Die Kwêvoël

Wintersport Ligas te Hoërskool Ellisras

HFM hokkie eindig hoog in liga

HFM het met die laaste hokkie liga wedstryde Saterdag 10 Junie teen Hoërskool Ellisras te staan gekom.

Al die spanne het goed gespeel en buiten vir die o/15-A span wat gelykop speel, wen die ander vier spanne hul wedstryde. Die uitslag is besonder goed as in ag geneem word dat HFM 24 doele aangeteken het met net 1 doel teen hulle, wat aangeteken is toe die die o/15-A spanne gelykop (1-1) gespeel het.
Die res van die uitslag was as volg: o/14-A wen (4-0), o/16-A wen (3-0), Tweedespan wen (9-0) en die Eerstespan wen (7-0).

Al vyf die spanne kwalifiseer om hierdie naweek 17 Junie in die semi-finale en finale van Limpopo te speel.

Die o/15-A hokkie span het gister ‘n kwalifiserende rondte teen Stanford Lake College speel om deur te kan gaan na die semi-finale. Die o/16-A span eindig as ligawenners terwyl die o/14-A, Tweede- en Eerstespanne as naaswenners eindig.

Senior Rugbyspanne vertoon goed teen Ellisras

Dit is nie elke dag dat ‘n wedstryd gestop word omdat die wenspan te ver voor was nie, maar Saterdag was dit wel die geval toe HFM se rugbyspanne teen die spanne van Hoërskool Ellisras te staan gekom het. Die 0/16-A span het goed gespeel en die wedstryd is gestop toe Hfm met 68-0 voorgeloop het.

HFM se Eerste rugby span speel weereens baie goeie rugby en wen Ellisras gemaklik met 62-12. Die Tweedespan speel ook goed en wen hulle wedstryd 29-0.
Die skool se junior rugbyspanne verloor albei teen Ellisras maar die seuns speel baie goeie rugby. Die 0/14 A span gee nooit op nie en nieteenstaande die neerlaag, eindig hulle baie sterk.