HFM Boogskuts by Provinsiale Kampioenskappe

Ses leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer het 24 en 25 Junie deelgeneem aan die Provinsiale Boogskietkampioenskappe te Archers Edge, Pretoria.  Meer as 100 skuts het opgedaag met die oog op die Wêreldkampioenskappe wat volgende jaar plaasvind in Potchefstroom.

Om Provinsiale kleure te verwerf moet die leerders drie provinsiale kwalifiserings skiet oor ‘n tydperk van een jaar.  Elke afdeling het sy eie kwalifiserende telling.

Die volgende mooi prestasies is verwerf:

Cobus Marais , DeWet Vijoen en Marchant Schoemand het hulle eerste provinsiale kwalifisering geskiet.

Chiaro Iorio het twee provinsiale kwalifiserings geskiet.

Selkirk von Wielligh en Manny Smith mis hulle kwalifiserings net-net.

Medaljes:

Chiara Iorio verwerf ‘n goue medalje in die Jong Volwassene Afdeling.

Marchant Schoeman het ‘n silwer medalje in die Junior Boogjagter afdeling met kort op sy hakke DeWet Viljoen met ‘n brons.