Die Kwêvoël

HFM sit segetog voort

Hoërskool Frikkie Meyer se Netbalspanne is op ‘n segetog met die meeste spanne wat as wenners uit die Waterberg-liga tree.

Hooffoto: HFM se Netbal Kapteine. Hulle is op die foto van links voor: Lydia Potgieter, Chante Brand, Odi Diale, Anuk Steyn en Sumanda Needham. Middel: Chane Ras en Twana Nel. Agter: Marlise Coetsee en Ananda Lategan.
(Foto: Annabelle Tromp)

HFM Netbaluitslae HFM Waterbergdistrik

HFM het Saterdag 27 Mei afgesluit met die netballiga van die Waterbergdistrik.
Al vyf A-spanne het deurgedring na die finale provinsiale liga-wedstryde.
Die Waterbergdistrik liga uitslag was as volg
o/19-A (Eerstespan) wen al ses hulle wedstryde en eindig eerste in die Waterbergdistrik-liga.
o/19-B (Tweedespan) wen al drie hulle wedstryde en eindig eerste in die liga.
o/17-A wen albei hul wedstryde en eindig eerste in die liga.
o/16-A wen vyf uit die ses wedstryde en eindig tweede in die liga.
0/16-B wen al drie hulle wedstryde en eindig eerste in die liga.
o/15-A wen al sewe hul wedstryde en eindig eerste in die liga.
o/15-B ven al vyf hulle wedstryde en eindig eerste in die liga.
o/14-A wen al ses hulle wedstryde en eindig eerste in die liga.

Die o/14-A (25-6), o/14-B (25-4), 0/15-A (30-7), o/15-B (24-2), o/16-A (38-6), o/17-A (27-11) en o/19-A (Eerstespan)(32-27) het almal hulle laaste liga wedstryde teen Hoërskool Nylstroom gewen.
Die A-spanne vertrek Vrydag 2 Junie om op 3 Junie aan die finale Provinsiale liga te gaan deelneem.

Rugby uitslae

HFM se rugbyspanne het op 27 Mei teen die spanne van Hoërskool Nylstroom te staan gekom.
Die tweedspan wen (22-0), o/16-B wen (50-17), o/15-B verloor (17-14) en die o/14-A wen (28-10).
Baie seuns in die B-spanne het vanjaar vir die eerste keer in hul lewe rugby begin speel en dra almal hul truie met trots.
HFM se rugbyspanne kom more, Saterdag 3 Junie te staan op hul tuisveld teen Hoërskool Tom Naude.

Hokkie uitslae

HFM se Hokkiespanne het Saterdag 27 Mei teen Nylstroom te staan gekom.
Slegs vier spanne van HFM het aan die liga deelgeneem en uit die vier wedstryde wat gespeel word wen hulle twee en speel gelykop met twee.

Die uitslag was as volg:
o/14-A wen (2-0)
o/16-A wen (8-0)
Beide die Eerste- en Tweedespanne speel gelykop met 1 elk.
Die hokkiespanne moet nog teen Warmbad en Ellisras uitspeel.