Boogskiet – Plaaslike skuts vertoon goed by NW Provinsiele Veld Kampioenskappe

Vyftien boog skuts van HFM/Thabazimbi Boogklub het vanaf 19 tot 20 Augustus aan die Noord-Wes Provinsiele Veld Kampioenskappe, wat in Potchefstroom te Elgro River Lodge aangebied was, deelgeneem.

Hulle het goed gepresteer en buiten 8 medaljes wat hulle huis-toe gebring het, het ‘n paar ook Provinsiale en Nasionale kwalifiserings verwerf.

Die leerlinge en onderwyseres wat hul Provinsiale kwalifiseerings verwerf het was Carmin Streydom, Juan de Koker, Chiara Iorio, Bianca Kleynhans, Selkirk von Wielligh, en DeWet Viljoen.

Die volgende skuts het wel Nasionale kwalifiseerings behaal: Ameij Broekhuizen, Juan De Koker, Xander van de Groenekan, Maya Broekhuizen, en Cobus Marais.

Die volgende skuts het het ook deel geneem: Edwin Nel, Marchandt Schoeman, Duan Nel, Rion van Aardt en Jaco Van Vuuren.

Die volgende skuts het medaljes verower: Juan de Koker (Silwer), DeWet Viljoen (Brons), Maya Broekhuizen (Goud), Ameij Broekhuizen (Goud), Chiara Iorio (Goud), Carmin Streydom (Silver), Rion van Aardt (Brons) en Bianca Kleynhans (Silver).