Die Kwêvoël

Koue lentedag vir Suid-Afrika voorspel

Vir Suid-Afrika lê daar ‘n redelik stormagtige eerste lente-naweek in die vooruitsig, veral oor die oostelike gedeeltes van die land met die Suid-Afrikaanse Weerdiens wat ‘n waarskuwing van stormsterk winde gerig het.

Hierdie suid-westelike winde met windsnelhede van 65km/uur word voorspel tussen Port St John en Maputo. Dit word ook gekoppel met ‘n 60% kans op reën langs die KwaZulu-Natal kusgebied asook die sentrale gedeeltes van Mpumalanga in die omgewing van Bethlehem en Nelspruit.
Vir die res van die provinsie, insluitend die suidelike gedeeltes van Limpopo word ‘n 30% kans op reën voorspel.

‘n Verdere 30% kans op reën word voorspel vir vandag oor die mees oostelike gebiede wat strek vanaf Oos Londen tot by Port Elizabeth asook die sentrale gedeeltes van KwaZulu-Natal by Newcastle en Ladysmith.
Die Wes Kaap gaan steeds gebuk onder ‘n waterkrisis met damvlakke wat gemiddeld op 34,2% met 24,2% bruikbare water staan. Verbruik is steeds 99 miljoen liters hoër as die teiken van 500 miljoen liter.

Alhoewel dit vandag koel tot warm sal wees, skop Gauteng hul lentedag af met ‘n baie koue -1 ºC tot 3 ºC.
Sutherland in die Noord Kaap gaan weer die koudste plek in Suid-Afrika wees met ‘n temperatuur van -4 ºC.

Die warmste weer word vir Musina in Limpopo voorspel met ‘n maksimum temperatuur van 30 ºC. Die res van die land kan maksimum temperature, wat tussen die laat tiener en middelmatige 20’s huiwer, verwag.

Die blomme aan die Kaapse Weskus staan vol in blom en is die moeite werd om te gaan besigtig – moenie te lank wag nie. Kies “Travel” op die keuse lys bo-aan