Die Kwêvoël

HFM – Krieket / Atletiek

HFM krieket gekroon as Limpopo A-liga Kampioene

Hoërskool Frikkie Meyer se Krieketspan het as Kampioene in die A-Liga (Groot skole) uit die stryd getree nadat hulle Hoërskool Ben Viljoen oortuigend met 97 lopies gewen het.

Die finaal van die eerste krieketspanne is op Ben Viljoen se veld gespeel.

HFM het eerste gekolf en behaal 171 lopies voordat hulle almal in die 21ste boulbeurt uitgehaal is.

HFM kolwers wat goed presteer het is Nimroe Lategan met 50 lopies, Gareth Meyer met 30 lopies, Gustav Grobler met 23 lopies en Devoux Deysel met 22 lopies.

Boulers van HFM wat nie baie lopies afgestaan het met hulle boulwerk nie was Nimroe Lategan (4 paaltjies vir 9 lopies), Dewan Deysel (3 paaltjies vir 19 lopies) en Dihan Pretorius (2 paaltjies vir 13 lopies).

William: HFM se ster van die dag by atletiekbyeenkoms

Hoërskool Frikkie Meyer was een van 23 skole wat Vrydag 13 Oktober aan die Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms by Hoërskool Hans Strijdom deelgeneem het. Altesaam 1000 atlete het vir die byeenkoms ingeskryf.

Frikkie Meyer se ster van die dag was William Thulare wat twee eerste-plekke behaal het en ook ‘n nuwe Byeenkoms rekord opgestel het.

Hierdie items was die 400m hekkies waarmee hy die rekord met sy tyd van 55.82 sekondes verbeter het. Hiermee het hy 838 Absa-punte verdien. In die 110m hekkies het hy met sy tyd van 14.02, 912 punte op die Absa-punte tabel verdien. Hierdie is ‘n uitstekende prestasie vir ‘n voor-seisoen byeenkoms.

Charné Ras behaal ‘n tweede plek in die Dogters o/16 gewigstoot met ‘n afstand van 11.50m.

Anrich Basson verdien ‘n vierde plek in die 200m Seuns o/15 en Pieter Lamprecht, Seuns o/17, behaal ‘n vierde plek in die 3000m, die laaste item van die aand wat in snerpende koue met ‘n sterk wind wat gewaai het, plaasgevind het.