Wêreld Karate-hoof besoek Bosveld

Die lede van verskeie karate klubs word geluk gewens met hulle uitmuntende optredes te Brits tydens die besoek van die wêreld Karate-hoof van 2016, Shihan Keiji Tomiyama.

‘n Verdere dank vir Sensei Thabang wat vir Sensei Renier van Thabazimbi ingestaan het tydens die geleentheid. Vir meer inligting oor die Bosveld Karate Akademie kan u Ronelle Ferreira 0823190429 skakel.

Op die foto is van links Sensei Thabang –Thabazimbi, Sensei Marius Ferreira-Hoof Bosveld Karate Akademie(Brits), Sensei Donovan – Dwaalboom, Sensei Vernon – Brits, Shihan Keiji Tomiyama – Wêreld Hoof (kofukan Shukokai) en agter: Sensei Tommy – Potties.