SARU High Performance Rugby Oefenkamp

Die top 50 Limpopo O/15 en O/17 rugbyspelers het oor die naweek van 1 tot 4 Desember aan ‘n oefenkamp wat deur SARU en die BLOU BULLE op skoolgronde van HFM aangebied is, deelgeneem.

Gedurende die kamp is daar gefokus op balhantering en fiksheid. Mnr Pierre van Jaarsveld – Sportorganiseerder van HFM en verteenwoordiger van SARU – het die oefenkamp aangebied en gereël.

Die paneel bestaande uit Nico Serfontein (EPD) bestuurder van SARU, dr Ashley Evert (High Performance 7 paneel), Shaun Erasmus (SA Skole voorspeler afrigter) en Jan van Rooyen (SA Skole kondisionerings afrigter) asook mnr Hennie van Vuuren (Blou bulle verteenwoordiger), is deur SARU beskikbaar gestel om die spelers te assesseer.

Die volgende kamp vind plaas van 9 tot 10 Januarie te Polokwane waar die spelers weer getoets gaan word om te kyk of hulle in die af-seisoen verbeter het.

Spesiale dank aan mnr Colin Campbell vir sy gasvryheid en HFM vir die gebruik van die skoolvelde asook koshuisgeriewe.

Foto’s: Annabelle Tromp