HFM Onder-16 Rugbyspan Limpopo wenners

Die o/16 Rugbyspan van Hoërskool Frikkie Meyer het ook as wenners in die Limpopo Rugby-liga geëindig. Dit is die eerste keer dat ‘n o/16 span die trofee oplig.
Die o/16 span het aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom maar eindig sterk en druk die wen-drie na die sirene reeds afgegaan het.

Hulle is op die hooffoto bo voor van links: Die Onder-kaptein, Carel Röhrbeck, en Kaptein, JT Cronje, met die trofee. Middel van links: Colin Campbell (Hoof), Willem Steyn (spanbestuurder), Shaun Steyn, Renier van Heerden, Jandré Lynn, Dirco Slabbert, Ruan Jordaan, Jan-Harm Benade, Dihann Pretorius, Antony Opperman, Pieter Botha, Lucas Erasmus, Fannie Modimola en Phonsa Manganyi, Jacques Blaauw (afrigter), Renier Coetzee (spanbestuurder) en Johan van Rensburg (Adjunkhoof – Buite Kurrikulêr). Agter van links: Moletji Mautswana, Reihnardt Kleynhans, Anema Denton, JL Steenkamp, Tshimiswa Nemavhola, Renier Els, Diaan Coetzee, Devoux Deysel en Henco van Staden. Afwesig: HJ Swanepoel (hoof-afrigter), JB du Toit