Pa en seun presteer by Arnold Classic

Jaco Harding, oud-leerling van Hoërskool Frikkie Meyer en seun van Issa en Willem Harding van Thabazimbi, het saam met sy seun, Jaco, aan die Arnold Classic Africa 2017 deelgeneem en nie met leë hande huis-toe gegaan nie.

Beide Colin en sy pa Jaco, beoefen Shorin Rye Karate. Colin het sy pa oorreed om na bykans 25 jaar hierdie vorm van karate saam met hom te beoefen, met uitstekende resultate.

Colin het drie medaljes huis-toe gebring naamlik twee Silver vir Kata en Unison, en een Brons vir Continuous Fighting, terwyl Jaco ‘n Silver medalje vir Kata verwerf het.

Hierdie ouma en oupa is baie trots op die twee en verwag groot dinge van hul kleinseun, Colin, wat hard oefen om weer gekies te word vir die Protea span wat Suid-Afrika internasionaal sal verteenwoordig.