Oktoberfees is hier!

Die Thabazimbi Sakekamer se Oktoberfees word more, Saterdag 15 Oktober 2016, by die Thabazimbi Skouterrein aangebied. Daar gaan weer ‘n egte Duitse atmosfeer heers met Velvet Sounds met hul lekker oompha musiek.

Die organiseerders beloof dat daar genoeg Duitse disse en koue Craft bier te koop sal wees.

Dan is daar uitdagings vir die hele familie om aan deel te neem. So is daar die Thaba Boog en Hengel se 3-in-1 skerpskut uitdaging; Sterkman & Vrou uitdaging; Vyf-‘n-kant sokker; Koedoe horing lang-asem blaas; Chilli Chow; Hunger Games; Toutrek, en vele meer.

As jy vroeg wil begin, kom beleef die Kleinbokkie wildveiling wat om 11:00 deur Thabazimbi Wildlife Services aangebied word. Dan is daar ook die manne en vroue van Pretoria en hul plaaslike lede met hul ‘Vintage Car’-uitstalling.

Oor die kinders hoef jy jou nie te bekommer nie. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite soos die Suikerbekkies/Monkeynastics se Inflatable Park & Games sal hulle besig hou. ‘n Dag propvol Bosveld-Duitse pret en plesier.

Toegang tot die fees is slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R50 per voertuig.