur sy heengaan en wens sy familie alle krag en sterkte toe met hulle verlies.

Mnr. Viljoen laat sy vrou, Petro, drie seuns en vyf kleinkinders agter.

 

11 Dood na taxi donkie tref

3 November ongeluk eis 11 lewensDie dodetal in die ongeluk op die N1 in Limpopo Donderdagaand, is op 11 vasgestel nadat aanvanklik berig is dat 14 mense in die ongeluk gesterf het.

Die ongeluk het blykbaar gebeur toe ‘n taxi, nadat dit met ‘n donkie gebots het, uitgeswaai het in die baan van aankomende verkeer en dit met ‘n vragmotor wat op-pad was na Beitbrug, gebots het.

Die taxi het ‘n vlamme uitgebars en nooddienste personeel moes van lewenskake gebruik maak om die liggame te verwyder.

Volgens ‘n ooggetuie was die donkie in die middel van die pad en het die taxi gejaag in ‘n gebied waar die maksimum snelheidsperk 60 km/h is.